
Wanneer gebeure suiwer vervulling word, is die goddelike begin daarvan reeds ewige Liefde (Karl Rahner, 1904-1984, Jesuïet).
Hierdie skatkis wag om herontdek te word in die eenvoud van Weersiens verby Emmaus, ʼn kontemplatiewe rekonstruksie van die bekende Emmaus-verhaal in die Lukas-evangelie. Die hernieude blik op besinning in moderne tye is verfrissend. Geen Skrifverklaring bevredig as dit nie ook die taal van vlees en bloed praat nie. Twee dissipels uit Jesus se groter groep volgelinge kies na die kruisgebeure die hasepad Emmaus toe. Kleopas en sy mededissipel bevind hulle ontwetend in die briljante lig van die verrese Heiland. Hulle weet nie die Meester openbaar Hom soos hulle Hom sien nie, ʼn vreemdeling. Die vrae en uitsprake waarmee hulle worstel, weerspieël ook die mens se eksistensiële pyn. Die lewe is so te sê verborge kruisgebeure en vra ʼn ander soort verstaan – herkenning. Soos die verhaal ontvou, word die leser opgeneem in die mistieke onderbou en opbou na die klimaks wanneer die Emmaus-gangers die Vreemdeling herken in die breking van die Brood. Die gesprek in Weersiens verby Emmaus met Wie en Wat wag om herken te word, neem die leser hart brandende tot in die hede.
Genres: Christelike literatuur, Godsdiens, Hoog aanbeveling, Inspirerend, Leersaam, Nie-fiksie, Stergradering: Prima Goud
Tags: Christelike literatuur, Godsdiens, Hoog aanbeveel, Stergradering: Prima Goud
Publisher: Ns. Skrywershuis
Publication Year: 2025
Format: Sagteband | Mobi
Length: 100 bladsye
ISBN: 9781037083808
Rating:
List Price: R175.00
eBook Price: R175.00
Kobie Lötter is die skrywersnaam van Cobus Buys. Hy is ʼn plaaskindboorling uit die Oos-Vrystaatse Riemland. Op Reitz gebore en kerkgetoë, is hy op kosskool in Bethlehem waar hy in 1972 aan die Voortrekker Hoërskool matrikuleer. Na diensplig en ʼn tydperk van mediese studies op die Stellenbosch Tygerbergkampus, werk hy by SANRA in Pretoria. Hy besluit om ʼn graad in Teologie aan Unisa en ʼn diploma aan die Bybelinstituut in Kalkbaai te voltooi. Sy uiteindelike loopbaan is 27 jaar in menslikehulpbronbestuur vir die Suid-Afrikaanse Brouerye in Chamdor, Krugersdorp. Na aftrede vestig hy hom in die Groot-Karoo waar hy hom verdiep in die Afrikaanse vertaling van klassieke geestelike werke. Hy het ʼn nou verbintenis met die Katolieke Oratorium op Oudtshoorn. As Stilte Praat is sy debuutskrywe.