Jy Kan!

As gebrek aan konsentrasie tydens eksamentyd, probleme met die leerproses en studie in die algemeen jou hoofbrekens besorg, is hierdie studiehandleiding ‘n stap in die regte rigting.

Rhita Coetzee, ‘n tutor met meer as 20 jaar ondervinding in die aanbieding van lesings oor effektiewe studiemetodes lei studente en leerders om leesvermoë te verbeter en opsommings te maak. Sy gee ook wenke hoe om die studieproses en veral die eksamenmonster vreesloos aan te pak. Hierdie handleiding is ’n moet vir leerders en ander leergieriges.

JY KAN! meer effektief studeer.

Order Now!
About the Book

AANBEVELING:

Jy Kan! is een van die mees praktiese studiehandleiding wat ek ten sterktste aanbeveel. Met praktiese oefeninge en uitstekende hulpmiddels, bied dit enige leerder die gulde geleentheid om sy/haar konsentrasie te verbeter en die leerproses te vergemaklik. Die boek beskik oor goeie illustrasies en is maklik om te bestudeer, sonder om jou hoofbrekings te gee.

Dit is hoogtyd dat daar ‘n handleiding is, om leerders te help ontwikkel – iets wat onderwysers nie voor tyd kry nie. Ek sal dit veral aanbeveel vir enige skoliere, skoolbiblioteke en opleidingsinstansies.

C. Horrmann, Skoolsielkundige vir spesiale skoolonderrig.

Details
Endorsements
My eindeksamen was 'n breeze - elke vraestel het ek met oorgawe aangepak. Dankie, juffrou Coetzee vir hierdie hulp. Ek het so baie geleer!
Order Now
About the Author
Rhita Coetzee

Rhita Coetzee is ‘n tutor met meer as 20 jaar ondervinding in die aanbieding van lesings oor effektiewe studiemetodes.
Sy is ‘n oud-leerling van Potchefstroom Gimnasium en verwerf haar Hoër Onderwys diploma aan die PU vir CHO, vandag bekend as die Noordwes Universiteit. Sy het ook ‘n diploma in Kleinsakebestuur wat sy aan die Sakeskool van Noordwes Universiteit verwerf het. Behalwe haar passie om leerders te help om meer effektief te studier, bestuur sy ook haar eie onderneming, Admin Partner. Alhoewel sy in Kempton Park woon, is haar hartsplek is hulle familieplaas in die Vryburg distrik, waar sy deeltyds saam met haar suster met beeste boer.
JY KAN het ontstaan uit ondervinding wat sy deur die jare opgedoen het oor wat vir leerders in die praktyk werk. JY KAN is dus ‘n praktiese studiehandleiding wat studente van alle ourdeomme riglyne gee oor hoe om meer effektief te studeer.