Die laaste Psalm

Niel was lank ‘n gereelde en gewilde student aan die Versklas my weeklikse gesprekke met digters oor hulle werk.

Hulle het na die Huis vir Afrikaanse poësie (HAP) in Capitalpark gekom, en kom nou nog, om nuwe verse van hulle en ander belangrike digters te verken, ook tekste uit ander tale soos Engels en veral Nederlands.

My kritiek op (slegs) die vormgewing help hulle telkens slyp aan wordende gedigte. Party het dit al vergelyk met houtwerk: skuur, skaaf, saag. Antjie Krog moedig digters aan om te snoei.

Die gedigte in hierdie bundel verwys soms na Niel se kennis van en belangstelling in hout, waar die liefde, geloof en beginselvastheid egter die botoon voer. Ons bring hulde aan ‘n digter van volwassenheid en deernis.

Dankie aan sy familie wat die gedigte in boekvorm bring. Daar is naas die droewigheid ook meermale vreugde uit die verse te put.

 

Ian Raper

 

NIEL VAN ASWEGEN (28/10/77 – 12/04/2022)

Dit was sy droom om eendag sy gedigte in ’n bundel te publiseer wanneer dit ‘goed genoeg’ is.

Op 12 April 2020 sterf Niel onverwags aan kanker, vóór hy hierdie droom van hom kon bewaarheid.

Met die hulp van sy ma Lettie en die kundigheid van die digter Ian Raper, sien sy bundel van uitsonderlike gedigte die lig.

Niel verdien ’n plek onder ons talentvolle digters en gee ons lewe aan sy passie vir digkuns. Mag sy sielswoorde ’n inspirasie wees aan almal wat dit lees.

Ons gee graag aan sy drome vlerke.

Order Now!
About the Book
Details
Genres: Digbundel, Hoog aanbeveling, Prysbenoeming, Stergradering: Prima Goud
Tags: Digbundel, Hoog aanbeveel, Prysbenoeming, Stergradering: Prima Goud
Publisher: Ns. Skrywershuis
Publication Year: 2023
Format: Sagteband | eBoek | Mobi
Length: 75 bladsye
ISBN: 9780639787442
Rating:

List Price: R130.00
eBook Price: R130.00
Endorsements
So tragies om 'n digter met soveel talent te verloor, maar ook prysenswaardig dat sy woordkuns vlerke kry in hierdie uitsonderlike digbundel.
– Susan Kloppers
Hoe kan enige een dink hierdie gedigte is nie goed genoeg nie? Niel se aanslag op die digkuns spreek van talent, insig en 'n diep gevoel teenoor prosa en die poësie. Sy bydrae tot die digkuns is waarlik 'n pragtige erfenis.
– James Kroenich
Order Now