Nog ‘n stomp op my vuur

Nog ‘n stomp op my vuur

R140.00
Author:
Genre: Digbundel
Tag: Aanbeveling

 

Reeds met die eerste gedig ‘gevange van herfs’ in Afdeling I word die leser blootgestel aan die dood. Tematies verskaf hierdie gedig, saam met die titel van die bundel, die sleutel tot die lees van die bundel. Vuur word dikwels aangewend as metafoor om verganklikheid en sterflikheid uit te beeld. Poëtiese hulpmiddels soos vergelykings en enjambemente word vernuftig gebruik. Die sentrale fokus deur al die Afdelings figureer die innerlike onvermoë van die digter om die emosionele gewaarwordings van menswees, die aftakeling van sy liggaam, asook die verdriet wat verbrokkelde verhoudings meebring te aanvaar. Die digter verklaar dan hierdie onvermoë in gedigte wat as ars poetica bestempel kan word, en wat as ‘n rigtingaanwyser vir hom dien. Die digter sluit die bundel af met die gedig ‘bitter liefde’ waarmee hy volsirkel bereik tussen verdriet, verganklikheid en haat.

More info →
Die liefde wen

Die liefde wen

R225.00eBook: R225.00

Inskrywings is van regoor die land ontvang en die bestes is gekies om deel te vorm van die bundel, saam met gedigte van 'n paar bekende skrywers, soos Bibi Slippers, Angie Gallagher en meer. Die eerste kompetisie en bundel het in 2017 verskyn as 'n projek deur Almero Welgemoed en Bouwer Bosch om aanhangers van die LiefdeWen handelsmerk aan te moedig om gedigte te skryf.

Die onderwerp en tema van beide bundels is "liefde" en skrywers kon die tema interpreteer soos hul wil.

DIe bundel is saamgestel deur sanger en liedjieskrywer Almero Welgemoed en Bouwer Bosch - die bekende Ghoema wenner, sanger en akteur.

More info →
Die laaste Psalm

Die laaste Psalm

R130.00eBook: R130.00

Hulle het na die Huis vir Afrikaanse poësie (HAP) in Capitalpark gekom, en kom nou nog, om nuwe verse van hulle en ander belangrike digters te verken, ook tekste uit ander tale soos Engels en veral Nederlands.

My kritiek op (slegs) die vormgewing help hulle telkens slyp aan wordende gedigte. Party het dit al vergelyk met houtwerk: skuur, skaaf, saag. Antjie Krog moedig digters aan om te snoei.

Die gedigte in hierdie bundel verwys soms na Niel se kennis van en belangstelling in hout, waar die liefde, geloof en beginselvastheid egter die botoon voer. Ons bring hulde aan ‘n digter van volwassenheid en deernis.

Dankie aan sy familie wat die gedigte in boekvorm bring. Daar is naas die droewigheid ook meermale vreugde uit die verse te put.

 

Ian Raper

 

NIEL VAN ASWEGEN (28/10/77 – 12/04/2022)

Dit was sy droom om eendag sy gedigte in ’n bundel te publiseer wanneer dit ‘goed genoeg’ is.

Op 12 April 2020 sterf Niel onverwags aan kanker, vóór hy hierdie droom van hom kon bewaarheid.

Met die hulp van sy ma Lettie en die kundigheid van die digter Ian Raper, sien sy bundel van uitsonderlike gedigte die lig.

Niel verdien ’n plek onder ons talentvolle digters en gee ons lewe aan sy passie vir digkuns. Mag sy sielswoorde ’n inspirasie wees aan almal wat dit lees.

Ons gee graag aan sy drome vlerke.

More info →
My gebed vir ‘n Boer

My gebed vir ‘n Boer

R140.00

Gebede word opgedra vir die beskerm van Suid-Afrika se boere en hul werkers, vir die mense van Suid-Afrika en daar word hulde gebring aan hulle wat ons van kos voorsien op ons tafels.

Hierdie boek is ’n liefdadigheidsprojek om fondse in te samel vir slagoffers van plaasaanvalle. Die verkope van die boek word daarvoor aangewend. Jou ondersteuning is van kosbare waarde om ander te help.

More info →
Woorde ytie dyne

Woorde ytie dyne

R140.00eBook: R100.00

Die sonsopkoms wanneer jy jou kop oor die rant lig en die donker na die anderkant toe druk. Dan vlug die nag na sy slaapplek. Die Here stort sy konfetti en seën so oor die aarde en jy kry sommer die reuk van die grond se parfuum.

Woorde ytie dyne is ’n versameling gedigte uit die pen van Pierre Erasmus.

More info →
Die stilte in my skree

Die stilte in my skree

R145.00eBook: R75.00

Die boodskap van vergifnis, opstaan, aangaan en laat gaan word deurgetrek in al die

gedigte en stories.

“Op reis in dig” wat die eerste tema in die boek is, is simbolies deel van meeste van die inhoud en wat ek glo elke leser se persoonlike reis in die lewe sal ligter maak en verryk.

Die stilte skree in my is ’n diverse versameling van gedigte en kort stories wat verskillende emosies en lewenservaringe kreatief uitbeeld.

More info →
Liefde is ‘n kwadrupleeg

Liefde is ‘n kwadrupleeg

R160.00eBook: R120.00

Die Psalms, Spreuke en Hooglied het ek oorgeslaan, want dit is gedigte op sigself. Dan het ek gekyk na die profete van Jesaja af tot by Maleagi en hoe baie van hulle profesieë vir ons dag en tyd ook nog ʼn boodskap kan hê.

Dit is almal geestelike gedigte. Ek het begin by die skepping en daarna geraak aan die wettisisme van die Ou Testament.

Die tyd tussen die Ou en Nuwe Testament wat ook die ballingskap insluit, het ek aangeraak en toe by die Nuwe Testament gekom van die geboorte van Christus af tot by sy dood en opstanding. Daarna het ek gedagtes probeer stimuleer oor hoe sy volgelinge nou veronderstel is om te lewe om sy boodskap uit te dra.

Die Haikoe aan die einde is maar ʼn voëlvlug oor die bundel en ek hou nogal daarvan om hulle te skryf, want dis een manier om baie met min woorde te sê.

More info →
Oomblikke in tyd

Oomblikke in tyd

R230.00 (posgeld ingesluit)eBook: R110.00

Daar is oomblikke in hierdie lewe wat die gordyne oopgaan en die ligte vol op jou skyn; en jy, gestroop van alle maskers, voorgee en probeer ontbloot word. In sulke oomblikke is dit dikwels moeilik om die emosie en chaos binne, aan die wêreld buite te verduidelik.

Met Oomblikke in tyd, 'n foto album in woord probeer die skrywer om sulke tydgrepe se naaktheid in woorde vas te vang. Dit is 'n album vol emosiefoto’s, momente waar die leser die weerloosheid van die hart op die verhoog kan beleef.

Die skrywer is 'n verpleegkundige wat dit probeer afneem wat sy in mense se oë raaksien: van die eerste sprikkel lewe op 'n sonarfoto, tot die hysbakdeure 'n geliefde 'n laaste keer insluk, en al die holderstebolder tydstippe tussenin.

Neem 'n oomblik en verdwaal tussen die foto’s, dit mag jou help om woorde te gee aan die moment wat al lankal nesgeskrop het, hier diep binne in jou wese.

More info →
Soos ‘n droom verby

Soos ‘n droom verby

R175.00eBook: R85.00

Aan elkeen van ons is ʼn beperkte hoeveelheid geskenk, met die opdrag om dit verantwoordelik te bestee.

Tyd bly seker dié kosbaarste kommoditeit van ons bestaan waarmee ons, ironies genoeg, baie verkwistend en roekeloos omgaan. Tot die dag dat jy ontnugter besef, skielik en onverwags: die lewe, soos sonlig, die seisoene en soos ʼn droom, is tydelik en van korte duur.

Hierdie versameling gedigte is ʼn viering van die lewe se vreugdes en verganklikheid deur die oë van onder meer ʼn kluisenaar, alkoholis, onvervulde oujongnooi, verbitterde romantikus, bibliofiel, sport-fanatikus, depressiewe enkeling en taalpuris. Die gedigte wil troos bied vir elke traan, hoop vir alle hartseer, genade vir gebrokenes en vrede vir die feilbares.

More info →
Uit hierdie Valkenburg

Uit hierdie Valkenburg

R165.00eBook: R75.00

Die apostrofiese gedigte in hierdie bundel is tereg opgedra aan 'n moeder, 'n ouma en alle sterk vroue daarbuite.

Die spreker se band met sy moeder wat hom met liefde en deernis grootmaak, word op abrupte wyse versteur wanneer ‘donker geeste … jou siel van my steel.’

Hierdie digbundel open die venster vir 'n kykie in  een van die donkerste hoekies van die spreker-digter se siel.

More info →
Oktoberkind

Oktoberkind

R150.00eBook: R68.00

Met die verskyning van haar bundel Oktoberkind, stel Magdalie Grobler haar talent as digter ongebonde ten toon. Haar gedigte vertolk die lewe onbevange, lig hier en daar die sluier op verborge gedagtes en emosies om die leser se hart saggies met welgekose woorde te omvou.

More info →
Spieëlbuis

Spieëlbuis

$190.00

Dit is ’n versameling gedigte en prosa wat mense insig kan bied oor die toestand en hoe dit manifesteer.

Spieëlbuis is afgelei van die woord kaleidoskoop, die toestel wat gedurende 1816 deur die Skotse wetenskaplike David Brewster (1781-1868) ontwerp is. Die naam van die toestel is saamgestel uit drie Griekse woorde: kálos: mooi, eidos: beeld en skopein: sien.
Drie spieëls word gerangskik as ’n driehoekige prisma, wat reflekteer op die kernsektor van ’n buis. Die hoekopstelling van die spieëls veroorsaak die vermenigvuldiging van beelde van die voorwerpe tussen die deurskynende glas. Minder of meer spieëls in die binnekantste buis verander die visuele beelde van die kaleidoskoop.
Met hierdie publikasie lig die skrywer die elemente van haar eie interne en eksterne realiteite uit en plaas dit binne ’n sigbuis van woorde, wat geskommel en gereflekteerd terugbons na die intro- en retrospektiewe kyker. Die nou-keurige opstel van gewaarwordinge teenoor mekaar, as die “sigspieëls” van tydlose spirituele elemente, geskakeer deur die tydelike, kontemporêre wêreld, word ’n kleurvolle en komplekse sosiale werklikheid.

 

More info →