As stilte praat
Daar is tans wêreldwyd ʼn herontdekking van die Christendom se kontemplatiewe en mistieke tradisie. As Stilte Praat, is die outobiografiese vertelling van ʼn gesprek – geestelike begeleiding – met ʼn Katolieke non. Dit dek ʼn belangrike en bepalende tydperk van 11 jaar in die skrywer se lewe, hy kom geestelik letterlik tot verhaal. Die gesprekke is merkwaardig, veelvlakkig, insiggewend en betekenisvol. Hy betree versigtig nuwe geestelike horisonne en gee ʼn vergesig op die verborge Christelike mistiek van geleidelike verdieping en rypwording. Die skrywer takel die harde werk van selfondersoek en oorpeinsing en delf algaande die uitnodiging na lewe sonder einde. Die Nederlanders praat van ʼn teks om “van stil te word”. As Stilte Praat spreek van deurleefde geestesaanskoue waar stilte, oorpeinsing en uitdagings sakramentele gereedskapsmiddele word vir dieper wese en wording. Kontemplasie gebeur inderdaad wanneer die stilte praat.
More info →Bemeester veroudering!
Met verwysing na historiese insigte en 'n wye verwysingsraamwerk, ondersoek dit die ontwikkeling van hedendaagse opvattings oor veroudering; die sosiologiese, sielkundige en fisiologiese prosesse van veroudering; ouderdomsverwante diskriminasie; finansiële aspekte van veroudering; die oënskynlike teenstrydigheid dat daar sowel welvaart as toenemende armoede in die verouderende bevolking is; onvanpaste seksuele uitdrukking by bejaardes; die idee van die Derde Leeftyd; en die strewe om die lewensduur van die mens te verleng. 'n Deeglike literatuuroorsig, die skrywer se persoonlike ervaring as ouer persoon en as mediese dokter wat oor vyf dekades strek, en die skrywer se kennis van etiek het bygedra tot hierdie toeganklike en insiggewende teks wat op 'n wye gehoor gemik is: enersyds gesondheidswerkers, versorgers, terapeute, etici en elke persoon wat ouer persone, professioneel en privaat, bystaan; andersyds elkeen wat worstel met die mees fundamentele bestaanskrisis, tewete veroudering. En dit is elkeen van ons.
More info →X – die Kain simbool
Wie is Apollo, en wat is sy verbintenis met gebeure in die laaste dae?
Indien ons uit 'n geloofsperspektief die eindtyd beter wil verstaan, maak dit sin om oorspronklike rebellie te bestudeer en 'n patroon vas te stel, soos die bose agenda van die vyand ontbloot word.
Deur ondersoek in te stel en die leidrade te volg, word dit duidelik waarom moderne simboliek en doelwitte die antieke weg van verwoesting volg; van dieselfde monumente tot 'n spesifieke fokus op die Nuwe Orde van die mensdom, en selfs die planeet Mars.
So word die gelowige gewaarsku teen spesifieke kenmerke, en kan ons die misleidende taktiek van die vyand herken.
More info →God se bobbejaan
Die eerste is met ’n vermanende vinger en ’n streng gesig wat sê: “Praat die waarheid, my kind, want God het die waarheid lief.” Die tweede is met ’n swaar sug en ’n vraag die onbekende in: “Ja, ou wêreld, wat is jou waarde? ’n Kissie van plank ses voet onder die aarde.” Dit het hom intens bewus gemaak van hierdie konsepte. Is dit dan waar dat God ook die waarheid, dat die wêreld waardeloos is, lief het?
Sy vriend Josias het ander idees gehad, hom tot ander insigte probeer bring, maar Hannes het in sy naïwiteit vasgeskop: “Ja! Dan is ek God se bobbejaan. Laat ek dan bobbejaan wees wat nie verstaan nie en nie weet nie. Maar ek glo wat ek beleef het.”
Met kundigheid weef die skrywer, Johannes, ’n gesprek met homself deur die twee karakters te skep – Jo en Hannes.
More info →See-Oupa en die Seehaaie – Boek 1
Ouderdom 6-10
See-Oupa en die Seehaaie – Boek 1
Die monsterhaai wil Dawid opvreet.
Het jy al ooit daaraan gedink dat jy vinniger as ’n dolfyn moet swem om uit ’n monsterhaai se tande te bly? Dit het Dawid geleer.
Het jy al oot daaraan gedink om op die rug van dolfyne in die see te ry? Soos Rudolf gemaak het.
Wat leer ons uit hierdie boek?
- Ons moet by reëls hou. Wanneer ons dit nie doen nie, kan ons in allerhande penaries beland soos Dawid en Rudolf albei agtergekom het.
- Ons moet gehoorsaam wees. Daar is mense om ons wat ons liefhet en vir ons goeie raad gee.
- Ons moet probeer om goeie besluite te neem; maar as die besluit nie werk nie, neem ons dit net weer oor. Foute wat ons maak, bring ons nie aan die einde van die wêreld nie. Ons maak almal foute.
- Wanneer ons in die moeilikheid beland, mag ons maar bang wees. Dit is nie ’n skande om bang te wees nie. Maar met oorleg en dapper wees kan ons die probleem te bowe kom. So het Dawid geleer om te sê: “Ek is dapper, maar nie dom nie.” En so het hy uit die haai se tande ontvlug.
Verder leer die boek ons dat die wêreld om ons wemel van interessante dinge. Ons moet ondersoek, navors en altyd nuwe dinge leer.
More info →My Gebed vir ‘n Boer Twee
Hierdie is ’n saamgestelde bundel met bydraes deur digters, skrywers, bekendes en Jan Alleman.
Die boek bevat ’n skatkis van gedigte, uitmuntende kortverhale en ware lewensverhale uit die pen van slagoffers.
Deurgaans is daar gebruik gemak van die tema – brood – die simbool van ons stapelvoedsel, maar ook die gebreekte liggaam van die Seun van ons Skepper.
Daar is selfs interessante broodresepte en ander boerekosresepte om ons te herinner aan die waarde wat ons heg aan die boer – die een wat ons voorsien van voedsel op ons tafel.
Skrywer, Nico Schamrel, het ’n liefdadigheidsplatform geskep, naamlik Ns. Liefdesdiens | Ns. Act of Love. Hierdie platform word gebruik om, deur middel van verskeie projekte, fondse vir liefdadigheid in te samel en is ’n niewinsgewende platform.
MY GEBED VIR ’N BOER TWEE is die tweede projek waarmee geld ingesamel word om ons boere en hul werkers te ondersteun.
More info →
Wenpaal
Om daagliks daaraan blootgestel te word bied unieke uitdagings en lei tot angstigheid.
Ons dien egter ‘n Lewende God wat by ons is ten einde ons in alle omstandighede by te staan. Nêrens beloof Hy om negatiewe omstandighede weg te neem nie, maar Hy sal saam met ons die storms trotseer.
Hierdie boekie, Wenpaal, bestaande uit 52 stukkies, het ten doel om God sigbaar te maak in alledaagse omstandighede, situasies en voorwerpe.
More info →Gideon
Gideon het eerstehands beleef hoe God in die onmoontlike spesialiseer. Dit is vandag steeds die geval en die verhaal van Gideon wil vir ons wys dat God nooit verander nie. Hy doen steeds wonders deur gewone mense te gebruik.
More info →Die kerk krisis
Hoe lyk die Nuwe Testament se model van die kerk en het ons oor tyd weggedryf van die ware kerk af? Wie is ons as gelowiges en wat is ons taak binne die kerkverband?
Waarom is profesie belangrik vir ons as gelowiges? Wie is Melgisedek, en waarom moet ons let op sy verhaal?
Hierdie vrae word beantwoord terwyl skrywer ontleed hoe hedendaagse gelowiges in die groter prent pas, waar die mens van koers af gegaan het, en hoe ons kan terugkeer na die waarheid en wil van God.
DIE KERK KRISIS vra vrae waarop so baie Christene antwoorde op soek.
More info →Vrygespreek
In teenstelling met baie dagstukkie bundels wat vandag op die mark beskikbaar is, is VRYGESPREEK ʼn poging om oordenkings met meer substansie te verskaf deur die Skrif – vers vir vers – deur te werk. Dit is nie bedoel om ʼn in-diepte Bybelstudie te wees nie, maar poog nietemin om agtergrond inligting en konteks te verskaf. Ten laaste is die gedagte egter om elke betrokke gedeelte ook toe te pas op die leser se omstandighede en ʼn boodskap vir elke dag daarin te vind. Die doel is om nie slegs inligting deur te gee nie, maar ook om so bietjie geestelike voedsel te verskaf wat die leser op sy of haar wandel met die Here kan gebruik. Die verwagting is dat dit die leser sal aanspoor om die Skrif meer in geheel te lees en te bestudeer, wat noodsaaklik is vir geestelike groei.
More info →Jy Kan!
Rhita Coetzee, ‘n tutor met meer as 20 jaar ondervinding in die aanbieding van lesings oor effektiewe studiemetodes lei studente en leerders om leesvermoë te verbeter en opsommings te maak. Sy gee ook wenke hoe om die studieproses en veral die eksamenmonster vreesloos aan te pak. Hierdie handleiding is ’n moet vir leerders en ander leergieriges.
JY KAN! meer effektief studeer.
More info →Gids vir die gelowige
Bybelse waarhede word ondersoek, en belangrike vrae word beantwoord, soos bv. Waarom is ons hier en wat is ons taak op aarde?
Geestelike oorlogvoering is 'n belangrike onderwerp waarvan meeste gelowiges hopeloos te min weet. Die boek bevat kennis en strategie wat die gelowige bedags kan toepas in sy daaglikse soeke na lig in die donker.
More info →Liefde is ‘n kwadrupleeg
Die Psalms, Spreuke en Hooglied het ek oorgeslaan, want dit is gedigte op sigself. Dan het ek gekyk na die profete van Jesaja af tot by Maleagi en hoe baie van hulle profesieë vir ons dag en tyd ook nog ʼn boodskap kan hê.
Dit is almal geestelike gedigte. Ek het begin by die skepping en daarna geraak aan die wettisisme van die Ou Testament.
Die tyd tussen die Ou en Nuwe Testament wat ook die ballingskap insluit, het ek aangeraak en toe by die Nuwe Testament gekom van die geboorte van Christus af tot by sy dood en opstanding. Daarna het ek gedagtes probeer stimuleer oor hoe sy volgelinge nou veronderstel is om te lewe om sy boodskap uit te dra.
Die Haikoe aan die einde is maar ʼn voëlvlug oor die bundel en ek hou nogal daarvan om hulle te skryf, want dis een manier om baie met min woorde te sê.
More info →Die toorboom
En sy ma is nie meer daar om hom te troos nie. Buitendien is hy net so bang vir die toorboom soos sy maats. Maar wat hulle nie weet nie en wat Armand sommer gou sal uitvind, is dat bome nie altyd sommer net bome is nie ...
More info →Girlie
Drienie mis haar mamma. Sy moet ’n item by die skoolkonsert lewer, maar sy is tog so skaam en word by die skool gespot.
Maar Drienie het ’n lappop, ’n troospop. Saam leer hulle die spottende skoolmaats 'n goeie les.
More info →Belofte van beskerming
BELOFTE VAN BESKERMING -Tog, wanneer ons om ons kyk, lyk dit asof die werklikheid van geweld geen diskriminasie ken nie. Hierdie boek poog om ʼn perspektief te bring op die werking van ʼn vyand wat geen genade het nie en wat sy aanvalle loods vanuit ʼn onsigbare geesteswêreld. Ten einde dit wat op ʼn fisiese vlak in ons wêreld afspeel te kan verstaan, moet ons ʼn begrip hê van die geestelike oorsprong daarvan. Die leser word gewys op ʼn alternatief – die verbond wat God eeue gelede ingestel het met Sy volk [en kinders] en die hernieude verbond wat geskryf is in Jesus se bloed wat vandag nog, meer as ooit, geldig is – ʼn belofte van Sy beskerming vir dié wat na Sy weë wandel.
More info →Archie, die dapper hondjie
Hy word ’n siek seuntjie se beste maat.
Met baie liefde en deur te glo, word die seun gesond én op ’n wonderlike manier word Archie ook gehelp.
Liefde en bid maak alles reg, ook ’n stukkende lyfie ...
Hierdie verhaal is geskryf om gestremde kindertjies antwoord op hul vragies te gee. Volgens die skrywer se wete sal hierdie die eerste Afrikaanse boekie van die aard.
Die boekie word opgedra aan die skrywer se dapper, lewensblye kleinseun, Wico, asook sy ewe dapper en vreeslose mamma Christelle, wat niks toelaat om haar onder te kry nie – omdat sy so vashou aan haar geloof.
More info →