By omdraai verby
Die versoeking om 'n dobbelkaartjie te koop, 'n karaoke-aand, die moeilike besluit van 'n dominee en mense wat in ‘glashuise’ woon. Wanneer 'n kwaai hond dreig, moet jy voete met vlerke hê en die liedjie Ou Ryperd kan laer stresvlakke tot gevolg hê. Om jou pa se luukse motor te leen, die ongewone fondsinsameling van skoolkinders, die bekoring van ’n kind vir 'n Morris Minor-motor en die liefde van 'n ouer vrou vir 'n jonger man. 'n Pendoring wat pla op wittebrood, en die betekenis van die kruis op die kruin vir 'n hawelose, - dit alles en nog meer saamgevat in hierdie DEBUUTBUNDEL KORTVERHALE VAN MARIE VAN WYK.
More info →Ontfrommel
Die ontvoeringsaak kry momentum. Zena en polisiemag lede beland in die mag van die bose Pete Scony en sy slagysters. Kaptein Jannes Jonker, Spesiale Taakmag soldaat, se hulp word ingeroep. Sy planne boemerang so erg dat hy hom in ʼn psigiatriese jas bevind. Uiteindelik kry die polisie die oorhand, maar steeds voel niemand veilig nie. Scony herinner die geregsdienaars voortdurend dat hy nie van hulle vergeet het nie. Die feit dat familiebetrekkinge ontdek word, laat Scony nie afsien van sy vergeldingsplanne nie. Scony ontsnap uit die gevangenis. Hel breek los.
More info →Woorde ytie dyne
Die sonsopkoms wanneer jy jou kop oor die rant lig en die donker na die anderkant toe druk. Dan vlug die nag na sy slaapplek. Die Here stort sy konfetti en seën so oor die aarde en jy kry sommer die reuk van die grond se parfuum.
Woorde ytie dyne is ’n versameling gedigte uit die pen van Pierre Erasmus.
More info →Fluitjieblaser of doofstomme
Dit is hoekom mense bang is om korrupsie te onthul. Dit is nie ’n maklike pad wat jy kies nie.
“Wat maak ’n man as die party waaraan hy geglo het, hom teleurstel en hard onder sy jis skop?
Ek het gevoel my party het my gefaal in my poging om korrupsie oop te krap. Ek het voor die algemene verkiesing effe bitter geluister na toesprake teen korrupsie. Is daar dan klein korrupsie en groot korrupsie?” – Kobus Hoffman
VOORWOORD
Hierdie is 'n boek, 'n grepie uit my lewe wat my as man net vir die beter verander het. Dis 'n geskiedenisboek, 'n terugblik op wat was (2007-2011). Tog 'n stukkie seer wat inspireer tot beter. 'n Getuienis van wat moontlik is as jy oorgee en in Yahweh se genade gaan skuiling vind.
Ek weet nie wat voorlê nie, maar ek weet dat ek meer as agt jaar aan die geveg gewy het. Dit was tuff, maar dit het my lewenservaring gegee wat geen universiteit kon bied nie.
Vir die wat ons te na gekom het, ek het julle vergewe. Ek hoop dat ander dit ook sal regkry. My wens vir julle is dat julle eendag julle harte sal versag en besef dat daardie inkomstes baie hartseer veroorsaak het en dat baie mense gebreek was deur julle dade.
TITEL - Fluitjieblaser of doofstomme. Dit titel is vanselfsprekend - moet mens die fluitjie blaas of moet mens eerder jouself doofhou?
Kobus Hoffman (Publieke figuur) - Facebook: https://www.facebook.com/HoffmanKobus
KYK OOK HIER: https://nskrywershuis.co.za/advertensieblad/
More info →Die stilte in my skree
Die boodskap van vergifnis, opstaan, aangaan en laat gaan word deurgetrek in al die
gedigte en stories.
“Op reis in dig” wat die eerste tema in die boek is, is simbolies deel van meeste van die inhoud en wat ek glo elke leser se persoonlike reis in die lewe sal ligter maak en verryk.
Die stilte skree in my is ’n diverse versameling van gedigte en kort stories wat verskillende emosies en lewenservaringe kreatief uitbeeld.
More info →Jy Kan!
Rhita Coetzee, ‘n tutor met meer as 20 jaar ondervinding in die aanbieding van lesings oor effektiewe studiemetodes lei studente en leerders om leesvermoë te verbeter en opsommings te maak. Sy gee ook wenke hoe om die studieproses en veral die eksamenmonster vreesloos aan te pak. Hierdie handleiding is ’n moet vir leerders en ander leergieriges.
JY KAN! meer effektief studeer.
More info →Mossievlug
Wanneer ken ʼn mens iemand werklik en hoe ver sal jy gaan om jou liefde te beskerm?
Soms het selfs ʼn mossie geen ander uitweg nie as om te vlug.
'n Onverwagse en verrassende ontknoping is beslis gewaarborg.
More info →Spieëlbuis
Dit is ’n versameling gedigte en prosa wat mense insig kan bied oor die toestand en hoe dit manifesteer.
Spieëlbuis is afgelei van die woord kaleidoskoop, die toestel wat gedurende 1816 deur die Skotse wetenskaplike David Brewster (1781-1868) ontwerp is. Die naam van die toestel is saamgestel uit drie Griekse woorde: kálos: mooi, eidos: beeld en skopein: sien.
Drie spieëls word gerangskik as ’n driehoekige prisma, wat reflekteer op die kernsektor van ’n buis. Die hoekopstelling van die spieëls veroorsaak die vermenigvuldiging van beelde van die voorwerpe tussen die deurskynende glas. Minder of meer spieëls in die binnekantste buis verander die visuele beelde van die kaleidoskoop.
Met hierdie publikasie lig die skrywer die elemente van haar eie interne en eksterne realiteite uit en plaas dit binne ’n sigbuis van woorde, wat geskommel en gereflekteerd terugbons na die intro- en retrospektiewe kyker. Die nou-keurige opstel van gewaarwordinge teenoor mekaar, as die “sigspieëls” van tydlose spirituele elemente, geskakeer deur die tydelike, kontemporêre wêreld, word ’n kleurvolle en komplekse sosiale werklikheid.
More info →