Gister is vandag se gewete
Sy voorneme om net terug te sit en homself te verlustig aan die skoonheid van die natuur en elke dag op sy eie pas aan te pak, word gou kort geknip toe hy die wilde perd opsaal om ’n boek oor die dorp se geskiedenis en mense te skryf. Hy bekom ontstellende inligting oor twee babas wat in die naburige hospitaal omgeruil was. Die tragiese gebeure knaag aan hom en hy delf dieper.
Kevin ontmoet Harry met die moeilike persoonlikheid vir wie almal katvoet loop. Waarom is hy so beskermend teenoor sy broer George wat homself van ander afsonder en net wil boer?
Linda blameer alles wat met haar gebeur op Kevin – waar hy ook al is, beland sy in die moeilikheid.
Hunter, Kevin se seun trek by hom in en pas gemaklik in op die dorp. Hy help Kevin in sy soektog na die waarheid oor die omgeruilde babas. Wat hulle ontdek sou hulle nooit eens kon droom nie.
More info →Die ontwerper se dogter
Professor Pienaar, ‘n aangetroude familielid en navorser, raak betrokke by hierdie ontwrigtende omstandighede.
Pinkie, die huishulp, probeer sin maak uit al die dinge rondom haar wat skielik nie meer sin maak nie.
Terwyl nuus omtrent die onbekende skoonheid bekend raak, raak die Steenkamp-familie bewus van mekaar. Terselfdertyd ontstaan ‘n waaksaamheid; daar mag nie tweedrag op Eendracht gesaai word nie. Hoe meer elkeen probeer sin maak uit Oda se besoek, hoe meer besef elkeen hulle word betrek by sake waarvan hulle nie kennis dra nie.
Algaande raak meer mense betrokke. Skepper van die welbekende mode-naam, Isabella du Preez, moet keer dat navorsing uit rotgevrete houers verstrengel raak by haar ontwerper-skeppings uit die boonste rakke.
Sal daar ooit ‘n einde kom aan hierdie geskarrel!
More info →Sirkelgang van skuld
Op agtjarige ouderdom dwaal Lisa ontredderd in die strate van ʼn groot stad rond. Haar gedagtes ʼn warboel, maar al wat sy verseker weet, is dat sy nooit, ooit weer teruggaan na die woonstel op die derde vloer in ‘n krotwoonbuurt wat sy huis genoem het nie.
Hoekom sou sy? Haar ma is feitlik voor haar oë dood – haar pa, ʼn volslae alkoholis.
Uiteindelik beland sy in die liefdevolle pleegsorg van oom Sarel en tant Kotie. Sy slaag matriek en kwalifiseer as onderwyseres.
Sy trou met Kobus, wat ʼn onmisbare anker in haar lewe word. Hulle gee pad uit die stad met sy verstikkende rook, mensemassa en pynlike herinneringe. Op Seemansrus, ʼn klein vissersdorpie, bou Lisa ʼn nuwe lewe waar sy haar donker verlede vergoed uit haar geheue probeer ban.
Maar toe gebeur die ondenkbare. Sy ontmoet oom Adriaan en kom van aangesig tot aangesig met ʼn werklikheid wat jare lank vir haar verborge gehou is.
More info →Waar bloed kruip
Die moorde se modus operandi is bykans eners. Waarom hierdie moorde – wie en wat skuil daar agter?
Na meer as ʼn jaar van weinig vordering, ontvang kaptein Borman ʼn wenk per telefoon wat die koue saak ’n verrassende wending gee. Kan die moordenaar nóú vasgetrek word?
Waar bloed kruip is diggeweefde speurverhaal met hoogspanning en verrassende intriges en ’n onvoorspelbare einde.
Die leser sal sukkel om Waar bloed kruip neer te sit!
More info →Sewentig maal sewe
In die vragwa, waar sy saam met vyf ander meisies opgesluit is, worstel sy met ’n warboel gedagtes. Toe kom die skokonthulling: Die polisieondersoek het uitgewys dat haar pa wel betrokke was by die mensehandelsindikaat.
“Al hoe julle weer hierdie vertrouensbreuk kan herstel, is om diegene wat dit aan julle gedoen het, te vergewe.” Maar Sunet worstel met woede in haar lyf. Hoe vergewe ’n mens ’n pa wat nie skroom om onskuldige meisies vir die wolwe te gooi nie. Hoeveel keer moet ’n mens vergewe?
More info →Laataand koffie
Rype ervaring laat haar met buitengewone perspektief na alledaagse gebeurtenisse kyk. Met diepe insig draai sy ʼn situasie om en bring ʼn fiktiewe verhaal na die oppervlak. Deur pittige taalgebruik geniet sy dit om die lewe se verloop vas te pen tot ander se vreugde en leesgenot.
LAATAAND KOFFIE is 'n boek vir lesers wat goeie kortverhale waardeer.
Verkeerdom boodskappe, ’n opslagpampoen, ryp tamaties, granaatpitte wat lag, druiwekorrels en ’n grenadellablom wat die passiespel uitvoer. Pampoene wat hulself inryg aan ’n rank, wat gevoelens losmaak wat lei tot tintelings, oor verydelde hoop en die woudkoning se pa wat met das en baadjie skoolkar ry. Flentertjies uit LAATAAND KOFFIE, Retha van Schalkwyk se kortverhaalbundel. Ideaal vir wanneer tyd min is, maar die lus vir lees nie geblus kan word nie. Retha se besondere skryfstyl hou ’n mens op en wakker en neem jou deur ’n versameling kortverhale met uiteenlopende temas.
More info →My nommer is 4271
Hoe slim soos ons wetenskaplikes ook al is, kan hulle nie self die entstof suksesvol maak nie. En nou sit ons daarmee… óns het hierdie monsters gemaak. Dit is alles ons skuld.
Ek het vir ons land se mense veiligheid en sekuriteit belowe, maar die mag is meer obsessief oor die mutasie van die mensvreters.
Met dit, vat ek en my hond, Nash, die pad en word deel van ‘n rebellie.
Gaan ons betyds die oorlewendes kan red? Gaan Suid-Afrika weer ons veilige hawe wees? Of doen ons dit alles vir niks?
More info →Eers toe hy smile toe sien ek hom
Die verhaal speel af in ‘n tyd wanneer MIV so deel geword het van die samelewing, dat mense wat nie direk daarmee in aanraking is nie amper kan glo dat die stryd daarteen afgeneem het. Sy dra ‘n diep donker geheim saam met haar op hierdie tydstip van haar lewe, iets waarop sy nie gereken het nie – ‘n diep vernedering en verraad. Sy beleef haar eie krisis deur die oë van haar kollegas, gehawende pasiënte en die sukkelende organisasie waarvoor sy werk. Ten einde haar eie nederlaag te erken, onthou en beleef sy al die jare se ondervindinge in hierdie plek wat vir haar soos ‘n tweede tuiste geword het. Waar dit alles gaan opeindig verskrik haar en skud al haar netjies uiteengesette waardes en geloof, en wys vir haar die gesig van voor-oordeel uit ‘n ander hoek.
Saam met haar geliefde medewerkers beleef en versorg hulle elke lewe wat oor hulle pad gebring word en strompel hulle saam deur die armoede. Die bande wat sy met hierdie mense gesmee het oor die jare en met haar eie familie, word getroef en sy weet nie of hulle fondasies sterk genoeg is om hierdie storm te deurleef nie. Sy weet nie of sy sterk genoeg is om hierdie mense te vertel van haar skande nie. Die een mens wat sy met haar lewe vertrou het, het haar in die rug gesteek en gedink hy het daarmee weggekom. Sy kan dit skaars self glo. Of kan sy?
More info →Nemesis
Soos Nemesis, die Griekse godin van vergelding, help sy elkeen van hierdie vroue om op te staan en terug te veg, te neem wat hulle toekom. En die mans kry wat húlle toekom. Die verhaal ontwikkel rondom elke vrou se vergelding vir wat haar aangedoen is. Soms vereis goeie uitkomste selfs vennootskappe met slegte mense.
Chris het ‘n geheim. Sy is verantwoordelik vir die dood van haar eks, Thomas. Sy móét Andreas, haar vennoot en die man wat haar help heel het, vertel, maar vrees dat sy hom sal verloor.
Wie is die geheimsinnige James Sinclair en Omar Lebus? Is een van hulle ‘n voortvlugtige pedofiel? En waar pas die Kaapse mafiabaas Denys Alekseev en sy wulpse Katya in die prentjie? Wie is die Rooikop en wie is pastore Áncora de Salvació en Cornelio? Die leser moet kophou om die ineengevlegte intriges en ontknopings te volg.
Die ondertoon is by tye ernstig, verlig deur ligter oomblikke en onverwagte wendings.
Die poppe dans behoorlik in Nemesis!
More info →Massamoord
“Ek verstaan,” fluister Irma. ʼn Warm gloed van woede stoot teen haar wange op. Sirkus! Sy draai om en stap na die eetsaal waar die span en Inus reeds sit en wag. Irma frons. As almal siek is, is dit dan net die span en syself, Inus en Mari wat nie simptome toon nie. Hoe kan dit wees?
Irma Mulder vind haarself steeds vasgevang na die reeksmoorde van die verlede. Die Bloedspore van haar verlede weerhou haar sosiale vryheid. Tog besluit sy om deel te neem aan die groot skryf uitdaging waarheen sy genooi is. Wat kan tog verkeerd gaan? Nes Irma dink dinge werk in haar guns val haar drome plat en staan sy te midde van ‘n massamoord. Weereens word sy as verdagte gesien deur Hugo. Gaan die saak vinnig opgelos word, en wat gaan oorbly van die reeds sukkelende vriendskap tussen haar en Hugo. Of gaan daar dalk die keer erkenning gegee word aan die liefde wat in haar hart brand?
More info →Bloedspoor
Nou woonagtig in ’n klein toeristedorp, Nelspruit, skryf sy vir die plaaslike koerant. Sy is onvergenoeg met die meer alledaagse nuusberigte waarheen haar redakteur haar stuur. Sy dreig dat sy sal bedank na ’n onderonsie met hom. Eensklaps word Irma by ʼn moord ingesleep. Die moordenaar betrek haar by elke daaropvolgende moord en speel ’n gevaarlike speletjie met haar en die polisie. Hoewel Irma alles in haar vermoë doen om die moordenaar te keer, is sy telkens te laat en raak dinge om haar vinnig donker. Terwyl die polisie haar onder beskerming sit, weet sy dat hulle haar wil blameer vir die moorde.
Ten einde haar eie onskuld te bewys, moet Irma nie net die polisie ontglip nie, maar ook die moordenaar wat haar fyn dophou. Hierdie keer weet sy dat sy nie net die sleutel tot alles is nie, maar ook dat sy die volgende slagoffer moet wees. Hoe lank sal dit neem voor sy besef wie die moordenaar is?
Gaan sy suksesvol wees om die volgende moord te stop?
Sal die polisie daarin slaag om die reeksmoordenaar vas te trek voordat dit te laat is?
BLOEDSPOOR voldoen aan alles wat ʼn mens verwag van ʼn moordverhaal; goeie spanningslyn, intriges wat die leser aan die raai hou en ʼn ontknoping wat heeltemal verras.
More info →By omdraai verby
Die versoeking om 'n dobbelkaartjie te koop, 'n karaoke-aand, die moeilike besluit van 'n dominee en mense wat in ‘glashuise’ woon. Wanneer 'n kwaai hond dreig, moet jy voete met vlerke hê en die liedjie Ou Ryperd kan laer stresvlakke tot gevolg hê. Om jou pa se luukse motor te leen, die ongewone fondsinsameling van skoolkinders, die bekoring van ’n kind vir 'n Morris Minor-motor en die liefde van 'n ouer vrou vir 'n jonger man. 'n Pendoring wat pla op wittebrood, en die betekenis van die kruis op die kruin vir 'n hawelose, - dit alles en nog meer saamgevat in hierdie DEBUUTBUNDEL KORTVERHALE VAN MARIE VAN WYK.
More info →Splinterwoorde
Die Overberg is en was nog altyd sy skuilte waar hy heen kon reis om sy kragte te hernu. In die bundel probeer hy ’n venster skets waardeur die leser die Overberg kan verken. Van die verhale neem jou op ’n reis deur die pragtige omgewing met mooi herinneringe oor sy lewe.
Tussendeur wissel hy die bundel af met verhale oor die pandemie en die impak wat dit op veral die mense van die Kaapse Vlakte gelaat het. Enkele moderne probleme soos klimaatsverandering word ook in sekere verhale belig. Die skrywer skroom nie om sy misnoeë oor die staat se hantering van die pandemie uit te lig nie.
Met die bundel, Splinterwoorde, ondersoek hy die skryfproses. Saam met dit alles leer ons ook iets van die misterieuse wat in sy werk aangetref word. Willemse delf ongestoord in die wêreld van die mistieke.
Alhoewel die plekke en name bekend klink, is die verhale en karakters fiktief.
Die skrywer nooi die leser uit om saam om die kombuistafel te kom sit, voor die brandende swart houtstoof en om van doerietyd se dinge te lees.
SPLINTERWOORDE is n kortverhaalbundel met unieke storievertellings oor 'n wye verskeidenheid genres,. 'n Unieke Afrikaanse literêre werk.
More info →In die andertyd
Die verhaal weerspieël die doen en late en veral die gesprekke en musiek waarna geluister word van ’n afgesonderde klein groepie mense tydens die landwye inperking vanweë ’n pandemie. Hulle bespreek tergende wetenskaplike en godsdienstige vraagstukke wat ’n gefladder in die onderskeie hoenderhokke mag veroorsaak.
Dis geen poging om wetenskaplike aansprake of bydraes te maak nie, maar reflekteer slegs die gesprekke wat inderdaad plaasgevind het.
In die andertyd - ’n Alternatiewe wetenskap-sprokie vir volwassenes. Of dalk nie. Die verhaal is gesprekke van mense oor sekere vraagstukke.
More info →