Spieëlbuis

Spieëlbuis is die spreekbuis vir diegene wat met Bipolêre gemoedsversteuring saamleef.

Dit is ’n versameling gedigte en prosa wat mense insig kan bied oor die toestand en hoe dit manifesteer.

Spieëlbuis is afgelei van die woord kaleidoskoop, die toestel wat gedurende 1816 deur die Skotse wetenskaplike David Brewster (1781-1868) ontwerp is. Die naam van die toestel is saamgestel uit drie Griekse woorde: kálos: mooi, eidos: beeld en skopein: sien.
Drie spieëls word gerangskik as ’n driehoekige prisma, wat reflekteer op die kernsektor van ’n buis. Die hoekopstelling van die spieëls veroorsaak die vermenigvuldiging van beelde van die voorwerpe tussen die deurskynende glas. Minder of meer spieëls in die binnekantste buis verander die visuele beelde van die kaleidoskoop.
Met hierdie publikasie lig die skrywer die elemente van haar eie interne en eksterne realiteite uit en plaas dit binne ’n sigbuis van woorde, wat geskommel en gereflekteerd terugbons na die intro- en retrospektiewe kyker. Die nou-keurige opstel van gewaarwordinge teenoor mekaar, as die “sigspieëls” van tydlose spirituele elemente, geskakeer deur die tydelike, kontemporêre wêreld, word ’n kleurvolle en komplekse sosiale werklikheid.

 

Order Now!
About the Book
Details
Author:
Genres: Digbundel, Prosa- en digbundel, Stergradering: GOUD, Top aanbeveling
Tags: Hoog aanbeveel, Prosa- en digbundel, Stergradering: Prima Goud
Publisher: Kreativ SA
Publication Year: 2021
Format: Sagteband
Length: 94 Bladsye
ISBN: 9781928478874
Rating:

List Price: 190.00
Order Now