Die Lig wat bly

Die Lig wat bly

R120.00eBook: R120.00

In eerlike verse reis hy terug deur die dekades om die mens en Goddelike  invloede wat hom gevorm het, te verken.

Hy reflekteer op gesin en gemeenskap, vreugde en seer en hoe God se lig hom deur die donker tye gelei het.

Die gedigte is gevorm uit emosies, neergepen met dankbaarheid en dienende aan sy Skepper.

More info →
Amperse stilte

Amperse stilte

R220.00

Sy gedig, Amperse Stilte, som die bundel soos volg op:

poësie is musiek sonder note

plesier en pyn

woordtakke met lote

druiwe en wyn

goed en kwaad

liefde en haat

papawersade

vrees en bravade

water en brood

lewe en dood

warmte en kilte

amperse stilte

 

Gedigte in Afrikaans, Nederlands, Engels, Frans en Latyn vergesel deur vertalings, vorm deel van hierdie besonderse bundel. Bruno is ’n Geakkrediteerde Professionele Vertaler (SAVI).

LEES UITTREKSEL: https://nskrywershuis.co.za/jou-koffiekroeg/

More info →
God kan

God kan

R180.00eBook: R180.00

Die engele het gewag om hom te kom haal. In sy laaste teug het hul ’n jubellied tot Hom gehoor. God Kan!

Tydens die uitgewer en Jean se gesels is daar besluit om inspirerende boodskappe van geloof en hoop in die bundel te plaas – ’n eerbetoning aan ander kankerlyers. Dit was Jean se laaste wens om ’n digbundel saam te stel, maar ongelukkig het die tyd hom ingehaal.

Met die samewerking van verskeie bekendes het die bundel ontstaan uit trooswoorde, geloofsoortuigings en ’n laaste groet.

Dit was ook sy wens dat die titel moet verwys na sy laaste album, God Kan – ’n boodskap wat Jean gereeld aan die publiek oorgedra het.

Hiermee dus ons eerbetoon aan die legendariese sanger, Jan  Bloukaas – Jean du Plessis.

More info →
Vinger in die stof

Vinger in die stof

R160.00

Gebedsgedagtes wat iets van sy geloofreis vertel. Ons is maar brose kleipotte en stofmense.  Ons probeer so dikwels die skerwe van ons lewe bymekaar hou.  God kom in Christus en bevestig keer op keer, ons “hou”, is in sy “vashou”, toegevou.

Jy sal saam met hom begeer om te leef met die wete dat ons op heilige grond staan.  Ja, ons is heilige grond.  In Christus deur die Gees opgebou om die huis en tempel van God te wees.

Mag die Gees jou kyk en luister verfyn, sodat jy saam met Hom die lewe kan dans, al word die dansvloer kleiner.

More info →
Die liefde wen

Die liefde wen

R225.00eBook: R225.00

Inskrywings is van regoor die land ontvang en die bestes is gekies om deel te vorm van die bundel, saam met gedigte van 'n paar bekende skrywers, soos Bibi Slippers, Angie Gallagher en meer. Die eerste kompetisie en bundel het in 2017 verskyn as 'n projek deur Almero Welgemoed en Bouwer Bosch om aanhangers van die LiefdeWen handelsmerk aan te moedig om gedigte te skryf.

Die onderwerp en tema van beide bundels is "liefde" en skrywers kon die tema interpreteer soos hul wil.

DIe bundel is saamgestel deur sanger en liedjieskrywer Almero Welgemoed en Bouwer Bosch - die bekende Ghoema wenner, sanger en akteur.

More info →
Die laaste Psalm

Die laaste Psalm

R130.00eBook: R130.00

Hulle het na die Huis vir Afrikaanse poësie (HAP) in Capitalpark gekom, en kom nou nog, om nuwe verse van hulle en ander belangrike digters te verken, ook tekste uit ander tale soos Engels en veral Nederlands.

My kritiek op (slegs) die vormgewing help hulle telkens slyp aan wordende gedigte. Party het dit al vergelyk met houtwerk: skuur, skaaf, saag. Antjie Krog moedig digters aan om te snoei.

Die gedigte in hierdie bundel verwys soms na Niel se kennis van en belangstelling in hout, waar die liefde, geloof en beginselvastheid egter die botoon voer. Ons bring hulde aan ‘n digter van volwassenheid en deernis.

Dankie aan sy familie wat die gedigte in boekvorm bring. Daar is naas die droewigheid ook meermale vreugde uit die verse te put.

 

Ian Raper

 

NIEL VAN ASWEGEN (28/10/77 – 12/04/2022)

Dit was sy droom om eendag sy gedigte in ’n bundel te publiseer wanneer dit ‘goed genoeg’ is.

Op 12 April 2020 sterf Niel onverwags aan kanker, vóór hy hierdie droom van hom kon bewaarheid.

Met die hulp van sy ma Lettie en die kundigheid van die digter Ian Raper, sien sy bundel van uitsonderlike gedigte die lig.

Niel verdien ’n plek onder ons talentvolle digters en gee ons lewe aan sy passie vir digkuns. Mag sy sielswoorde ’n inspirasie wees aan almal wat dit lees.

Ons gee graag aan sy drome vlerke.

More info →