Nog ‘n stomp op my vuur

In Nog ‘n stomp op my vuur word die gedigte in vier afdelings ingedeel, naamlik: Nadenking (14), Pleitbriewe en Skuldbriewe (25), Wrokke (11) en Woordspore (29).

 

Reeds met die eerste gedig ‘gevange van herfs’ in Afdeling I word die leser blootgestel aan die dood. Tematies verskaf hierdie gedig, saam met die titel van die bundel, die sleutel tot die lees van die bundel. Vuur word dikwels aangewend as metafoor om verganklikheid en sterflikheid uit te beeld. Poëtiese hulpmiddels soos vergelykings en enjambemente word vernuftig gebruik. Die sentrale fokus deur al die Afdelings figureer die innerlike onvermoë van die digter om die emosionele gewaarwordings van menswees, die aftakeling van sy liggaam, asook die verdriet wat verbrokkelde verhoudings meebring te aanvaar. Die digter verklaar dan hierdie onvermoë in gedigte wat as ars poetica bestempel kan word, en wat as ‘n rigtingaanwyser vir hom dien. Die digter sluit die bundel af met die gedig ‘bitter liefde’ waarmee hy volsirkel bereik tussen verdriet, verganklikheid en haat.

Order Now!
About the Book
Details
Author:
Genre: Digbundel
Tag: Aanbeveling
Publisher: Ns. Skrywershuis
Publication Year: 2024
Format: Sagteband
Length: 92 bladsye
ISBN: 9780796168412
Rating:

List Price: R140.00
Endorsements
Hierdie gedigte kom uit die pen van 'n digter wat sy talente woeker - kundig verweefde sielswoorde en emosies. Ek wil graag een van sy gedigte uitlig – As ’n digter sterf. Hierdie gedig begin met die woorde: 'as herfstjello’s weerklink deur jou eike' – hierdie beskrywing is ’n nimlike klank van eensaamheid. Deurgaan vind die leser hierdie puik beskrywings. Welgedaan aan die digter.
Order Now
About the Author
Maruis Nigrini

Marius Nigrini is gebore op Winburg en matrikuleer aan die plaaslike Hoërskool in 1992. Hy het gestudeer aan die Technikon Vrystaat (Nasionale Diploma: Interne Ouditkunde). Later was hy werksaam by 'n Prokureurs-firma in Bloemfontein vir ongeveer 15 jaar. Die digter het ‘n passie en liefde vir die natuur en in sy gesonde jare het hy vele staproetes voltooi en gereeld SANParke besoek vir ontspanning. In 2001 is hy egter met ‘Ankylosing spondylitis (AS)’ gediagnoseer en as gevolg van hierdie mediese toestand moes hy gedwonge aftree einde 2014. ‘Nog ‘n stomp op my vuur’ is Marius se tweede digbundel. Hy is tans woonagtig in Upington.