God kan
R180.00eBook: R180.00
Die engele het gewag om hom te kom haal. In sy laaste teug het hul ’n jubellied tot Hom gehoor. God Kan!
Tydens die uitgewer en Jean se gesels is daar besluit om inspirerende boodskappe van geloof en hoop in die bundel te plaas – ’n eerbetoning aan ander kankerlyers. Dit was Jean se laaste wens om ’n digbundel saam te stel, maar ongelukkig het die tyd hom ingehaal.
Met die samewerking van verskeie bekendes het die bundel ontstaan uit trooswoorde, geloofsoortuigings en ’n laaste groet.
Dit was ook sy wens dat die titel moet verwys na sy laaste album, God Kan – ’n boodskap wat Jean gereeld aan die publiek oorgedra het.
Hiermee dus ons eerbetoon aan die legendariese sanger, Jan Bloukaas – Jean du Plessis.
More info →