Vat Bipolêr Vas!

Het mense jou al veroordeel en teen jou gediskrimineer net omdat jy Bipolêr is?

Het jy al so slim gevoel dat jy berge kan versit en daarna die diep donker gat van depressie ervaar waaruit jy net nie kan kom nie?

Hierdie boek is nie net vir bipolêre mense nie, maar ook vir depressielyers. Jou familie en ander mense verstaan nie jou toestand nie en weet nie hoe om teenoor jou op te tree nie. Kom stap saam op my persoonlike reis waar my ergste mania ʼn ernstige motorongeluk was en ek die diepste gat van depressie ervaar het. Die hoop en bestuur van jou gemoedstoestand word in hierdie boek beskryf. Ek het vasvat riglyne ontdek wat my gehelp het om Bipolêr te bestuur, my gemoedstoestand vas te vat en ander mense te help om Bipolêr beter te verstaan.

Om bipolêr te wees, is nie ʼn skande of teken van swakheid nie. Dit is die lekkerste gevoel wanneer jy absoluut gelukkig en manies voel, ’n gevoel wat jy vir niemand kan beskryf nie. Dit kan ongelukkig ook gevolge hê as dit nie reg bestuur word nie.

Om egter uit die maniese gevoel en die gat van depressie te kom, het jy hulp nodig sodat jy ’n kwaliteit- en goedbestuurde lewe kan hê. Jy kan “cope” daarmee, mense se opinies verander en onthou: “Yes, you can do it!”

Order Now!
About the Book
Details
Author:
Genres: Inspirerend, Motiverend, Nie-fiksie
Tags: Aanbeveling, Inspirerend, Motiverend, Nie-fiksie
Publisher: Ns. Skrywershuis
Publication Year: 2026
Format: Sagteband | Mobi
Length: 158 bladsye
ISBN: 9781049285931
Rating:

List Price: R190.00
eBook Price: R190.00
Order Now
About the Author
Carina Theunissen

Carina Theunissen skryf uit eie ondervinding as 'n hulpbron om lig te werp op bipolêr, maar ook om ander te help om dit te verstaan en raad te gee om daarmee saam te leef.