Anita Lemmer is gebore in die distrik Magaliesburg buite Rustenburg. Sy het haar skoolloopbaan in Rustenburg voltooi en haar BA Beeldende Kuns Honneursgraad en HOD aan PU vir CHO, nou beter bekend as NWU, verwerf. Na haar studies het sy haar in die stad Nelspruit in Mpumalanga gevestig, en Kuns en Afrikaans as onder-wyseres by Bergvlam Hoërskool aangebied. Sy is aan die einde van daardie jaar in die huwelik bevestig met Adriaan Lemmer en hulle is sedertdien in Barberton woonagtig. Sy het by verskeie skole in Barberton skoolgehou terwyl haar man as prokureur werksaam was.
Sy het haar verder bekwaam deur ‘n OBE Diploma met lof by Unisa te verwerf en vir twee jaar ‘Bachelor of Theology with a Counseling Focus’ by SATS studeer. Sy het haar ook verder bekwaam deur twee jaar Bybelse Hebreeus A en B by die Uni-versiteit van Jerusalem te studeer.
STAP SAAM NA DIE EWIGHEID getuig van haar persoonlike geloofsreis en saam-stap met God, want al die baie beloftes van God in Christus Jesus is ‘n volmondige “Ja”! Daarom is dit ook deur God se toedoen dat ons om God te verheerlik, daarop “Amen” antwoord.
Stap saam na die ewigheid
Sy wys aan hulle die Skeppergod se volmaakte liefde en genade wat gemaak het dat Hy sy perfekte Heilsplan – om die gevalle mens ná die sondeval weer tot ’n intieme verhouding met Hom te herstel – tot uitvoer gebring het deur sy geliefde Seun, Jesus Christus, se kruisdood. Jesus het die Wet en die Ou Verbond vervul en tree nou as Ewige Hoëpriester vir God se kinders in die Hemel in. Selfondersoekvrae aan die einde van elke hoofstuk moedig nadenke en ’n dieper verhouding met God aan.
More info →