
Vinger in die stof is Gerhard se uitsonderlike hartsgedigte.
Gebedsgedagtes wat iets van sy geloofreis vertel. Ons is maar brose kleipotte en stofmense. Ons probeer so dikwels die skerwe van ons lewe bymekaar hou. God kom in Christus en bevestig keer op keer, ons “hou”, is in sy “vashou”, toegevou.
Jy sal saam met hom begeer om te leef met die wete dat ons op heilige grond staan. Ja, ons is heilige grond. In Christus deur die Gees opgebou om die huis en tempel van God te wees.
Mag die Gees jou kyk en luister verfyn, sodat jy saam met Hom die lewe kan dans, al word die dansvloer kleiner.
Genres: Christelike ondertoon, Digbundel
Tags: Christelike ondertoon, Digbundel
Publisher: Ns. SKrywershuis
Publication Year: 2025
Format: Sagteband | Mobi
Length: 119 bladsye
ISBN: 9781997460282
Rating:
List Price: R160.00
Gerhard Olivier is in George gebore, het matrikuleer by die Hoërskool Oudtshoorn en teologie studeer aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy het grootgeword in ‘n huis waar beide sy ouers die Here gedien het en die begeerte om predikant te word, was van kleins af daar.
Hy is in 1980 getroud met Hester, ‘n onderwyseres. Twee seuns is uit hulle huwelik gebore. Hulle het pragtige kleinkinders wat vir hulle oneindige vreugde verskaf. Hulle was predikantspaar op Riebeek-Oos, Grahamstad, Paterson en Alicedale.
Na 30 jaar het Gerhard die bediening in 2013 verlaat nadat hy gediagnoseer is met Parkinson se siekte. Tans woon hulle op Hartenbos in ‘n versorgingsoord.