VAN NÊRENS NA ÊRENS
Haar ouers was trekboere wat skaap aangejaag het van staning tot uitspanplek, van weiding tot weiveld – altydmaar waar daar water is. Hoewel hulle bestaan moeilik was en van God se genadehand afhanklik, is die gesin relatief gelukkig en haar en Boetie se verhouding met Gert, hul aangenome Khoi-San broer, is kosbaar.
Kabous se verhouding met liewe Jesus is dié van intense belewing, veral in haar nagtelike drome. Haar geloof in die hemelse Vader is roerend wanneer sy bid vir water, vir reën, dat die skaap mekaar nie moet doodtrap wanneer hulle die reuk van water kry nie ...
En dan haar belewing van die Kalahari-veld en -duine, haar liefde vir Ruby, haar perd wat sy al op die ouderdom van vier jaar bloots ry sodat die salpeter in wit skuimbolle op hom staan! Haar liefde vir Oupie, en vir Pa en Ma en Boetie – ten spyte van haar vurige humeur wat met tye die bloed laat loop.
Kiewiet is ʼn veldkind, kind vir die ooptes en die duine, kind wat baie vrae vra en selfs meer oor baie dinge dink. Lydia wil nie skool toe gaan nie; die inperking van haar vryheid is ʼn lot wat sy swaar aan dra. Toe sy standerd vyf voltooi, jok sy oor haar afskeidsbrief van die skoolhoof aan haar ouers en maak of sy dit verloor het. Sy het nie. Sy en Ruby het die brief self oopgemaak en gelees ... en sy het dit fyn verflenter en vir die wind gegee. En sy hét matriek voltooi.
Min van Lydia-Kabous-Kiewiet se drome het tot volkomenheid gekom; vandag nog worstel sy met gevoelens en emosies oor gebeure wat sy eers later, soort van, verstaan het. Haar verhaal is hartwringend, vol emosie, maar ook gesaai met humor en verrassings. Niemand sal die boek neersit sonder om nog lank agterna, deur Kabous se lewe aangeraak te wees nie.
More info →Die laaste Psalm
Hulle het na die Huis vir Afrikaanse poësie (HAP) in Capitalpark gekom, en kom nou nog, om nuwe verse van hulle en ander belangrike digters te verken, ook tekste uit ander tale soos Engels en veral Nederlands.
My kritiek op (slegs) die vormgewing help hulle telkens slyp aan wordende gedigte. Party het dit al vergelyk met houtwerk: skuur, skaaf, saag. Antjie Krog moedig digters aan om te snoei.
Die gedigte in hierdie bundel verwys soms na Niel se kennis van en belangstelling in hout, waar die liefde, geloof en beginselvastheid egter die botoon voer. Ons bring hulde aan ‘n digter van volwassenheid en deernis.
Dankie aan sy familie wat die gedigte in boekvorm bring. Daar is naas die droewigheid ook meermale vreugde uit die verse te put.
Ian Raper
NIEL VAN ASWEGEN (28/10/77 – 12/04/2022)
Dit was sy droom om eendag sy gedigte in ’n bundel te publiseer wanneer dit ‘goed genoeg’ is.
Op 12 April 2020 sterf Niel onverwags aan kanker, vóór hy hierdie droom van hom kon bewaarheid.
Met die hulp van sy ma Lettie en die kundigheid van die digter Ian Raper, sien sy bundel van uitsonderlike gedigte die lig.
Niel verdien ’n plek onder ons talentvolle digters en gee ons lewe aan sy passie vir digkuns. Mag sy sielswoorde ’n inspirasie wees aan almal wat dit lees.
Ons gee graag aan sy drome vlerke.
More info →