Marius Nigrini is gebore op Winburg en matrikuleer aan die plaaslike Hoërskool in 1992. Hy het gestudeer aan die Technikon Vrystaat (Nasionale Diploma: Interne Ouditkunde). Later was hy werksaam by ‘n Prokureurs-firma in Bloemfontein vir ongeveer 15 jaar. Die digter het ‘n passie en liefde vir die natuur en in sy gesonde jare het hy vele staproetes voltooi en gereeld SANParke besoek vir ontspanning. In 2001 is hy egter met ‘Ankylosing spondylitis (AS)’ gediagnoseer en as gevolg van hierdie mediese toestand moes hy gedwonge aftree einde 2014. ‘Nog ‘n stomp op my vuur’ is Marius se tweede digbundel. Hy is tans woonagtig in Upington.

Nog ‘n stomp op my vuur

Nog ‘n stomp op my vuur

R140.00
Author:
Genre: Digbundel
Tag: Aanbeveling

 

Reeds met die eerste gedig ‘gevange van herfs’ in Afdeling I word die leser blootgestel aan die dood. Tematies verskaf hierdie gedig, saam met die titel van die bundel, die sleutel tot die lees van die bundel. Vuur word dikwels aangewend as metafoor om verganklikheid en sterflikheid uit te beeld. Poëtiese hulpmiddels soos vergelykings en enjambemente word vernuftig gebruik. Die sentrale fokus deur al die Afdelings figureer die innerlike onvermoë van die digter om die emosionele gewaarwordings van menswees, die aftakeling van sy liggaam, asook die verdriet wat verbrokkelde verhoudings meebring te aanvaar. Die digter verklaar dan hierdie onvermoë in gedigte wat as ars poetica bestempel kan word, en wat as ‘n rigtingaanwyser vir hom dien. Die digter sluit die bundel af met die gedig ‘bitter liefde’ waarmee hy volsirkel bereik tussen verdriet, verganklikheid en haat.

More info →