Weersiens verby Emmaus
Hierdie skatkis wag om herontdek te word in die eenvoud van Weersiens verby Emmaus, ʼn kontemplatiewe rekonstruksie van die bekende Emmaus-verhaal in die Lukas-evangelie. Die hernieude blik op besinning in moderne tye is verfrissend. Geen Skrifverklaring bevredig as dit nie ook die taal van vlees en bloed praat nie. Twee dissipels uit Jesus se groter groep volgelinge kies na die kruisgebeure die hasepad Emmaus toe. Kleopas en sy mededissipel bevind hulle ontwetend in die briljante lig van die verrese Heiland. Hulle weet nie die Meester openbaar Hom soos hulle Hom sien nie, ʼn vreemdeling. Die vrae en uitsprake waarmee hulle worstel, weerspieël ook die mens se eksistensiële pyn. Die lewe is so te sê verborge kruisgebeure en vra ʼn ander soort verstaan – herkenning. Soos die verhaal ontvou, word die leser opgeneem in die mistieke onderbou en opbou na die klimaks wanneer die Emmaus-gangers die Vreemdeling herken in die breking van die Brood. Die gesprek in Weersiens verby Emmaus met Wie en Wat wag om herken te word, neem die leser hart brandende tot in die hede.
More info →Stap saam na die ewigheid
Sy wys aan hulle die Skeppergod se volmaakte liefde en genade wat gemaak het dat Hy sy perfekte Heilsplan – om die gevalle mens ná die sondeval weer tot ’n intieme verhouding met Hom te herstel – tot uitvoer gebring het deur sy geliefde Seun, Jesus Christus, se kruisdood. Jesus het die Wet en die Ou Verbond vervul en tree nou as Ewige Hoëpriester vir God se kinders in die Hemel in. Selfondersoekvrae aan die einde van elke hoofstuk moedig nadenke en ’n dieper verhouding met God aan.
More info →Besnydenis en die doop
Hy beklemtoon dat dit nie die gelowige doop is wat iemand red nie, maar besnydenis van die hart. Hy moedig mense aan om op te hou om in tradisie te leef, maar om hulself aan die Here te onderwerp en hiermee die Heilige Gees in hulle lewens nooi sodat hulle in hulle harte besny kan word.
Die doel van die boek is nie om ‘n skeuring tussen gelowiges te veroorsaak nie, maar eerder om die geestelike implikasies uit te lig onder die meeste Christene wat in die kleindoop glo, asook hoe belangrik ware geloof in Jesus Christus is. Die gelowige doop is slegs die uiterlike teken dat jy identifiseer met die dood, begrafnis en opstanding van Jesus Christus.
More info →As stilte praat
Daar is tans wêreldwyd ʼn herontdekking van die Christendom se kontemplatiewe en mistieke tradisie. As Stilte Praat, is die outobiografiese vertelling van ʼn gesprek – geestelike begeleiding – met ʼn Katolieke non. Dit dek ʼn belangrike en bepalende tydperk van 11 jaar in die skrywer se lewe, hy kom geestelik letterlik tot verhaal. Die gesprekke is merkwaardig, veelvlakkig, insiggewend en betekenisvol. Hy betree versigtig nuwe geestelike horisonne en gee ʼn vergesig op die verborge Christelike mistiek van geleidelike verdieping en rypwording. Die skrywer takel die harde werk van selfondersoek en oorpeinsing en delf algaande die uitnodiging na lewe sonder einde. Die Nederlanders praat van ʼn teks om “van stil te word”. As Stilte Praat spreek van deurleefde geestesaanskoue waar stilte, oorpeinsing en uitdagings sakramentele gereedskapsmiddele word vir dieper wese en wording. Kontemplasie gebeur inderdaad wanneer die stilte praat.
More info →X – die Kain simbool
Wie is Apollo, en wat is sy verbintenis met gebeure in die laaste dae?
Indien ons uit 'n geloofsperspektief die eindtyd beter wil verstaan, maak dit sin om oorspronklike rebellie te bestudeer en 'n patroon vas te stel, soos die bose agenda van die vyand ontbloot word.
Deur ondersoek in te stel en die leidrade te volg, word dit duidelik waarom moderne simboliek en doelwitte die antieke weg van verwoesting volg; van dieselfde monumente tot 'n spesifieke fokus op die Nuwe Orde van die mensdom, en selfs die planeet Mars.
So word die gelowige gewaarsku teen spesifieke kenmerke, en kan ons die misleidende taktiek van die vyand herken.
More info →My Gebed vir ‘n Boer Twee
Hierdie is ’n saamgestelde bundel met bydraes deur digters, skrywers, bekendes en Jan Alleman.
Die boek bevat ’n skatkis van gedigte, uitmuntende kortverhale en ware lewensverhale uit die pen van slagoffers.
Deurgaans is daar gebruik gemak van die tema – brood – die simbool van ons stapelvoedsel, maar ook die gebreekte liggaam van die Seun van ons Skepper.
Daar is selfs interessante broodresepte en ander boerekosresepte om ons te herinner aan die waarde wat ons heg aan die boer – die een wat ons voorsien van voedsel op ons tafel.
Skrywer, Nico Schamrel, het ’n liefdadigheidsplatform geskep, naamlik Ns. Liefdesdiens | Ns. Act of Love. Hierdie platform word gebruik om, deur middel van verskeie projekte, fondse vir liefdadigheid in te samel en is ’n niewinsgewende platform.
MY GEBED VIR ’N BOER TWEE is die tweede projek waarmee geld ingesamel word om ons boere en hul werkers te ondersteun.
More info →
Wenpaal
Om daagliks daaraan blootgestel te word bied unieke uitdagings en lei tot angstigheid.
Ons dien egter ‘n Lewende God wat by ons is ten einde ons in alle omstandighede by te staan. Nêrens beloof Hy om negatiewe omstandighede weg te neem nie, maar Hy sal saam met ons die storms trotseer.
Hierdie boekie, Wenpaal, bestaande uit 52 stukkies, het ten doel om God sigbaar te maak in alledaagse omstandighede, situasies en voorwerpe.
More info →Gideon
Gideon het eerstehands beleef hoe God in die onmoontlike spesialiseer. Dit is vandag steeds die geval en die verhaal van Gideon wil vir ons wys dat God nooit verander nie. Hy doen steeds wonders deur gewone mense te gebruik.
More info →Die kerk krisis
Hoe lyk die Nuwe Testament se model van die kerk en het ons oor tyd weggedryf van die ware kerk af? Wie is ons as gelowiges en wat is ons taak binne die kerkverband?
Waarom is profesie belangrik vir ons as gelowiges? Wie is Melgisedek, en waarom moet ons let op sy verhaal?
Hierdie vrae word beantwoord terwyl skrywer ontleed hoe hedendaagse gelowiges in die groter prent pas, waar die mens van koers af gegaan het, en hoe ons kan terugkeer na die waarheid en wil van God.
DIE KERK KRISIS vra vrae waarop so baie Christene antwoorde op soek.
More info →My stukkende wynkan
Ek het op my verlede gestagneer en na soveel jare bevind ek myself in ballingskap; verlate, seer en stukkend. Ek het die Here toegelaat om met Sy deursoekende oog die verrotte, stinkende self binne my aan die lig te bring - en innerlike herlewing het plaasgevind.
Vandag kan ek met lof getuig dat die glorie en die krag van God in my nietige menswees openbaar is terwyl my wynkan uitgegooi en stukkend geslaan is. Jeremia 48:11-12
Opgedra aan my pa: "Mavis my kind; jy moet nooit sonder die Here lewe nie."
More info →Vrygespreek
In teenstelling met baie dagstukkie bundels wat vandag op die mark beskikbaar is, is VRYGESPREEK ʼn poging om oordenkings met meer substansie te verskaf deur die Skrif – vers vir vers – deur te werk. Dit is nie bedoel om ʼn in-diepte Bybelstudie te wees nie, maar poog nietemin om agtergrond inligting en konteks te verskaf. Ten laaste is die gedagte egter om elke betrokke gedeelte ook toe te pas op die leser se omstandighede en ʼn boodskap vir elke dag daarin te vind. Die doel is om nie slegs inligting deur te gee nie, maar ook om so bietjie geestelike voedsel te verskaf wat die leser op sy of haar wandel met die Here kan gebruik. Die verwagting is dat dit die leser sal aanspoor om die Skrif meer in geheel te lees en te bestudeer, wat noodsaaklik is vir geestelike groei.
More info →Gids vir die gelowige
Bybelse waarhede word ondersoek, en belangrike vrae word beantwoord, soos bv. Waarom is ons hier en wat is ons taak op aarde?
Geestelike oorlogvoering is 'n belangrike onderwerp waarvan meeste gelowiges hopeloos te min weet. Die boek bevat kennis en strategie wat die gelowige bedags kan toepas in sy daaglikse soeke na lig in die donker.
More info →Liefde is ‘n kwadrupleeg
Die Psalms, Spreuke en Hooglied het ek oorgeslaan, want dit is gedigte op sigself. Dan het ek gekyk na die profete van Jesaja af tot by Maleagi en hoe baie van hulle profesieë vir ons dag en tyd ook nog ʼn boodskap kan hê.
Dit is almal geestelike gedigte. Ek het begin by die skepping en daarna geraak aan die wettisisme van die Ou Testament.
Die tyd tussen die Ou en Nuwe Testament wat ook die ballingskap insluit, het ek aangeraak en toe by die Nuwe Testament gekom van die geboorte van Christus af tot by sy dood en opstanding. Daarna het ek gedagtes probeer stimuleer oor hoe sy volgelinge nou veronderstel is om te lewe om sy boodskap uit te dra.
Die Haikoe aan die einde is maar ʼn voëlvlug oor die bundel en ek hou nogal daarvan om hulle te skryf, want dis een manier om baie met min woorde te sê.
More info →Belofte van beskerming
BELOFTE VAN BESKERMING -Tog, wanneer ons om ons kyk, lyk dit asof die werklikheid van geweld geen diskriminasie ken nie. Hierdie boek poog om ʼn perspektief te bring op die werking van ʼn vyand wat geen genade het nie en wat sy aanvalle loods vanuit ʼn onsigbare geesteswêreld. Ten einde dit wat op ʼn fisiese vlak in ons wêreld afspeel te kan verstaan, moet ons ʼn begrip hê van die geestelike oorsprong daarvan. Die leser word gewys op ʼn alternatief – die verbond wat God eeue gelede ingestel het met Sy volk [en kinders] en die hernieude verbond wat geskryf is in Jesus se bloed wat vandag nog, meer as ooit, geldig is – ʼn belofte van Sy beskerming vir dié wat na Sy weë wandel.
More info →












