Vat Bipolêr Vas!

Vat Bipolêr Vas!

R190.00eBook: R190.00

Het jy al so slim gevoel dat jy berge kan versit en daarna die diep donker gat van depressie ervaar waaruit jy net nie kan kom nie?

Hierdie boek is nie net vir bipolêre mense nie, maar ook vir depressielyers. Jou familie en ander mense verstaan nie jou toestand nie en weet nie hoe om teenoor jou op te tree nie. Kom stap saam op my persoonlike reis waar my ergste mania ʼn ernstige motorongeluk was en ek die diepste gat van depressie ervaar het. Die hoop en bestuur van jou gemoedstoestand word in hierdie boek beskryf. Ek het vasvat riglyne ontdek wat my gehelp het om Bipolêr te bestuur, my gemoedstoestand vas te vat en ander mense te help om Bipolêr beter te verstaan.

Om bipolêr te wees, is nie ʼn skande of teken van swakheid nie. Dit is die lekkerste gevoel wanneer jy absoluut gelukkig en manies voel, ’n gevoel wat jy vir niemand kan beskryf nie. Dit kan ongelukkig ook gevolge hê as dit nie reg bestuur word nie.

Om egter uit die maniese gevoel en die gat van depressie te kom, het jy hulp nodig sodat jy ’n kwaliteit- en goedbestuurde lewe kan hê. Jy kan “cope” daarmee, mense se opinies verander en onthou: “Yes, you can do it!”

More info →
Pienk, pienker, pienkste

Pienk, pienker, pienkste

R230.00

Want net toe die skrywer gedink het hul gesin sou finaal verbrokkel weens die vloek van alkoholisme, het God ingegryp en heling gebring. Hierdie boek is ’n aangrypende en hartroerende vertelling van moedeloosheid wat in moed en vertroue omskep word; van bitterheid, pyn en verwerping wat deur begrip, bystand en verdraagsaamheid vervang word; van liefde en omgee wat die plek inneem van haat en verwerping. Niks hiervan was egter moontlik sonder haar diep geloof in die Een vir Wie niks onmoontlik is nie.

Rosie Kotze is gebore in Carletonville, ’n klein myndorpie op die grens tussen Gauteng en Noord-wes, in ’n gesonde, gelukkige gesin. Sy is die jongste van drie kinders. In 2013 sterf haar sussie aan kanker.

Die skrywer is ’n geoktrooieerde rekenmeester wat haar B.Com.-graad aan die Universiteit van Noordwes (Pukke) verwerf het. Sy en haar man, Jacques, het pas hul 19de huweliksherdenking gevier. Die Here het hulle met drie pragtige kinders geseën, een seun en twee dogters. Hulle woon saam met hul vier honde in Kempton Park.

BESTEL ENGELSE WEERGAWE HIER: https://nskrywershuis.co.za/product/the-power/

More info →
Agter my masker

Agter my masker

R170.00eBook: R170.00

’n Dekade gevul met geheime, verlies en oorlewing op plekke waar ek dit die minste verwag het.

Ek het mense lief gehad wat my gebreek het. Ek het probeer ontsnap, maar sommige dinge volg jou, selfs in stilte. Hierdie dagboek is my stem en my bewys dat ek nog hier is.

Nie alles wat mooi lyk, is veilig nie. Maar iewers tussen die pyn en die stilte het ek geleer dat selfs ’n stukkende hart kan weer klop.

My waarheid, ’n reis deur donkerte, liefde en die onverwagte krag om aan te hou leef.

More info →
Van Hanekraai tot Briekaandraai

Van Hanekraai tot Briekaandraai

R180.00eBook: R180.00

Die lewe loop sy loop met ons, hetsy reguit of krom paaie. Soms oor hoë berge en deur diep valleie. Deur fyn waarneming leer ons waardevolle lesse wat die koers van ons rigting soms verander. Hoe dit ook al sy, ons word gebore om van kind tot volwassene te gedy. Met alles wat gebeur, van begin tot einde, leef ons daagliks deur genade om uiteindelik, na al die swoeg en sweet, te besef hoe kosbaar lewe werklik is.

More info →
Stap saam na die ewigheid

Stap saam na die ewigheid

R175.00eBook: R175.00

Sy wys aan hulle die Skeppergod se volmaakte liefde en genade wat gemaak het dat Hy sy perfekte Heilsplan – om die gevalle mens ná die sondeval weer tot ’n intieme verhouding met Hom te herstel – tot uitvoer gebring het deur sy geliefde Seun, Jesus Christus, se kruisdood. Jesus het die Wet en die Ou Verbond vervul en tree nou as Ewige Hoëpriester vir God se kinders in die Hemel in. Selfondersoekvrae aan die einde van elke hoofstuk moedig nadenke en ’n dieper verhouding met God aan.

More info →
As stilte praat

As stilte praat

R195.00eBook: R195.00

Daar is tans wêreldwyd ʼn herontdekking van die Christendom se kontemplatiewe en mistieke tradisie. As Stilte Praat, is die outobiografiese vertelling van ʼn gesprek – geestelike begeleiding – met ʼn Katolieke non. Dit dek ʼn belangrike en bepalende tydperk van 11 jaar in die skrywer se lewe, hy kom geestelik letterlik tot verhaal. Die gesprekke is merkwaardig, veelvlakkig, insiggewend en betekenisvol. Hy betree versigtig nuwe geestelike horisonne en gee ʼn vergesig op die verborge Christelike mistiek van geleidelike verdieping en rypwording. Die skrywer takel die harde werk van selfondersoek en oorpeinsing en delf algaande die uitnodiging na lewe sonder einde. Die Nederlanders praat van ʼn teks om “van stil te word”. As Stilte Praat spreek van deurleefde geestesaanskoue waar stilte, oorpeinsing en uitdagings sakramentele gereedskapsmiddele word vir dieper wese en wording. Kontemplasie gebeur inderdaad wanneer die stilte praat.

More info →
Bemeester veroudering!

Bemeester veroudering!

R320.00eBook: R320.00

Met verwysing na historiese insigte en 'n wye verwysingsraamwerk, ondersoek dit die ontwikkeling van hedendaagse opvattings oor veroudering; die sosiologiese, sielkundige en fisiologiese prosesse van veroudering; ouderdomsverwante diskriminasie; finansiële aspekte van veroudering; die oënskynlike teenstrydigheid dat daar sowel welvaart as toenemende armoede in die verouderende bevolking is; onvanpaste seksuele uitdrukking by bejaardes; die idee van die Derde Leeftyd; en die strewe om die lewensduur van die mens te verleng. 'n Deeglike literatuuroorsig, die skrywer se persoonlike ervaring as ouer persoon en as mediese dokter wat oor vyf dekades strek, en die skrywer se kennis van etiek het bygedra tot hierdie toeganklike en insiggewende teks wat op 'n wye gehoor gemik is: enersyds gesondheidswerkers, versorgers, terapeute, etici en elke persoon wat ouer persone, professioneel en privaat, bystaan; andersyds elkeen wat worstel met die mees fundamentele bestaanskrisis, tewete veroudering. En dit is elkeen van ons.

More info →
X – die Kain simbool

X – die Kain simbool

R140.00eBook: R140.00

Wie is Apollo, en wat is sy verbintenis met gebeure in die laaste dae?

Indien ons uit 'n geloofsperspektief die eindtyd beter wil verstaan, maak dit sin om oorspronklike rebellie te bestudeer en 'n patroon vas te stel, soos die bose agenda van die vyand ontbloot word.

Deur ondersoek in te stel en die leidrade te volg, word dit duidelik waarom moderne simboliek en doelwitte die antieke weg van verwoesting volg; van dieselfde monumente tot 'n spesifieke fokus op die Nuwe Orde van die mensdom, en selfs die planeet Mars.

So word die gelowige gewaarsku teen spesifieke kenmerke, en kan ons die misleidende taktiek van die vyand herken.

More info →
God se bobbejaan

God se bobbejaan

R320.00eBook: R320.00

Die eerste is met ’n vermanende vinger en ’n streng gesig wat sê: “Praat die waarheid, my kind, want God het die waarheid lief.” Die tweede is met ’n swaar sug en ’n vraag die onbekende in: “Ja, ou wêreld, wat is jou waarde? ’n Kissie van plank ses voet onder die aarde.” Dit het hom intens bewus gemaak van hierdie konsepte. Is dit dan waar dat God ook die waarheid, dat die wêreld waardeloos is, lief het?

Sy vriend Josias het ander idees gehad, hom tot ander insigte probeer bring, maar Hannes het in sy naïwiteit vasgeskop: “Ja! Dan is ek God se bobbejaan. Laat ek dan bobbejaan wees wat nie verstaan nie en nie weet nie. Maar ek glo wat ek beleef het.”

Met kundigheid weef die skrywer, Johannes, ’n gesprek met homself deur die twee karakters te skep – Jo en Hannes.

More info →
Wenpaal

Wenpaal

R120.00eBook: R120.00

Om daagliks daaraan blootgestel te word bied unieke uitdagings en lei tot angstigheid.

Ons dien egter ‘n Lewende God wat by ons is ten einde ons in alle omstandighede by te staan. Nêrens beloof Hy om negatiewe omstandighede weg te neem nie, maar Hy sal saam met ons die storms trotseer.

Hierdie boekie, Wenpaal, bestaande uit 52 stukkies, het ten doel om God sigbaar te maak in alledaagse omstandighede, situasies en voorwerpe.

More info →
Gideon

Gideon

R160.00eBook: R100.00

Gideon het eerstehands beleef hoe God in die onmoontlike spesialiseer. Dit is vandag steeds die geval en die verhaal van Gideon wil vir ons wys dat God nooit verander nie. Hy doen steeds wonders deur gewone mense te gebruik.

More info →
Die kerk krisis

Die kerk krisis

R130.00eBook: R70.00

Hoe lyk die Nuwe Testament se model van die kerk en het ons oor tyd weggedryf van die ware kerk af? Wie is ons as gelowiges en wat is ons taak binne die kerkverband?

Waarom is profesie belangrik vir ons as gelowiges? Wie is Melgisedek, en waarom moet ons let op sy verhaal?

Hierdie vrae word beantwoord terwyl skrywer ontleed hoe hedendaagse gelowiges in die groter prent pas, waar die mens van koers af gegaan het, en hoe ons kan terugkeer na die waarheid en wil van God.

DIE KERK KRISIS vra vrae waarop so baie Christene antwoorde op soek.

More info →