Driekie Grobler, tans woonagtig te Pretoria. Vryskutskrywer/digter en gekwalifiseerde proefleser/redigeerder. Beoordelaar vir digkompetisies. Het reeds 4 digbundels, 5 inspirasie boeke en 3 kinderboeke gepubliseer. Haar passie is om ander skrywers en digters te help om hul werk te slyp.
Van Hanekraai tot Briekaandraai
R180.00eBook: R180.00
Die lewe loop sy loop met ons, hetsy reguit of krom paaie. Soms oor hoë berge en deur diep valleie. Deur fyn waarneming leer ons waardevolle lesse wat die koers van ons rigting soms verander. Hoe dit ook al sy, ons word gebore om van kind tot volwassene te gedy. Met alles wat gebeur, van begin tot einde, leef ons daagliks deur genade om uiteindelik, na al die swoeg en sweet, te besef hoe kosbaar lewe werklik is.
More info →