AFRI-allegaartjie
Om Afrikaans 100-jaar te vier het Ns. Skrywershuis Uitgewer, deur hul Facebookblad en Naskrif, uitdagings aan lesers geplaas en uitgenooi om ’n kortverhaal te skryf na aanleiding van fotobeelde.
Verskeie temas, emosies en genres is hierdeur aangeraak en die slotsom is ’n verhaalbundel van romanse, verlies, wraak, nostalgie en humor.
Uit hierdie inisiatief het verskeie begaafde en veelsydige skrywers na vore gekom wat nog nooit voorheen ’n verhaal geskryf het nie − dit is werklik prysenswaardig. Verhale met die grootste impak is daarna saamgevat om hierdie bundel saam te stel met die uitsluitlike doel om elke leser net die grootste leesgenot te bied.
More info →Laataand koffie
Rype ervaring laat haar met buitengewone perspektief na alledaagse gebeurtenisse kyk. Met diepe insig draai sy ʼn situasie om en bring ʼn fiktiewe verhaal na die oppervlak. Deur pittige taalgebruik geniet sy dit om die lewe se verloop vas te pen tot ander se vreugde en leesgenot.
LAATAAND KOFFIE is 'n boek vir lesers wat goeie kortverhale waardeer.
Verkeerdom boodskappe, ’n opslagpampoen, ryp tamaties, granaatpitte wat lag, druiwekorrels en ’n grenadellablom wat die passiespel uitvoer. Pampoene wat hulself inryg aan ’n rank, wat gevoelens losmaak wat lei tot tintelings, oor verydelde hoop en die woudkoning se pa wat met das en baadjie skoolkar ry. Flentertjies uit LAATAAND KOFFIE, Retha van Schalkwyk se kortverhaalbundel. Ideaal vir wanneer tyd min is, maar die lus vir lees nie geblus kan word nie. Retha se besondere skryfstyl hou ’n mens op en wakker en neem jou deur ’n versameling kortverhale met uiteenlopende temas.
More info →Want klippe lieg
Want Klippe lieg is ’n prettige bundel kortverhale wat op ’n tong-in-die-kies manier die doen en late vertel van die Schoemans van Wilgerkloof. Die stories sal jou laat lag, jou laat huil en sal jou laat wonder of alles die waarheid is. Op die minste sal die stories vasgevang word vir eendag as niemand meer daar is om die stories te vertel nie. Maak maar tyd om Want klippe lieg te lees, want as jy eers begin, kan jy nie die boek neersit nie.
More info →By omdraai verby
Die versoeking om 'n dobbelkaartjie te koop, 'n karaoke-aand, die moeilike besluit van 'n dominee en mense wat in ‘glashuise’ woon. Wanneer 'n kwaai hond dreig, moet jy voete met vlerke hê en die liedjie Ou Ryperd kan laer stresvlakke tot gevolg hê. Om jou pa se luukse motor te leen, die ongewone fondsinsameling van skoolkinders, die bekoring van ’n kind vir 'n Morris Minor-motor en die liefde van 'n ouer vrou vir 'n jonger man. 'n Pendoring wat pla op wittebrood, en die betekenis van die kruis op die kruin vir 'n hawelose, - dit alles en nog meer saamgevat in hierdie DEBUUTBUNDEL KORTVERHALE VAN MARIE VAN WYK.
More info →Onder die heilige koeie se stert
Hy het besluit om uit moedswilligheid hierdie boek, Onder die Heilige Koeie se stert, te skryf. Geen Heilige Koei word met rus gelaat nie en almal se geheime word uitgelap. Die leuens wat oor blomkool vertel word, hoekom bruidegomme nie hoef troue toe te gaan nie, wat mense wie te hard praat op hulle selfone met daai selfone moet doen, hoe om nie wyn te proe nie en suurstofdiewe, vorm deel van die geheime. Hy lap 'n paar geheime uit wat net mans mag lees ... nié dames nie! Hy laat glip ook 'n paar van sy eie skandalige geheime uit. Dan praat ons nie eers oor die gesprek met die kopdoek-antie nie.
As jy breed wil glimlag, wil vergeet van jou bekommernisse of beter wil voel terwyl jy wag dat die krag aankom, is hierdie boek vir jou.
More info →Die meisie met die pêreloorbel
Die resultaat is 23 kortverhale deur 5 skrywers. Die verhale is uiteenlopend van aard: komies, diep ernstig, geskiedkundig, futuristies, verrassend, ekstaties, geheimsinnig, dalk effe ontstellend, nostalgies of gevul met belofte en liefdevol. Ons hoop dit sal ander inspireer. Om te skryf is benewens die genot inherent aan die skeppende taak ook terapeuties. Ons het elkeen ʼn storie om te vertel, al word dit nooit gepubliseer nie.
Die meisie met die pêreloorbel is saamgestel deur Macolm de Roubaix. Ons hoop u geniet wat u lees. My e-posadres is malcolmderoubaix@gmail.com; ons sal u terugvoer waardeer.
More info →




