See-Oupa en die Seehaaie – Boek 1

See-Oupa en die Seehaaie – Boek 1

R170.00eBook: R170.00

Ouderdom 6-10

See-Oupa en die Seehaaie – Boek 1

Die monsterhaai wil Dawid opvreet.

Het jy al ooit daaraan gedink dat jy vinniger as ’n dolfyn moet swem om uit ’n monsterhaai se tande te bly? Dit het Dawid geleer.

Het jy al oot daaraan gedink om op die rug van dolfyne in die see te ry? Soos Rudolf gemaak het.

 

Wat leer ons uit hierdie boek?

  1. Ons moet by reëls hou. Wanneer ons dit nie doen nie, kan ons in allerhande penaries beland soos Dawid en Rudolf albei agtergekom het.
  2. Ons moet gehoorsaam wees. Daar is mense om ons wat ons liefhet en vir ons goeie raad gee.
  3. Ons moet probeer om goeie besluite te neem; maar as die besluit nie werk nie, neem ons dit net weer oor. Foute wat ons maak, bring ons nie aan die einde van die wêreld nie. Ons maak almal foute.
  4. Wanneer ons in die moeilikheid beland, mag ons maar bang wees. Dit is nie ’n skande om bang te wees nie. Maar met oorleg en dapper wees kan ons die probleem te bowe kom. So het Dawid geleer om te sê: “Ek is dapper, maar nie dom nie.” En so het hy uit die haai se tande ontvlug.

Verder leer die boek ons dat die wêreld om ons wemel van interessante dinge. Ons moet ondersoek, navors en altyd nuwe dinge leer.

More info →
Die prinses in die glaskas

Die prinses in die glaskas

R150.00eBook: R100.00

Maar wat gebeur as Prinses Tienkie skielik siek word?  Hoe gebeur dit dat sy in 'n glaskas beland?  Kom lees saam oor die manewales van Prinses Tienkie en ontmoet die Goeie Fee en Kallie Kabouter.

More info →
Konfytjie

Konfytjie

R120.00

KONFYTJIE is kinderhumor teen 'n kinderhuis agtergrond.

Die verhaal:

Om agtuur soggens loop vrolike kleuters van die kinderhuis wat deur hul versorgers mooi aangetrek is, met hulle heerlike kospakkies in hulle rugsakkies in rye na die kleuterskool wat op die kinderhuis se perseel is. Hier ontvang die kleuters van agtuur tot twaalfuur soggens opvoedkundige onderrig

Die seuntjie waaroor konfytjies storie geskryf is, het soms in die dogtershuis se lang gang op ’n dogtertjie se pienk fietsie gery en ’n lekker grondboontjiebotter-en-konfytbroodjie geniet. Die versorger was aangespreek oor die seuntjie wat soms so in die dogtershuis kuier. Dit is nie toelaatbaar nie.

Die seuntjie het tog onthou wat sy ogies gesien het, en het toe kom aanklop by die dogtershuis se deur.

Besoek ons aanlyn winkel vir die additionele boekies in die reeks, by: https://nskrywershuis.co.za/jou-boekwinkel-jou-uitgewer/

FACEBOOK: https://www.facebook.com/groups/441747287047528

More info →