Carl Lourens is ‘n boorling van Amsterdam, Transvaal, die eersteling van Philip en Cornie Lourens. Hy en sy broers, Roelof en Philip, het as plaasseuns op die platteland grootgeword en in Ermelo skoolgegaan. Hy het gelukkige kinderdae beleef. Hy het drie jaar in die Staandemag deurgebring en die stad en die bosoorlog beleef. Hy het klerkskap by ‘n ouditeursfirma gedoen en deeltyds studeer, ‘n paar werksgeleenthede benut en ‘n paar besighede bedryf. Hy is ’n wedergebore kind van die Here, nederig, gee om vir ander mense, ‘n familieman en lief vir diere.
Hy is met Alida getroud en hulle het drie pragtige kinders, Philip, Alicia en Carla. Met hulle huwelike het hulle drie pragtige kinders, Nerina, Dawie en Andries bygekry en ‘n pragtige kleindogter, Alize en ‘n kleinseun Dawie.

Die Here woon ook in ons vallei

Die Here woon ook in ons vallei

R200.00eBook: R200.00

‘n Groot deel van die getuienisse van wonderwerke kom uit die Watervalsriviervallei tussen Lydenburg en Burgersfort. Vandaar die titel, Die Here woon ook in ons vallei. Elke sessie wat hy geskryf het, is deur gebed voorafgegaan om die leiding van die Heilige Gees te kry vir wat geskryf moet word.

Die doel van die boek is om die geloof van gelowiges te versterk en om diegene wat nog nie hulle lewe aan Jesus gewy het nie, aan te moedig om dit te doen. Dit is ook ‘n bevestiging dat die die Gees van God tussen ons woon en vandag nog wonderwerke doen. Ons moet net oop wees om dit raak te sien.

UITTREKSEL VOORWOORD

Die Here is almagtig en alomteenwoordig. Dit beteken dat Hy gelyktydig oral teenwoordig is, oor die hele wêreld en in die heelal. Sy Gees woon in die harte van dié wat Hom aangeneem het.

Hy woon en werk dus ook in die Watervalsriviervallei, waar ons woon en waar ons al soveel van sy wonderwerke gesien en van gehoor het. Hier lei, behoed en bewaar Hy ons nog steeds soos in die Bybelse tyd. Ons beleef God só in ons vallei en daar buite, in terme van verhoring van gebede en wonderwerke wat plaasvind, dat ek geruime tyd al gedring gevoel het deur die Heilige Gees om hierdie boek die lig te laat sien.

Dit was Maandagaand 21 Maart 2011. Ek het ’n lys van getuienisse opgestel en besluit om by die kerk, ons Manne Bybelstudiegroep en ons selgroep te vra vir inligting wat in die boek opgeneem kan word.

Die doel van hierdie boek is om te getuig van die wonderdade van God, om Hom te prys en sy Naam groot te maak. Dit is bedoel om dié wat reeds glo, se geloof te versterk en die wat nie glo nie, te oorreed om Jesus Christus as hulle Saligmaker aan te neem. Daardeur sal die koninkryk van God uitgebrei word.

Prys die Here, die God van Abraham, Izak en Jakob, wat ook my persoonlike Verlosser en Saligmaker is.

More info →