Sidestoep stories

Sidestoep stories

R180.00eBook: R180.00

Haar geliefde en immergewilde nostalgiese stories oor haar kinderjare in Graaff-Reinet (of Graaffernet) het talle lesers vermaak en bied historiese inligting oor die geskiedenis en gebeure van hierdie historiese dorp. Elise se sin vir humor kom ook kort-kort voor in haar vertellings en sy beeld die vele kleurvolle karakters uit met ewe goeie en intense beskrywings. Die fynste detail word neergepen en smaaklik vertel in die statige milieu waarin elke verhaal afspeel.

Hierdie memoirs-verhale is geskryf in die streektaal, Graafrikaans, ’n mengsel van Afrikaans en Engels soos dit in daardie tyd gepraat was. Lesers uit enige streek van Suid-Afrika sal hierdie prag verhale ook terdeë geniet.

GRAAFFERNET SIDESTOEP STORIES is deel van ons erfenis, ’n stukkie Africana wat gepas inskakel by die vieringe van Afrikaans Amptelik 100-vieringe 2025.

More info →
As stilte praat

As stilte praat

R195.00eBook: R195.00

Daar is tans wêreldwyd ʼn herontdekking van die Christendom se kontemplatiewe en mistieke tradisie. As Stilte Praat, is die outobiografiese vertelling van ʼn gesprek – geestelike begeleiding – met ʼn Katolieke non. Dit dek ʼn belangrike en bepalende tydperk van 11 jaar in die skrywer se lewe, hy kom geestelik letterlik tot verhaal. Die gesprekke is merkwaardig, veelvlakkig, insiggewend en betekenisvol. Hy betree versigtig nuwe geestelike horisonne en gee ʼn vergesig op die verborge Christelike mistiek van geleidelike verdieping en rypwording. Die skrywer takel die harde werk van selfondersoek en oorpeinsing en delf algaande die uitnodiging na lewe sonder einde. Die Nederlanders praat van ʼn teks om “van stil te word”. As Stilte Praat spreek van deurleefde geestesaanskoue waar stilte, oorpeinsing en uitdagings sakramentele gereedskapsmiddele word vir dieper wese en wording. Kontemplasie gebeur inderdaad wanneer die stilte praat.

More info →
Die waarheid lê in niemandsland

Die waarheid lê in niemandsland

R170.00eBook: R170.00

Terwyl die oorlog voortwoed, stel die Britse offisiere Lords Roberts en Kitchener, die verskroeideaardebeleid en konsentrasiekampe in. Malie en haar familie beleef dié verskrikking persoonlik.

Boonop teister die Engelse offisier op sy swewende perd Malie en haar geliefdes soos die onafwendbare noodlot. Die kwelvraag is: het die vloek wat sy uitgespreek het, omgeswaai en volg dit haar en haar nageslag vergeldend? Waar lê die waarheid?

Die verhaal is gegrond op ware vertellings van Maria Magdalena Johanna Grobler wat in 1952 op haar verjaarsdag vyftig jaar na die sluiting van die Vrede van Vereeniging op 31 Mei 1902 op oudioband opgeneem is.

More info →
Paddaboudjies en kalasjnikofs

Paddaboudjies en kalasjnikofs

R130.00eBook: R130.00

Die verhaal is hoofsaaklik gebaseer op ware gebeure, maar is inderwaarheid ʼn vermenging van feite en fiksie. Daar is ʼn Learjet met ʼn beeldskone vroulike medevlieënier, ʼn helikopter, Russe en Kalasjnikofs. Die skrywer kla die omkopery en korrupsie aan wat onder sy aandag gekom het tydens sy werk as vertaler en tolk. Die leser kan avontuur, aksietonele verwag en daar word so ʼn bietjie gekafoefel ook ...

Die skrywer onthul ook ʼn paar besonderhede oor die politieke gebeure van die afgelope dekades en sê onomwonde wat hy dink van sekere mense wat dink hulle is baie belangrik. Hy beskryf die woelige agtergrond waarteen die gebeure hom afspeel in en om Mali se hoofstad Bamako.

Die vae grense tussen werklikheid en fantasie word verbloem deur die hallusinasies wat die skrywer ervaar as gevolg van malariamedikasie. Dit laat die leser wonder wat het rêrig gebeur – wat is aangedik of moontlik versin?

Die skryfstyl is nuut en vars, met ʼn goeie dosis humor en woordspeling en sal vir seker die leser wat meer verlang as ʼn alledaagse vaal verhaal, se verbeelding aangryp en meer as genoeglik laat.

More info →
Dinosourus, ’n docket en die dood

Dinosourus, ’n docket en die dood

R130.00eBook: R130.00

Haar kind. Haar seuntjie wat ’n ma se hart se punt is. Haar Piepies. Haar bondeltjie liefde.

Al skyn die son en is die somersdag gevul met voëlsang, dit raak donker.  ’n Helder sonskyndag word ’n nagdonkerte wat haar meteens insluk.

Dit was die begin van ’n pad wat ’n ma moes stap wie beskuldig en aangekla was vir manslag.

Die koerant basuin dit uit; hoofopskrifte, koerantbaniere op lamppale, sosiale media. Die wrede media draai nie doekies om nie: Ma ry kind dood.

Hierdie boek bied aan die leser die juistheid aangaande hierdie traumatiese gebeure en die realiteit rondom die lewe van Bernadette Small, voor- en na die gebeure.

Dit is ’n roerende vertelling uit die mond van ’n ma wat haar eie lewe sou gee vir haar kind. Dit bied in diepte insig oor die spige, skuldgevoelens en vertwyfeling wat ’n vrou weg dwing van geloof, familie en haar huwelik.

Deur haar vertellings neer te pen, is Small nie opsoek na bejammering nie, maar wil eerder die omstandighede belig, bespiegelinge opklaar en ander na haar oorwinning lei.

Hierdie uitsonderlike boek – Dinosourus, ’n docket en die dood – is nie geskryf vir taalpuriste nie, maar is neergepen uit die hart van ’n wonderlike vrou wat nederig bly in haar strewe na vrede en vir AJ tog op haar eie manier rus bied.

More info →
Die duiwel is in die detail

Die duiwel is in die detail

R250.00eBook: R250.00

Tydskrifte was tog te gewillig om haar destydse lewensverhaal op te slurp vir sensasie.

Sy is die joernalis, verlief op ’n reeksmoordenaar wat deel was van die Krugersdorp-moorde. Hoe is dit moontlik dat ’n pragtige, getroude jong vrou verlief raak op ’n man wat die gruwelikste moorde gepleeg het? Hoe is dit moontlik dat ’n reeksmoordenaar, met bloed aan sy hande, ’n vrou ’n roos kan gee en haar met trots op sy hande dra? Le Roux Steyn – wie is hy regtig en hoe het hierdie liefdesverhaal gebeur?

Wat is die waarheid en wat is onwaar? Was dit regtig liefde of was dit ’n geleentheid vir iets groter? Wat is die storie agter die storie; die verhouding, ondersoeke en die skuldiges?

Marizka Coetzer het by ’n doodloopstraat gekom. Dit was tyd om terug te draai en ’n nuwe pad te kies, maar nie sonder afsluiting nie en nie sonder om haar eie stem te laat hoor nie. Hiérdie is haar storie in haar eie stem.

     DIE DUIWEL IS IN DIE DETAIL:  ‘n Selfmoord poging laat mens groot skrik; wakker skrik ... en ontnugter. Dit is op daardie oomblik wat mens besef hoe kwesbaar en hoe kort die lewe is.

Maar al my dade – elke liewe daad – het ongelukkig die steenkool en stoker voorsien vir my eie persoonlike runaway train en hierdie een het nie remme nie.

Die verhouding met my gewese moordenaar-kêrel en die etiket as ’n moordenaar se meisie is een van die eerste labels wat moes weg. Hierdie etiket was in die verlede in ‘n negatiewe konteks op my geplak en so gelaat.

Maar ek is meer as dit en ek verdien ook meer as dit, en hy ook. Ek is meer as ‘n moordenaar se meisie. En hy is meer as ‘n moordenaar as ‘n lover. En as julle weet wat ek weet sou julle dadelik julle gordels vasmaak en vasklou, want hierdie storie is wilder as ‘n western film op sy beste.

More info →
Canvas it – storie van hoop

Canvas it – storie van hoop

R70.00

Sy hoop was dat dit deur hulle sou bly voortbestaan en voortleef. Maar die grootste hoop wat hy gehad het, was dat sy dood 'n groter getuienis vir die Koninkryk sou beteken as sy lewe hier op aarde.

My hoop as sy ma is dat ek deur die skryf van my deel van die verhaal, 'n bydrae sal maak tot die vervulling van sy hoop vir die Koninkryk. My hoop is ook dat my verhaal mense se lewens sal verander tot voordeel van God se Koninkryk. My hoop is dat elkeen wat hom geken het en met hom besigheid gedoen het, bewus sal word van die feit dat daar ALTYD hoop is, wat ook al die omstandigheid. My hoop is dat mense hul denke so sal verander en dit ten volle sal rig op die enigste HOOP wat saak maak. My hoop is om mense weer teen hooploosheid in te laat hoop.

More info →
My stukkende wynkan

My stukkende wynkan

R130.00eBook: R80.00

Ek het op my verlede gestagneer en na soveel jare bevind ek myself in ballingskap; verlate, seer en stukkend. Ek het die Here toegelaat om met Sy deursoekende oog die verrotte, stinkende self binne my aan die lig te bring - en innerlike herlewing het plaasgevind.

Vandag kan ek met lof getuig dat die glorie en die krag van God in my nietige menswees openbaar is terwyl my wynkan uitgegooi en stukkend geslaan is. Jeremia 48:11-12

Opgedra aan my pa: "Mavis my kind; jy moet nooit sonder die Here lewe nie."

More info →
Fluitjieblaser of doofstomme

Fluitjieblaser of doofstomme

R230.00eBook: R230.00

Dit is hoekom mense bang is om korrupsie te onthul. Dit is nie ’n maklike pad wat jy kies nie.

“Wat maak ’n man as die party waaraan hy geglo het, hom teleurstel en hard onder sy jis skop?

Ek het gevoel my party het my gefaal in my poging om korrupsie oop te krap. Ek het voor die algemene verkiesing effe bitter geluister na toesprake teen korrupsie. Is daar dan klein korrupsie en groot korrupsie?” – Kobus Hoffman

VOORWOORD

Hierdie is 'n boek, 'n grepie uit my lewe wat my as man net vir die beter verander het. Dis 'n geskiedenisboek, 'n terugblik op wat was (2007-2011). Tog 'n stukkie seer wat inspireer tot beter. 'n Getuienis van wat moontlik is as jy oorgee en in Yahweh se genade gaan skuiling vind.

Ek weet nie wat voorlê nie, maar ek weet dat ek meer as agt jaar aan die geveg gewy het. Dit was tuff, maar dit het my lewenservaring gegee wat geen universiteit kon bied nie.

Vir die wat ons te na gekom het, ek het julle vergewe. Ek hoop dat ander dit ook sal regkry. My wens vir julle is dat julle eendag julle harte sal versag en besef dat daardie inkomstes baie hartseer veroorsaak het en dat baie mense gebreek was deur julle dade.

TITEL - Fluitjieblaser of doofstomme. Dit titel is vanselfsprekend - moet mens die fluitjie blaas of moet mens eerder jouself doofhou?

Kobus Hoffman (Publieke figuur) - Facebook: https://www.facebook.com/HoffmanKobus

KYK OOK HIER: https://nskrywershuis.co.za/advertensieblad/

More info →