My liefde en passie vir skryf het op ‘n jong, onervare ouderdom begin. ‘n Ouderdom waar
gevoelens en emosie nog gevoel was en nie altyd gesê was nie. ‘n Ewe skielike stilte het
binne my begin skree die dag toe ek gedink het my stem, my woorde is permanent van my
af weggeneem.

Ek skryf graag en het ‘n diep en filosofiese uitkyk oor meeste goed in die lewe. Ek is soekend
na die versteekte betekenis agter woorde, mense en dinge. Dit is my natuur om mense te
motiveer, te lei en bietjie te druk om hulle doelwitte te bereik.

Ek is 35 jaar oud,‘n familie mens, vrou, mamma van twee kinders. My professionele
loopbaan as Oogkundige gee my daagliks die geleentheid om mense te help en ek het veral
‘n passie vir die pediatriese deel van Optometrie.

Ek hou van beplan, organiseer, sosialiseer en kan my emosies baie maklik kommunikeer.
Ek is ‘n perfeksionis wat daarvan hou om goed af te handel en gedoen te kry. Die deeglike
kant van my hou van struktuur en wil graag dit waaroor ek beheer het perfek deurvoer maar
my kreatiewe wese los my kop met los, onafgehandelde vrae wat my deur elke stukkie wat
ek neerpen, dra.

Ek respekteer en motiveer diversiteit en verstaan dat almal nie alles op dieselfde manier en
in dieselfde tyd kan doen nie, solank dit gedoen word!

Die stilte in my skree

Die stilte in my skree

R145.00eBook: R75.00

Die boodskap van vergifnis, opstaan, aangaan en laat gaan word deurgetrek in al die

gedigte en stories.

“Op reis in dig” wat die eerste tema in die boek is, is simbolies deel van meeste van die inhoud en wat ek glo elke leser se persoonlike reis in die lewe sal ligter maak en verryk.

Die stilte skree in my is ’n diverse versameling van gedigte en kort stories wat verskillende emosies en lewenservaringe kreatief uitbeeld.

More info →