Amperse stilte

’n Man met ’n hoed op ’n bank onder ’n boom langs ’n dam verlang in sepia. Dit is deels die uitgangspunt van Bruno Andries se digbundel.

Sy gedig, Amperse Stilte, som die bundel soos volg op:

poësie is musiek sonder note

plesier en pyn

woordtakke met lote

druiwe en wyn

goed en kwaad

liefde en haat

papawersade

vrees en bravade

water en brood

lewe en dood

warmte en kilte

amperse stilte

 

Gedigte in Afrikaans, Nederlands, Engels, Frans en Latyn vergesel deur vertalings, vorm deel van hierdie besonderse bundel. Bruno is ’n Geakkrediteerde Professionele Vertaler (SAVI).

LEES UITTREKSEL: https://nskrywershuis.co.za/jou-koffiekroeg/

Order Now!
About the Book
Details
Author:
Genre: Digbundel
Tags: Digbundel, Hoog aanbeveel, Stergradering: Prima Goud
Publisher: Ns. Skrywershuis
Publication Year: 2025
Format: Sagteband
Length: 237 bladsye
ISBN: 9781049212944
Rating:

List Price: R220.00
Order Now
About the Author
Bruno F.A. Andries

Die vertaler/digter/liriekskrywer Bruno F.A. Andries is gebore in Duffel (België) in 1960 en woon en werk sedert 1980 in Suid-Afrika. Hy het ʼn agtergrond in klassieke tale (Latyn en Grieks). Bruno is ʼn beëdigde vertaler vir Frans, Nederlands, Duits en Afrikaans. Dertien kinderverhale uit sy pen is op RSG voorgelees en verskeie van sy eie gedigte en vertaalde gedigte is reeds gepubliseer in Afrikaans, Engels en Nederlands. Hy het in 2022 Le Petit Prince in Afrikaans vertaal (Die Klein Prinsie).