Bets de Lang is ’n afgetrede Senior Lektor en Taal-versorger. Sy en Larrie is 55jr getroud en woon in Klerksdorp. Hulle het 2 kinders: Elardus woon in Colorado Springs in die VSA en Loura, getroud met Human Joubert en hul kinders, Lana en Francois, woon in Randburg. Afgesien van medeskrywer vir Bemarking/Marketing N4 handboeke en ’n Studie-gids vir Grade 12 English 2nd Language was haar eerste publikasie ’n moordverhaal, getiteld: Nommer 8 (2018).
Die geur van lemoene
Slegs deur epos onderhandeling, kry sy ’n pos as veearts by Dr. Emile Venter se praktyk volgens ‘haar ervaring met perde en haar nagraadse navorsing by Onderstepoort’. Sy vind eers later uit hy is ’n selferkende vrouehater. Hy haal gereeld sy frustrasies op haar uit want hy is verplig om saam met ‘n vrou te werk. Danila bly tandeknersend beskaafd, vrien-delik en hulpvaardig maar sal sy kan volhou?
Kan sy ook haar mislukte huwelik, erge spanning en haar vrese hier beveg?
Die ander personeel is ondersteunend, al die ‘pasiënte’ aanvaar haar sonder voorbehoud en Danila begin weer vryelik asemhaal. Sal hulle te midde van vele onderonsies, misverstande en moedswilligheid van Emile se kant nogtans die praktyk aan die gang hou?
En wat van die vrees wat kort-kort kop uitsteek? Is sy veilig in Suid-Afrika?
More info →