As stilte praat

Die gerekende 20ste eeu teoloog en Jesuïet, Karl Rahner, het wyslik opgemerk: Die Christen van die toekoms sal ʼn mistikus wees of glad nie bestaan nie.

Daar is tans wêreldwyd ʼn herontdekking van die Christendom se kontemplatiewe en mistieke tradisie. As Stilte Praat, is die outobiografiese vertelling van ʼn gesprek – geestelike begeleiding – met ʼn Katolieke non. Dit dek ʼn belangrike en bepalende tydperk van 11 jaar in die skrywer se lewe, hy kom geestelik letterlik tot verhaal. Die gesprekke is merkwaardig, veelvlakkig, insiggewend en betekenisvol. Hy betree versigtig nuwe geestelike horisonne en gee ʼn vergesig op die verborge Christelike mistiek van geleidelike verdieping en rypwording. Die skrywer takel die harde werk van selfondersoek en oorpeinsing en delf algaande die uitnodiging na lewe sonder einde. Die Nederlanders praat van ʼn teks om “van stil te word”. As Stilte Praat spreek van deurleefde geestesaanskoue waar stilte, oorpeinsing en uitdagings sakramentele gereedskapsmiddele word vir dieper wese en wording. Kontemplasie gebeur inderdaad wanneer die stilte praat.

Order Now!
About the Book
Details
Author:
Genres: Godsdiens, Hoog aanbeveling, Inspirerend, Motiverend, Nie-fiksie, Outobiografie, Stergradering: Prima Goud, Ware lewensverhaal
Tags: Christelike literatuur, Godsdiens, Hoog aanbeveel, Inspirerend, Motiverend, Nie-fiksie, Stergradering: Prima Goud, Ware feite, Ware verhaal
Publisher: Ns. Skrywershuis
Publication Year: 2-24
Format: Sagteband | eBoek | Mobi
Length: 279 bladsye
ISBN: 9780796154378
Rating:

List Price: R195.00
eBook Price: R195.00
Endorsements
Fassinerende en intelligente gesprekke, goed geskryf. Die skrywer dra deeglike kennis oor aan die leser. ʼn Boek wat elke Christen móét lees!
Book Club Resources
Order Now
About the Author
Kobie Lötter

Kobie Lötter is die skrywersnaam van Cobus Buys. Hy is ʼn plaaskindboorling uit die Oos-Vrystaatse Riemland. Op Reitz gebore en kerkgetoë, is hy op kosskool in Bethlehem waar hy in 1972 aan die Voortrekker Hoërskool matrikuleer. Na diensplig en ʼn tydperk van mediese studies op die Stellenbosch Tygerbergkampus, werk hy by SANRA in Pretoria. Hy besluit om ʼn graad in Teologie aan Unisa en ʼn diploma aan die Bybelinstituut in Kalkbaai te voltooi. Sy uiteindelike loopbaan is 27 jaar in menslikehulpbronbestuur vir die Suid-Afrikaanse Brouerye in Chamdor, Krugersdorp. Na aftrede vestig hy hom in die Groot-Karoo waar hy hom verdiep in die Afrikaanse vertaling van klassieke geestelike werke. Hy het ʼn nou verbintenis met die Katolieke Oratorium op Oudtshoorn. As Stilte Praat is sy debuutskrywe.