Buks van die Kalahari

Buks van die Kalahari

R220.00eBook: R170.00

Die pad wat Hendrik en sy geslag loop, is nie sag nie. Dit is ’n pad wat mense breek of staalhard maak. En Hendrik? Hy buig nie. Terugslae kry hom nie onder nie. Want hy het iets om voor te leef… ’n rede om aan te hou asemhaal – sy seun Buks.

Sonder dat hy dit besef, lê Hendrik in hierdie dor en genadelose wêreld die fondament vir iets groters. In die sand van die Kalahari word ’n liefde gebore – ’n liefde wat nie deur droogte of swaarkry gebreek kan word nie. Dit is ’n liefde wat Buks vorm, slyp en stuur na ’n lewe van avontuur. ’n Lewe wat hom sou maak tot ’n grootwildjagter, ’n man wat leeus tem en vrees in die oë kan kyk.

Uit hierdie harde geslag groei ’n nuwe een, ’n geslag wat nie net oorleef nie, maar floreer.

Buks self word ’n man van krag. Maar selfs hy kan nie die droogte van ’67 ontwyk nie. Dit bring hom tot stilstand. Dit breek hom oop. En daar, op sy knieë in die sand, vind hy weer iets wat hy amper verloor het – sy Skepper wat hom optel uit die sand.

More info →
AFRI-allegaartjie

AFRI-allegaartjie

R220.00

Om Afrikaans 100-jaar te vier het Ns. Skrywershuis Uitgewer, deur hul Facebookblad en Naskrif, uitdagings aan lesers geplaas en uitgenooi om ’n kortverhaal te skryf na aanleiding van fotobeelde.

Verskeie temas, emosies en genres is hierdeur aangeraak en die slotsom is ’n verhaalbundel van romanse, verlies, wraak, nostalgie en humor.

Uit hierdie inisiatief het verskeie begaafde en veelsydige skrywers na vore gekom wat nog nooit voorheen ’n verhaal geskryf het nie − dit is werklik prysenswaardig. Verhale met die grootste impak is daarna saamgevat om hierdie bundel saam te stel met die uitsluitlike doel om elke leser net die grootste leesgenot te bied.

More info →
Marionette by Diepgezet

Marionette by Diepgezet

R180.00eBook: R180.00

Geen geliefde op die lughawe wat haar inwag en bly is om haar te sien nie en ook by haar huis is dit duidelik dat haar vriendin en huissitter, Zelma, vele dae laas daar was ...

Nog hou die verrassings nie op nie. Sy het ’n e-pos ontvang van walglike Gary Hoise wat sy voor haar vertrek, warmplek toe verwens het — en nou vra hy dringend haar hulp. Uit die plaaslike koerante lees sy opskrifte van mense wat spoorloos verdwyn het en Gary is die een wat haar op hoogte bring. Ook dat Hugo van Zyl aanbeweeg het en sy nie meer sy meisie is wat hy vurig van afskeid geneem het nie.

Gary is ook nie meer die ongeskikte dronklap nie en stem in om hom te help met die ondersoek na die vermiste mense, party selfs kinders, want dit kom voor asof die polisie nie juis hond haaraf maak nie. Met die strydbyl begrawe, vorm hulle ’n formidabele span en ontdek gruwels wat niemand sal glo nie, tensy hulle eie oë dit sien ...

More info →
Die ontwerper se dogter

Die ontwerper se dogter

R180.00eBook: R180.00

Professor Pienaar, ‘n aangetroude familielid en navorser, raak betrokke by hierdie ontwrigtende omstandighede.

Pinkie, die huishulp, probeer sin maak uit al die dinge rondom haar wat skielik nie meer sin maak nie.

Terwyl nuus omtrent die onbekende skoonheid bekend raak, raak die Steenkamp-familie bewus van mekaar. Terselfdertyd ontstaan ‘n waaksaamheid; daar mag nie tweedrag op Eendracht gesaai word nie. Hoe meer elkeen probeer sin maak uit Oda se besoek, hoe meer besef elkeen hulle word betrek by sake waarvan hulle nie kennis dra nie.

Algaande raak meer mense betrokke. Skepper van die welbekende mode-naam, Isabella du Preez, moet keer dat navorsing uit rotgevrete houers verstrengel raak by haar ontwerper-skeppings uit die boonste rakke.

Sal daar ooit ‘n einde kom aan hierdie geskarrel!

More info →
Die geur van lemoene

Die geur van lemoene

R195.00eBook: R195.00

Slegs deur epos onderhandeling, kry sy ’n pos as veearts by Dr. Emile Venter se praktyk volgens ‘haar ervaring met perde en haar nagraadse navorsing by Onderstepoort’. Sy vind eers later uit hy is ’n selferkende vrouehater. Hy haal gereeld sy frustrasies op haar uit want hy is verplig om saam met ‘n vrou te werk. Danila bly tandeknersend beskaafd, vrien-delik en hulpvaardig maar sal sy kan volhou?

Kan sy ook haar mislukte huwelik, erge spanning en haar vrese hier beveg?

Die ander personeel is ondersteunend, al die ‘pasiënte’ aanvaar haar sonder voorbehoud en Danila begin weer vryelik asemhaal. Sal hulle te midde van vele onderonsies, misverstande en moedswilligheid van Emile se kant nogtans die praktyk aan die gang hou?

En wat van die vrees wat kort-kort kop uitsteek? Is sy veilig in Suid-Afrika?

More info →
Gister is vandag se gewete

Gister is vandag se gewete

R200.00eBook: R180.00

Sy voorneme om net terug te sit en homself te verlustig aan die skoonheid van die natuur en elke dag op sy eie pas aan te pak, word gou kort geknip toe hy die wilde perd opsaal om ’n boek oor die dorp se geskiedenis en mense te skryf.  Hy bekom ontstellende inligting oor twee babas wat in die naburige hospitaal omgeruil was. Die tragiese gebeure knaag aan hom en hy delf dieper.

Kevin ontmoet Harry met die moeilike persoonlikheid vir wie almal katvoet loop. Waarom is hy so beskermend teenoor sy broer George wat homself van ander afsonder en net wil boer?

Linda blameer alles wat met haar gebeur op Kevin – waar hy ook al is, beland sy in die moeilikheid.

Hunter, Kevin se seun trek by hom in en pas gemaklik in op die dorp. Hy help Kevin in sy soektog na die waarheid oor die omgeruilde babas. Wat hulle ontdek sou hulle nooit eens kon droom nie.

More info →
Sirkelgang van skuld

Sirkelgang van skuld

R180.00eBook: R180.00

Op agtjarige ouderdom dwaal Lisa ontredderd in die strate van ʼn groot stad rond. Haar gedagtes  ʼn warboel, maar al wat sy verseker weet, is dat sy nooit, ooit weer teruggaan na die woonstel op die derde vloer in ‘n krotwoonbuurt wat sy huis genoem het nie.

Hoekom sou sy? Haar ma is feitlik voor haar oë dood – haar pa, ʼn volslae alkoholis.

Uiteindelik beland sy in die liefdevolle pleegsorg van oom Sarel en tant Kotie. Sy slaag  matriek en kwalifiseer as onderwyseres.

Sy trou met Kobus, wat  ʼn onmisbare anker in haar lewe word. Hulle gee pad uit die stad met sy verstikkende rook, mensemassa en pynlike herinneringe. Op Seemansrus, ʼn klein vissersdorpie, bou Lisa ʼn nuwe lewe waar sy haar donker verlede vergoed uit haar geheue probeer ban.

Maar toe gebeur die ondenkbare. Sy ontmoet oom Adriaan en kom van aangesig tot aangesig met ʼn werklikheid wat jare lank vir haar verborge gehou is.

More info →
Waar bloed kruip

Waar bloed kruip

R220.00eBook: R220.00

Die moorde se modus operandi is bykans eners. Waarom hierdie moorde – wie en wat skuil daar agter?

Na meer as ʼn jaar van weinig vordering, ontvang kaptein Borman ʼn wenk per telefoon wat die koue saak ’n verrassende wending gee. Kan die moordenaar nóú vasgetrek word?

Waar bloed kruip is diggeweefde speurverhaal met hoogspanning en verrassende intriges  en ’n onvoorspelbare einde.

Die leser sal sukkel om Waar bloed kruip neer te sit!

More info →
Sewentig maal sewe

Sewentig maal sewe

R145.00eBook: R145.00

In die vragwa, waar sy saam met vyf ander meisies opgesluit is, worstel sy met ’n warboel gedagtes. Toe kom die skokonthulling: Die polisieondersoek het uitgewys dat haar pa wel betrokke was by die mensehandelsindikaat.

“Al hoe julle weer hierdie vertrouensbreuk kan herstel, is om diegene wat dit aan julle gedoen het, te vergewe.” Maar Sunet worstel met woede in haar lyf. Hoe vergewe ’n mens ’n pa wat nie skroom om onskuldige meisies vir die wolwe te gooi nie. Hoeveel keer moet ’n mens vergewe?

More info →
Laataand koffie

Laataand koffie

R170.00eBook: R170.00

Rype ervaring laat haar met buitengewone perspektief na alledaagse gebeurtenisse kyk. Met diepe insig draai sy ʼn situasie om en bring ʼn fiktiewe verhaal na die oppervlak. Deur pittige taalgebruik geniet sy dit om die lewe se verloop vas te pen tot ander se vreugde en leesgenot.

LAATAAND KOFFIE is 'n boek vir lesers wat goeie kortverhale waardeer.

Verkeerdom boodskappe, ’n opslagpampoen, ryp tamaties, granaatpitte wat lag, druiwekorrels en ’n grenadellablom wat die passiespel uitvoer. Pampoene wat hulself inryg aan ’n rank, wat gevoelens losmaak wat lei tot tintelings, oor verydelde hoop en die woudkoning se pa wat met das en baadjie skoolkar ry. Flentertjies uit LAATAAND KOFFIE, Retha van Schalkwyk se kortverhaalbundel. Ideaal vir wanneer tyd min is, maar die lus vir lees nie geblus kan word nie. Retha se besondere skryfstyl hou ’n mens op en wakker en neem jou deur ’n versameling kortverhale met uiteenlopende temas.

More info →
My nommer is 4271

My nommer is 4271

R190.00eBook: R190.00

Hoe slim soos ons wetenskaplikes ook al is, kan hulle nie self die entstof suksesvol maak nie. En nou sit ons daarmee… óns het hierdie monsters gemaak. Dit is alles ons skuld.

Ek het vir ons land se mense veiligheid en sekuriteit belowe, maar die mag is meer obsessief oor die mutasie van die mensvreters.

Met dit, vat ek en my hond, Nash, die pad en word deel van ‘n rebellie.

Gaan ons betyds die oorlewendes kan red? Gaan Suid-Afrika weer ons veilige hawe wees? Of doen ons dit alles vir niks?

More info →
Eers toe hy smile toe sien ek hom

Eers toe hy smile toe sien ek hom

R180.00eBook: R180.00

Die verhaal speel af in ‘n tyd wanneer MIV so deel geword het van die samelewing, dat mense wat nie direk daarmee in aanraking is nie amper kan glo dat die stryd daarteen afgeneem het. Sy dra ‘n diep donker geheim saam met haar op hierdie tydstip van haar lewe, iets waarop sy nie gereken het nie – ‘n diep vernedering en verraad.  Sy beleef haar eie krisis deur die oë van haar kollegas, gehawende pasiënte en die sukkelende organisasie waarvoor sy werk. Ten einde haar eie nederlaag te erken, onthou en beleef sy al die jare se ondervindinge in hierdie plek wat vir haar soos ‘n tweede tuiste geword het. Waar dit alles gaan opeindig verskrik haar en skud al haar netjies uiteengesette waardes en geloof, en wys vir haar die gesig van voor-oordeel uit ‘n ander hoek.

Saam met haar geliefde medewerkers beleef en versorg hulle elke lewe wat oor hulle pad gebring word en strompel hulle saam deur die armoede. Die bande wat sy met hierdie mense gesmee het oor die jare en met haar eie familie, word getroef en sy weet nie of hulle fondasies sterk genoeg is om hierdie storm te deurleef nie. Sy weet nie of sy sterk genoeg is om hierdie mense te vertel van haar skande nie. Die een mens wat sy met haar lewe vertrou het, het haar in die rug gesteek en gedink hy het daarmee weggekom. Sy kan dit skaars self glo. Of kan sy?

More info →
Nemesis

Nemesis

R155.00eBook: R155.00

Soos Nemesis, die Griekse godin van vergelding, help sy elkeen van hierdie vroue om op te staan en terug te veg, te neem wat hulle toekom. En die mans kry wat húlle toekom. Die verhaal ontwikkel rondom elke vrou se vergelding vir wat haar aangedoen is. Soms vereis goeie uitkomste selfs vennootskappe met slegte mense.

Chris het ‘n geheim. Sy is verantwoordelik vir die dood van haar eks, Thomas. Sy móét Andreas, haar vennoot en die man wat haar help heel het, vertel, maar vrees dat sy hom sal verloor.

Wie is die geheimsinnige James Sinclair en Omar Lebus? Is een van hulle ‘n voortvlugtige pedofiel? En waar pas die Kaapse mafiabaas Denys Alekseev en sy wulpse Katya in die prentjie? Wie is die Rooikop en wie is pastore Áncora de Salvació en Cornelio? Die leser moet kophou om die ineengevlegte intriges en ontknopings te volg.

Die ondertoon is by tye ernstig, verlig deur ligter oomblikke en onverwagte wendings.

Die poppe dans behoorlik in Nemesis!

More info →
Kayla en die smokkelaars

Kayla en die smokkelaars

R140.00eBook: R140.00

Sy maak notas en noteer sorgvuldig elke beweging.Haar nuuskierigheid lei haar tot in die midde van ‘n gewetenlose bende. Skelms wat nie sal huiwer om van opponente ontslae te raak nie. Kayla is op haarself aangewese want niemand kan vertrou word nie. Niemand nie. Die bende se invloed strek wyd ...

Is sy opgewasse vir die taak om die smokkelaars bloot te stel?

More info →
Massamoord

Massamoord

R180.00eBook: R180.00

“Ek verstaan,” fluister Irma. ʼn Warm gloed van woede stoot teen haar wange op. Sirkus! Sy draai om en stap na die eetsaal waar die span en Inus reeds sit en wag. Irma frons. As almal siek is, is dit dan net die span en syself, Inus en Mari wat nie simptome toon nie. Hoe kan dit wees?

Irma Mulder vind haarself steeds vasgevang na die reeksmoorde van die verlede. Die Bloedspore van haar verlede weerhou haar sosiale vryheid. Tog besluit sy om deel te neem aan die groot skryf uitdaging waarheen sy genooi is. Wat kan tog verkeerd gaan? Nes Irma dink dinge werk in haar guns val haar drome plat en staan sy te midde van ‘n massamoord. Weereens word sy as verdagte gesien deur Hugo. Gaan die saak vinnig opgelos word, en wat gaan oorbly van die reeds sukkelende vriendskap tussen haar en Hugo. Of gaan daar dalk die keer erkenning gegee word aan die liefde wat in haar hart brand?

More info →
Bloedspoor

Bloedspoor

R185.00eBook: R185.00

Nou woonagtig in ’n klein toeristedorp, Nelspruit, skryf sy vir die plaaslike koerant. Sy is onvergenoeg met die meer alledaagse nuusberigte waarheen haar redakteur haar stuur. Sy dreig dat sy sal bedank na ’n onderonsie met hom. Eensklaps word Irma by ʼn moord ingesleep. Die moordenaar betrek haar by elke daaropvolgende moord en speel ’n gevaarlike speletjie met haar en die polisie. Hoewel Irma alles in haar vermoë doen om die moordenaar te keer, is sy telkens te laat en raak dinge om haar vinnig donker. Terwyl die polisie haar onder beskerming sit, weet sy dat hulle haar wil blameer vir die moorde.

Ten einde haar eie onskuld te bewys, moet Irma nie net die polisie ontglip nie, maar ook die moordenaar wat haar fyn dophou. Hierdie keer weet sy dat sy nie net die sleutel tot alles is nie, maar ook dat sy die volgende slagoffer moet wees. Hoe lank sal dit neem voor sy besef wie die moordenaar is?

Gaan sy suksesvol wees om die volgende moord te stop?

Sal die polisie daarin slaag om die reeksmoordenaar vas te trek voordat dit te laat is?

BLOEDSPOOR voldoen aan alles wat ʼn mens verwag van ʼn moordverhaal; goeie spanningslyn, intriges wat die leser aan die raai hou en ʼn ontknoping wat heeltemal verras.

More info →
In die andertyd

In die andertyd

R150.00eBook: R70.00

Die verhaal weerspieël die doen en late en veral die gesprekke en musiek waarna geluister word van ’n afgesonderde klein groepie mense tydens die landwye inperking vanweë ’n pandemie. Hulle bespreek tergende wetenskaplike en godsdienstige vraagstukke wat ’n gefladder in die onderskeie hoenderhokke mag veroorsaak.

Dis geen poging om wetenskaplike aansprake of bydraes te maak nie, maar reflekteer slegs die gesprekke wat inderdaad plaasgevind het.

In die andertyd - ’n Alternatiewe wetenskap-sprokie vir volwassenes. Of dalk nie. Die verhaal is gesprekke van mense oor sekere vraagstukke.

More info →
Babilon II

Babilon II

R220.00

Só ook vir elke volk wat kreun onder die juk van verdrukking of slawerny.

Elke mens in hierdie gebroke wêreld is ’n kind van God, die Vader, die Skepper van alles wat was, is en sal wees. Al draai die meerderheid hul rug op Hom, verander dit niks aan die waarheid nie. Wie hom tot God bekeer, bevind hulle in sy genadesfeer.

Daar is “moderne” natuurwetenskaplikes wat te koop loop met “die-God-is-dood-teorie”. Dis ʼn raak beskrywing, want dit is slegs “teorie”.

Deur die eeue het God Hom nog nooit van die geskiedenis van nasies en volke onttrek nie. Hy is geen stille Toeskouer wat afsydig vanuit die hemel neerkyk nie. Nee, Hy beweeg tussen konings, ryke en oorloë. Sy hand stuur die verloop van die geskiedenis.

In ʼn stadium van die Ryk van die Meders en die Perse het die dood waarskynlik nog nooit só hard aan die voordeur van ʼn volk soos dié van die Jode geklop nie.

In sy dronkenskap gelas die koning die totale uitwissing van die Jode. Man, vrou en kind.

Dog, al sou die besope die ondergang van die aarde beplan, is daar steeds hoop, want die Skepper is altyd nugter. God gebruik een van die sterkste mense wat Hy ooit geskape het om duiwelswerk ongedaan te maak. ’n Vrou, naamlik Ester, staan op soos ’n vlam van vuur en red haar volk.

Die verhaal van die opkoms en ondergang van die magtige Persiese Ryk, bevestig andermaal die Almag van God. God heers steeds oor die lot van konings, nasies en die mensekinders.

Hierdie boek bied jou ’n intense en wye blik van hierdie wonderbaarlike gebeure.

More info →