Fluitjieblaser of doofstomme

Fluitjieblasery is ’n moeilike ding. Ek kan jou byna waarborg die een of ander stelsel gaan jou pootjie en hard op jou gesig laat val.

Dit is hoekom mense bang is om korrupsie te onthul. Dit is nie ’n maklike pad wat jy kies nie.

“Wat maak ’n man as die party waaraan hy geglo het, hom teleurstel en hard onder sy jis skop?

Ek het gevoel my party het my gefaal in my poging om korrupsie oop te krap. Ek het voor die algemene verkiesing effe bitter geluister na toesprake teen korrupsie. Is daar dan klein korrupsie en groot korrupsie?” – Kobus Hoffman

VOORWOORD

Hierdie is 'n boek, 'n grepie uit my lewe wat my as man net vir die beter verander het. Dis 'n geskiedenisboek, 'n terugblik op wat was (2007-2011). Tog 'n stukkie seer wat inspireer tot beter. 'n Getuienis van wat moontlik is as jy oorgee en in Yahweh se genade gaan skuiling vind.

Ek weet nie wat voorlê nie, maar ek weet dat ek meer as agt jaar aan die geveg gewy het. Dit was tuff, maar dit het my lewenservaring gegee wat geen universiteit kon bied nie.

Vir die wat ons te na gekom het, ek het julle vergewe. Ek hoop dat ander dit ook sal regkry. My wens vir julle is dat julle eendag julle harte sal versag en besef dat daardie inkomstes baie hartseer veroorsaak het en dat baie mense gebreek was deur julle dade.

TITEL - Fluitjieblaser of doofstomme. Dit titel is vanselfsprekend - moet mens die fluitjie blaas of moet mens eerder jouself doofhou?

Kobus Hoffman (Publieke figuur) - Facebook: https://www.facebook.com/HoffmanKobus

KYK OOK HIER: https://nskrywershuis.co.za/advertensieblad/

Order Now!
About the Book

FLUITJIEBLASER OF DOOFSTOMME

“Fluitjieblasery is ’n moeilike ding. Ek kan jou byna waarborg die een of ander stelsel gaan jou pootjie en hard op jou gesig laat val. Dit is hoekom mense bang is om korrupsie te onthul. Dit is nie ’n maklike pad wat jy kies nie.”– Kobus Hoffman In hierdie boek openbaar Hoffman die pad wat hy moes stap as fluitjieblaser, die proses, bedrog, bewyse en doodsdreigemente teenoor hom en sy familie, “Wat maak ’n man as die party waaraan hy geglo het, hom teleurstel en hard onder sy jis skop? Ek het gevoel my party het my gefaal in my poging om korrupsie oop te krap. Ek het voor die algemene verkiesing effe bitter geluister na toesprake teen korrupsie. Is daar dan klein korrupsie en groot korrupsie?” – Kobus Hoffman NOU BESKIKBAAR: Ns. Skrywershuis – UITGEWER | www.nskrywershuis.co.za | info@nshuis.co.za FORMAAT: Sagteband | eBoek | Mobi

AANLYN WINKEL: https://nskrywershuis.co.za/jou-boekwinkel-jou-uitgewer/page/2/

RESENSIE: https://nskrywershuis.co.za/2022/10/16/8946/

Details
Author:
Genres: Aktueel, Geskiedkundig, Hoog aanbeveling, Nie-fiksie, Politieke korrupsie, Resensie, Stergradering: GOUD, Top aanbeveling, Ware gebeure en navorsing, Ware lewensverhaal
Tags: Aktueel, Drama en intriges, Hoog aanbeveel, Nie-fiksie, Resensie, Stergradering: Prima Goud, Ware feite
Publisher: Ns. Skrywershuis
Publication Year: 2022
Format: Sagteband | eBoek | Mobi
Length: 221 bladsye
Rating:

List Price: R230.00
eBook Price: R230.00
Endorsements
“In ʼn donker tyd is daar altyd blink sterre wat rigting en vertroosting gee. Ons donker tyd was nie anders nie.” (Kobus Hoffman) Kobus Hoffman se boek, Fluitjieblaser of doofstomme, is letterlik en figuurlik ʼn ‘storm in a teacup’. Hy vertel sy verhaal in ʼn dokumentêre biografie as DA-raadslid en later as burgermeester-kommiteelid by Meyerton Midvaal. (Tydperk: 2006 tot 2011). Kobus is ʼn ambisieuse mens, hy het geglo in dit wat reg was. Van jongs af het sy ouers hom geleer dat harde werk en eerlikheid altyd hand aan hand loop en beloon word. “My pa het my geleer van geld en om soos ʼn sakeman te dink.” Kobus was jonk en het gou goeie geld verdien en verskeie beleggings gemaak deur in Meyerton Riversdal omgewing eiendomme aan te koop. Wanneer Kobus as burgermeester-kommiteelid begin werk, kom hy op heelwat ongerymdhede af. Hy reël verskeie vergaderings met sekere hooggeplaastes in die munisipaliteit om die ongerymdhede te bespreek. Teen alle verwagtinge besef hy dat dié mense waarna hy opgekyk het, deel is van korrupsie. ‘Ek het nie geweet hoe diep kan mense jou teleurstel nie.’ (bl. 29). Omdat Kobus ʼn sin vir regverdigheid het, het hy besluit om die fluitjie te blaas; en toe begin die poppe dans in Midvaal munisipaliteit se gange. En Kobus en sy vrou moes ʼn baie hoë prys hiervoor betaal. ʼn Aangrypende boek wat die leser (veral dié wat in die Midvaal-omgewing woon) se oë sal oopmaak wat korrupsie aanbetref. Die harde en naakte waarheid van ʼn man wat net sy mense wou dien. ʼn Man wat uitgelewer en verstoot was deur korrupste politici en wie se eie politieke loopbaan in skerwe gespat het. Hierdie boek is uitstekend geskryf. Die taalversorging is baie goed. Die boek is maklik om te lees en laat die leser voel asof hy/sy fisies saam met Kobus en sy vrou die mooi en sleg van wat met hulle gebeur het, ervaar. Elemente van spanning, woede en gelatenheid word bespeur in hierdie boek. Ek het Hoffman se skryfstyl indrukwekkend en amusant gevind. Die behendige wyse waarop hy sy verhaal vertel dui op eerlik en opregtheid. Nie net is hierdie ware feite fassinerend nie, maar ek vind dit as harteloos, onmenslik en teleurstellend. Tog is daar ook vergifnis wat net uit ʼn goeie onskuldige mens se hart kan kom. Waar gaan hierdie verhaal eindig? Tyd sal leer ... Ek glo dat hierdie geselekteerde boek ʼn groot aanwins sal wees vir enige leser wat onwrikbaar daarin glo wat reg is. Hoffman het.
Korrupsie en geldwassery is seker die laagste wat 'n politieke party kan daal. Hoffman se boek vlek kokkerotneste oop wat nie net skok nie, maar jou stom laat. Sy fyn humor is spottend en sy hanteer van situasies is bloeiend. Bewysstukke wat in die boek geplaas is, is indrukwekkend. Dit verbaas my nie dat die skrywer met kundigheid die waarheid op die tafel plaas nie, want as politieke en openbare figuur het Kobus Hoffman reeds bewys dat hy weet waarvan hy praat en nie bang is vir die politieke arena nie. Nog minder vrees hy om die waarheid te vertel.
Book Club Resources
Order Now
About the Author
Kobus Hoffman

Kobus Hoffman is Lid van die Provinsiale Raad van die politieke party, VF-Plus (Midrand). Hoffman het verskeie aspekte in die politieke arena reeds ontbloot, maar in sy debuut boek, ontbloot hy veral dit wat alle Suid-Afrikaners mee vertroud is - korrupsie. Hy vertel oor sy ondervinding as 'n fluitjieblaser en met 'n tikkie humor plaas hy die kollig of skokkende feite.