Dit was so hittete

Dit was so hittete

R240.00eBook: R240.00

Willem Fransman Jr is ‘n boorling van Worcester in die Boland. Hy en sy gesin sou, toe hy ses jaar oud word, ‘n beter lewe in die stad gaan soek. Dit is die bruisende lewe op die Kaapse Vlaktes, wat hom in later jare gedryf het om ‘n ‘stem van die Vlaktes’, te word.

Fransman se eerste skrywerssukses kom met die aanwysing van hom en 10 ander kortverhaalskrywers om ‘n slypskool in Paternoster na afloop van die Swart Afrikaanse Skrywersimposium (1995), by te woon. In ‘n landswye kompetisie, word hy in 1997 as die eerste wenner van RSG en Sanlam radiodrama-skryfkompetisie, met Om te bedel is ’n kuns, aangewys. Daarna maak hy verdere inritte op die letterkundige landskap. ’n Kortverhaal, ’n Bok vir ’n gaping, (1999), word in ‘n kortverhaalbundel opgeneem wat vir Graad 12’s in skole voorgeskryf was.

Verskeie opdragwerke vanaf RSG (vir radiodramas) en verhoogdramas (vir kunstefeeste), volg. Hierdie veelsydige kreatiewe woelgees tree as amateur akteur, regisseur, storieverteller en voordragkunstenaar by verskeie kunste-feeste op.

Sy eerste gepubliseerde dinkstuk of artikel, ’n Storie, my koninkryk vir ‘n storie!, verskyn in 1995 vir die ATKV se Taal-genoot. Rubrieke in Die Burger en Kaap Rapport volg. Met die totstandkoming van die Son op Sondag, word hy een van hul eerste rubriekskrywers. Die rubrieke wat hy vanaf 2017 vir Netwerk24 se Stemme geskryf het, is in die boek saamgevat.

Dit was so hittete bevat verskeie artikels en stories uit die joernalistieke-wêreld van Willem Fransman jr., keurig saamgestel vir 'n ware lesersgenot.

More info →
Die waarheid lê in niemandsland

Die waarheid lê in niemandsland

R170.00eBook: R170.00

Terwyl die oorlog voortwoed, stel die Britse offisiere Lords Roberts en Kitchener, die verskroeideaardebeleid en konsentrasiekampe in. Malie en haar familie beleef dié verskrikking persoonlik.

Boonop teister die Engelse offisier op sy swewende perd Malie en haar geliefdes soos die onafwendbare noodlot. Die kwelvraag is: het die vloek wat sy uitgespreek het, omgeswaai en volg dit haar en haar nageslag vergeldend? Waar lê die waarheid?

Die verhaal is gegrond op ware vertellings van Maria Magdalena Johanna Grobler wat in 1952 op haar verjaarsdag vyftig jaar na die sluiting van die Vrede van Vereeniging op 31 Mei 1902 op oudioband opgeneem is.

More info →
Want klippe lieg

Want klippe lieg

R180.00eBook: R180.00

Want Klippe lieg is ’n prettige bundel kortverhale wat op ’n tong-in-die-kies manier die doen en late vertel van die Schoemans van Wilgerkloof. Die stories sal jou laat lag, jou laat huil en sal jou laat wonder of alles die waarheid is. Op die minste sal die stories vasgevang word vir eendag as niemand meer daar is om die stories te vertel nie. Maak maar tyd om Want klippe lieg te lees, want as jy eers begin, kan jy nie die boek neersit nie.

More info →
Paddaboudjies en kalasjnikofs

Paddaboudjies en kalasjnikofs

R130.00eBook: R130.00

Die verhaal is hoofsaaklik gebaseer op ware gebeure, maar is inderwaarheid ʼn vermenging van feite en fiksie. Daar is ʼn Learjet met ʼn beeldskone vroulike medevlieënier, ʼn helikopter, Russe en Kalasjnikofs. Die skrywer kla die omkopery en korrupsie aan wat onder sy aandag gekom het tydens sy werk as vertaler en tolk. Die leser kan avontuur, aksietonele verwag en daar word so ʼn bietjie gekafoefel ook ...

Die skrywer onthul ook ʼn paar besonderhede oor die politieke gebeure van die afgelope dekades en sê onomwonde wat hy dink van sekere mense wat dink hulle is baie belangrik. Hy beskryf die woelige agtergrond waarteen die gebeure hom afspeel in en om Mali se hoofstad Bamako.

Die vae grense tussen werklikheid en fantasie word verbloem deur die hallusinasies wat die skrywer ervaar as gevolg van malariamedikasie. Dit laat die leser wonder wat het rêrig gebeur – wat is aangedik of moontlik versin?

Die skryfstyl is nuut en vars, met ʼn goeie dosis humor en woordspeling en sal vir seker die leser wat meer verlang as ʼn alledaagse vaal verhaal, se verbeelding aangryp en meer as genoeglik laat.

More info →
Splinterwoorde

Splinterwoorde

R150.00eBook: R80.00

Die Overberg is en was nog altyd sy skuilte waar hy heen kon reis om sy kragte te hernu. In die bundel probeer hy ’n venster skets waardeur die leser die Overberg kan verken. Van die verhale neem jou op ’n reis deur die pragtige omgewing met mooi herinneringe oor sy lewe.

Tussendeur wissel hy die bundel af met verhale oor die pandemie en die impak wat dit op veral die mense van die Kaapse Vlakte gelaat het. Enkele moderne probleme soos klimaatsverandering word ook in sekere verhale belig. Die skrywer skroom nie om sy misnoeë oor die staat se hantering van die pandemie uit te lig nie.

Met die bundel, Splinterwoorde, ondersoek hy die skryfproses. Saam met dit alles leer ons ook iets van die misterieuse wat in sy werk aangetref word. Willemse delf ongestoord in die wêreld van die mistieke.

Alhoewel die plekke en name bekend klink, is die verhale en karakters fiktief.

Die skrywer nooi die leser uit om saam om die kombuistafel te kom sit, voor die brandende swart houtstoof en om van doerietyd se dinge te lees.

SPLINTERWOORDE is n kortverhaalbundel met unieke storievertellings oor 'n wye verskeidenheid genres,. 'n Unieke Afrikaanse literêre werk.

More info →