Weersiens verby Emmaus

Weersiens verby Emmaus

R175.00eBook: R175.00

Hierdie skatkis wag om herontdek te word in die eenvoud van Weersiens verby Emmaus, ʼn kontemplatiewe rekonstruksie van die bekende Emmaus-verhaal in die Lukas-evangelie. Die hernieude blik op besinning in moderne tye is verfrissend. Geen Skrifverklaring bevredig as dit nie ook die taal van vlees en bloed praat nie. Twee dissipels uit Jesus se groter groep volgelinge kies na die kruisgebeure die hasepad Emmaus toe. Kleopas en sy mededissipel bevind hulle ontwetend in die briljante lig van die verrese Heiland. Hulle weet nie die Meester openbaar Hom soos hulle Hom sien nie, ʼn vreemdeling. Die vrae en uitsprake waarmee hulle worstel, weerspieël ook die mens se eksistensiële pyn. Die lewe is so te sê verborge kruisgebeure en vra ʼn ander soort verstaan – herkenning. Soos die verhaal ontvou, word die leser opgeneem in die mistieke onderbou en opbou na die klimaks wanneer die Emmaus-gangers die Vreemdeling herken in die breking van die Brood. Die gesprek in Weersiens verby Emmaus met Wie en Wat wag om herken te word, neem die leser hart brandende tot in die hede.

More info →
Stap saam na die ewigheid

Stap saam na die ewigheid

R175.00eBook: R175.00

Sy wys aan hulle die Skeppergod se volmaakte liefde en genade wat gemaak het dat Hy sy perfekte Heilsplan – om die gevalle mens ná die sondeval weer tot ’n intieme verhouding met Hom te herstel – tot uitvoer gebring het deur sy geliefde Seun, Jesus Christus, se kruisdood. Jesus het die Wet en die Ou Verbond vervul en tree nou as Ewige Hoëpriester vir God se kinders in die Hemel in. Selfondersoekvrae aan die einde van elke hoofstuk moedig nadenke en ’n dieper verhouding met God aan.

More info →
Bemeester veroudering!

Bemeester veroudering!

R320.00eBook: R320.00

Met verwysing na historiese insigte en 'n wye verwysingsraamwerk, ondersoek dit die ontwikkeling van hedendaagse opvattings oor veroudering; die sosiologiese, sielkundige en fisiologiese prosesse van veroudering; ouderdomsverwante diskriminasie; finansiële aspekte van veroudering; die oënskynlike teenstrydigheid dat daar sowel welvaart as toenemende armoede in die verouderende bevolking is; onvanpaste seksuele uitdrukking by bejaardes; die idee van die Derde Leeftyd; en die strewe om die lewensduur van die mens te verleng. 'n Deeglike literatuuroorsig, die skrywer se persoonlike ervaring as ouer persoon en as mediese dokter wat oor vyf dekades strek, en die skrywer se kennis van etiek het bygedra tot hierdie toeganklike en insiggewende teks wat op 'n wye gehoor gemik is: enersyds gesondheidswerkers, versorgers, terapeute, etici en elke persoon wat ouer persone, professioneel en privaat, bystaan; andersyds elkeen wat worstel met die mees fundamentele bestaanskrisis, tewete veroudering. En dit is elkeen van ons.

More info →
X – die Kain simbool

X – die Kain simbool

R140.00eBook: R140.00

Wie is Apollo, en wat is sy verbintenis met gebeure in die laaste dae?

Indien ons uit 'n geloofsperspektief die eindtyd beter wil verstaan, maak dit sin om oorspronklike rebellie te bestudeer en 'n patroon vas te stel, soos die bose agenda van die vyand ontbloot word.

Deur ondersoek in te stel en die leidrade te volg, word dit duidelik waarom moderne simboliek en doelwitte die antieke weg van verwoesting volg; van dieselfde monumente tot 'n spesifieke fokus op die Nuwe Orde van die mensdom, en selfs die planeet Mars.

So word die gelowige gewaarsku teen spesifieke kenmerke, en kan ons die misleidende taktiek van die vyand herken.

More info →
See-Oupa en die Seehaaie – Boek 1

See-Oupa en die Seehaaie – Boek 1

R170.00eBook: R170.00

Ouderdom 6-10

See-Oupa en die Seehaaie – Boek 1

Die monsterhaai wil Dawid opvreet.

Het jy al ooit daaraan gedink dat jy vinniger as ’n dolfyn moet swem om uit ’n monsterhaai se tande te bly? Dit het Dawid geleer.

Het jy al oot daaraan gedink om op die rug van dolfyne in die see te ry? Soos Rudolf gemaak het.

 

Wat leer ons uit hierdie boek?

  1. Ons moet by reëls hou. Wanneer ons dit nie doen nie, kan ons in allerhande penaries beland soos Dawid en Rudolf albei agtergekom het.
  2. Ons moet gehoorsaam wees. Daar is mense om ons wat ons liefhet en vir ons goeie raad gee.
  3. Ons moet probeer om goeie besluite te neem; maar as die besluit nie werk nie, neem ons dit net weer oor. Foute wat ons maak, bring ons nie aan die einde van die wêreld nie. Ons maak almal foute.
  4. Wanneer ons in die moeilikheid beland, mag ons maar bang wees. Dit is nie ’n skande om bang te wees nie. Maar met oorleg en dapper wees kan ons die probleem te bowe kom. So het Dawid geleer om te sê: “Ek is dapper, maar nie dom nie.” En so het hy uit die haai se tande ontvlug.

Verder leer die boek ons dat die wêreld om ons wemel van interessante dinge. Ons moet ondersoek, navors en altyd nuwe dinge leer.

More info →
Die Here woon ook in ons vallei

Die Here woon ook in ons vallei

R200.00eBook: R200.00

‘n Groot deel van die getuienisse van wonderwerke kom uit die Watervalsriviervallei tussen Lydenburg en Burgersfort. Vandaar die titel, Die Here woon ook in ons vallei. Elke sessie wat hy geskryf het, is deur gebed voorafgegaan om die leiding van die Heilige Gees te kry vir wat geskryf moet word.

Die doel van die boek is om die geloof van gelowiges te versterk en om diegene wat nog nie hulle lewe aan Jesus gewy het nie, aan te moedig om dit te doen. Dit is ook ‘n bevestiging dat die die Gees van God tussen ons woon en vandag nog wonderwerke doen. Ons moet net oop wees om dit raak te sien.

UITTREKSEL VOORWOORD

Die Here is almagtig en alomteenwoordig. Dit beteken dat Hy gelyktydig oral teenwoordig is, oor die hele wêreld en in die heelal. Sy Gees woon in die harte van dié wat Hom aangeneem het.

Hy woon en werk dus ook in die Watervalsriviervallei, waar ons woon en waar ons al soveel van sy wonderwerke gesien en van gehoor het. Hier lei, behoed en bewaar Hy ons nog steeds soos in die Bybelse tyd. Ons beleef God só in ons vallei en daar buite, in terme van verhoring van gebede en wonderwerke wat plaasvind, dat ek geruime tyd al gedring gevoel het deur die Heilige Gees om hierdie boek die lig te laat sien.

Dit was Maandagaand 21 Maart 2011. Ek het ’n lys van getuienisse opgestel en besluit om by die kerk, ons Manne Bybelstudiegroep en ons selgroep te vra vir inligting wat in die boek opgeneem kan word.

Die doel van hierdie boek is om te getuig van die wonderdade van God, om Hom te prys en sy Naam groot te maak. Dit is bedoel om dié wat reeds glo, se geloof te versterk en die wat nie glo nie, te oorreed om Jesus Christus as hulle Saligmaker aan te neem. Daardeur sal die koninkryk van God uitgebrei word.

Prys die Here, die God van Abraham, Izak en Jakob, wat ook my persoonlike Verlosser en Saligmaker is.

More info →
Konfytjie

Konfytjie

R120.00

KONFYTJIE is kinderhumor teen 'n kinderhuis agtergrond.

Die verhaal:

Om agtuur soggens loop vrolike kleuters van die kinderhuis wat deur hul versorgers mooi aangetrek is, met hulle heerlike kospakkies in hulle rugsakkies in rye na die kleuterskool wat op die kinderhuis se perseel is. Hier ontvang die kleuters van agtuur tot twaalfuur soggens opvoedkundige onderrig

Die seuntjie waaroor konfytjies storie geskryf is, het soms in die dogtershuis se lang gang op ’n dogtertjie se pienk fietsie gery en ’n lekker grondboontjiebotter-en-konfytbroodjie geniet. Die versorger was aangespreek oor die seuntjie wat soms so in die dogtershuis kuier. Dit is nie toelaatbaar nie.

Die seuntjie het tog onthou wat sy ogies gesien het, en het toe kom aanklop by die dogtershuis se deur.

Besoek ons aanlyn winkel vir die additionele boekies in die reeks, by: https://nskrywershuis.co.za/jou-boekwinkel-jou-uitgewer/

FACEBOOK: https://www.facebook.com/groups/441747287047528

More info →