VAN NÊRENS NA ÊRENS

Kabous, Kiewiet, Lydia – sy is een en dieselfde mens, maar nie altyd nie ... Haar verhaal begin in die Upington-distrik, gebore op ʼn plaas as die oudste kind.

Haar ouers was trekboere wat skaap aangejaag het van staning tot uitspanplek, van weiding tot weiveld – altydmaar waar daar water is. Hoewel hulle bestaan moeilik was en van God se genadehand afhanklik, is die gesin relatief gelukkig en haar en Boetie se verhouding met Gert, hul aangenome Khoi-San broer, is kosbaar.

Kabous se verhouding met liewe Jesus is dié van intense belewing, veral in haar nagtelike drome. Haar geloof in die hemelse Vader is roerend wanneer sy bid vir water, vir reën, dat die skaap mekaar nie moet doodtrap wanneer hulle die reuk van water kry nie ...

En dan haar belewing van die Kalahari-veld en -duine, haar liefde vir Ruby, haar perd wat sy al op die ouderdom van vier jaar bloots ry sodat die salpeter in wit skuimbolle op hom staan! Haar liefde vir Oupie, en vir Pa en Ma en Boetie – ten spyte van haar vurige humeur wat met tye die bloed laat loop.

Kiewiet is ʼn veldkind, kind vir die ooptes en die duine, kind wat baie vrae vra en selfs meer oor baie dinge dink. Lydia wil nie skool toe gaan nie; die inperking van haar vryheid is ʼn lot wat sy swaar aan dra. Toe sy standerd vyf voltooi, jok sy oor haar afskeidsbrief van die skoolhoof aan haar ouers en maak of sy dit verloor het. Sy het nie. Sy en Ruby het die brief self oopgemaak en gelees ... en sy het dit fyn verflenter en vir die wind gegee. En sy hét matriek voltooi.

Min van Lydia-Kabous-Kiewiet se drome het tot volkomenheid gekom; vandag nog worstel sy met gevoelens en emosies oor gebeure wat sy eers later, soort van, verstaan het. Haar verhaal is hartwringend, vol emosie, maar ook gesaai met humor en verrassings. Niemand sal die boek neersit sonder om nog lank agterna, deur Kabous se lewe aangeraak te wees nie.

Order Now!
About the Book
Details
Author:
Genres: Hoog aanbeveling, Nie-fiksie, Outobiografie, Stergradering: Prima Goud
Tags: Hoog aanbeveel, Nie-fiksie, Outobiografie, Premium Boek, Prysbenoeming, Stergradering: Prima Goud
Publisher: Ns. Skrywershuis
Publication Year: 2023
Format: Sagteband | eBoek | Mobi
Length: 405 bladsye
ISBN: 9780796109651
Rating:

List Price: R180.00
eBook Price: R180.00
Endorsements
Hierdie boek verdien 'n literêre benoeming! Sonder twyfel die beste boek wat ek hierdie jaar gelees het - en boonop 'n outobiografie wat heeltemal anders geskryf is in jou gewone verteltrant. Baie geluk aan die skrywer, Lydia Kabous.
Uitstekende geredigeerde boek. 'n Outobiografie wat mens tot op die been aanraak en jou sprakeloos laat. Lydia se lewensverhaal bring jou terug aarde toe, maar dit laat jou ook dink besin oor so baie dinge.
Order Now