Dit was so hittete

Dit was so hittete

R240.00eBook: R240.00

Willem Fransman Jr is ‘n boorling van Worcester in die Boland. Hy en sy gesin sou, toe hy ses jaar oud word, ‘n beter lewe in die stad gaan soek. Dit is die bruisende lewe op die Kaapse Vlaktes, wat hom in later jare gedryf het om ‘n ‘stem van die Vlaktes’, te word.

Fransman se eerste skrywerssukses kom met die aanwysing van hom en 10 ander kortverhaalskrywers om ‘n slypskool in Paternoster na afloop van die Swart Afrikaanse Skrywersimposium (1995), by te woon. In ‘n landswye kompetisie, word hy in 1997 as die eerste wenner van RSG en Sanlam radiodrama-skryfkompetisie, met Om te bedel is ’n kuns, aangewys. Daarna maak hy verdere inritte op die letterkundige landskap. ’n Kortverhaal, ’n Bok vir ’n gaping, (1999), word in ‘n kortverhaalbundel opgeneem wat vir Graad 12’s in skole voorgeskryf was.

Verskeie opdragwerke vanaf RSG (vir radiodramas) en verhoogdramas (vir kunstefeeste), volg. Hierdie veelsydige kreatiewe woelgees tree as amateur akteur, regisseur, storieverteller en voordragkunstenaar by verskeie kunste-feeste op.

Sy eerste gepubliseerde dinkstuk of artikel, ’n Storie, my koninkryk vir ‘n storie!, verskyn in 1995 vir die ATKV se Taal-genoot. Rubrieke in Die Burger en Kaap Rapport volg. Met die totstandkoming van die Son op Sondag, word hy een van hul eerste rubriekskrywers. Die rubrieke wat hy vanaf 2017 vir Netwerk24 se Stemme geskryf het, is in die boek saamgevat.

Dit was so hittete bevat verskeie artikels en stories uit die joernalistieke-wêreld van Willem Fransman jr., keurig saamgestel vir 'n ware lesersgenot.

More info →
Bemeester veroudering!

Bemeester veroudering!

R320.00eBook: R320.00

Met verwysing na historiese insigte en 'n wye verwysingsraamwerk, ondersoek dit die ontwikkeling van hedendaagse opvattings oor veroudering; die sosiologiese, sielkundige en fisiologiese prosesse van veroudering; ouderdomsverwante diskriminasie; finansiële aspekte van veroudering; die oënskynlike teenstrydigheid dat daar sowel welvaart as toenemende armoede in die verouderende bevolking is; onvanpaste seksuele uitdrukking by bejaardes; die idee van die Derde Leeftyd; en die strewe om die lewensduur van die mens te verleng. 'n Deeglike literatuuroorsig, die skrywer se persoonlike ervaring as ouer persoon en as mediese dokter wat oor vyf dekades strek, en die skrywer se kennis van etiek het bygedra tot hierdie toeganklike en insiggewende teks wat op 'n wye gehoor gemik is: enersyds gesondheidswerkers, versorgers, terapeute, etici en elke persoon wat ouer persone, professioneel en privaat, bystaan; andersyds elkeen wat worstel met die mees fundamentele bestaanskrisis, tewete veroudering. En dit is elkeen van ons.

More info →
Fluitjieblaser of doofstomme

Fluitjieblaser of doofstomme

R230.00eBook: R230.00

Dit is hoekom mense bang is om korrupsie te onthul. Dit is nie ’n maklike pad wat jy kies nie.

“Wat maak ’n man as die party waaraan hy geglo het, hom teleurstel en hard onder sy jis skop?

Ek het gevoel my party het my gefaal in my poging om korrupsie oop te krap. Ek het voor die algemene verkiesing effe bitter geluister na toesprake teen korrupsie. Is daar dan klein korrupsie en groot korrupsie?” – Kobus Hoffman

VOORWOORD

Hierdie is 'n boek, 'n grepie uit my lewe wat my as man net vir die beter verander het. Dis 'n geskiedenisboek, 'n terugblik op wat was (2007-2011). Tog 'n stukkie seer wat inspireer tot beter. 'n Getuienis van wat moontlik is as jy oorgee en in Yahweh se genade gaan skuiling vind.

Ek weet nie wat voorlê nie, maar ek weet dat ek meer as agt jaar aan die geveg gewy het. Dit was tuff, maar dit het my lewenservaring gegee wat geen universiteit kon bied nie.

Vir die wat ons te na gekom het, ek het julle vergewe. Ek hoop dat ander dit ook sal regkry. My wens vir julle is dat julle eendag julle harte sal versag en besef dat daardie inkomstes baie hartseer veroorsaak het en dat baie mense gebreek was deur julle dade.

TITEL - Fluitjieblaser of doofstomme. Dit titel is vanselfsprekend - moet mens die fluitjie blaas of moet mens eerder jouself doofhou?

Kobus Hoffman (Publieke figuur) - Facebook: https://www.facebook.com/HoffmanKobus

KYK OOK HIER: https://nskrywershuis.co.za/advertensieblad/

More info →
DEKAT LUUKSE UITGAWE 2022

DEKAT LUUKSE UITGAWE 2022

Uitverkoop

Ons bied ’n praguitgawe propvol artikels oor kuns, kos, kultuur, motors, mense, aktuele sake, ons diep stories op uit die verlede en gooi ’n ander lig daarop – in kort – ons missie is om ons lesers te vermaak. Só skryf redakteur, Elzilda Becker.

Ek blaai versigtig deur my uitgawe. Sommige mense sal dit beskryf as vreemd en abnormaal – ’n lekker vreemdheid en ’n kunstige abnormaliteit. Ek vind dit eksoties, sonderling, eiesinnig, raar, afwykend, rebels, stroomop, grotesk, onkonvensioneel en effe mal. Kunstenaars moet effe mal wees, glo ek. En wanneer ek van ‘mal’ praat, bedoel ek nie kranksinnig of getik nie, maar eerder laf-mal. Kunstenaars, skrywers, digters, fotograwe en skilders sien dinge op ’n ander manier as Jan Alleman. Hulle bring daardie andersheid na vore en maak van niks ’n kunswerk wat jy wil raam en teen jou muur hang.

Dít, liewe leser, is wat so spesiaal is aan hierdie DeKat. ’n Hele 330 bladsye vol skatte; lieflike leesstof, fotografie wat jou verstom en verlustig, watertand en smullekker ... ek raak nou weer van vooraf opgewonde. Laat ek net asemskep. Nico Schamrel, Uitgewer en skrywer | Ns. Skrywershuis

More info →