Die geur van lemoene
Slegs deur epos onderhandeling, kry sy ’n pos as veearts by Dr. Emile Venter se praktyk volgens ‘haar ervaring met perde en haar nagraadse navorsing by Onderstepoort’. Sy vind eers later uit hy is ’n selferkende vrouehater. Hy haal gereeld sy frustrasies op haar uit want hy is verplig om saam met ‘n vrou te werk. Danila bly tandeknersend beskaafd, vrien-delik en hulpvaardig maar sal sy kan volhou?
Kan sy ook haar mislukte huwelik, erge spanning en haar vrese hier beveg?
Die ander personeel is ondersteunend, al die ‘pasiënte’ aanvaar haar sonder voorbehoud en Danila begin weer vryelik asemhaal. Sal hulle te midde van vele onderonsies, misverstande en moedswilligheid van Emile se kant nogtans die praktyk aan die gang hou?
En wat van die vrees wat kort-kort kop uitsteek? Is sy veilig in Suid-Afrika?
More info →Camino van die hart
Herman Fourie, die veldwagter en toerleier is alles wat sy nie geweet het sy nodig het nie: standvastig, beskermend, en met oë wat regdeur haar kyk.
Van eerste ontmoeting af is daar ‘n onmisbare vonk – een wat nie maklik geblus kan word nie.
Wat as ‘n speelse ooreenkoms begin – om voor te gee hulle is in ‘n verhouding vir ‘n groep matriekmeisies – raak gou ingewikkelder. ‘n Week, twee, drie. Rolle raak werklik en grense begin vervaag.
Maar wanneer tragedie onverwags toeslaan en Elzet se wêreld in skerwe lê, word die Camino meer as net ‘n staproete. Dit word ‘n pelgrimstog van rou, van genesing en uiteindelik ... ware liefde.
Kan Herman haar deur haar donkerste uur dra? En kan Elzet weer leer glo – in die lewe, in haarself, en in die liefde wat hulle nooit beplan het nie?
In hierdie hartroerende roman van verlies, hoop en tweede kanse, ontdek twee siele dat soms is die langste reise nie dié oor berge, deur bosse en in watervalle nie, maar dié na mekaar toe.
More info →
