Carl von Maltitz is ‘n navorser en skrywer wat voorheen as konsultant gedien het vir internasionale organisasies soos Action Lesotho, University College Dublin en die Amerikaanse Vredeskorps.
As drietalige, wat Afrikaans, Engels en Sotho magtig is, het die verspreiding van die evangelie onder verskillende volke gelei na hierdie boek, ‘n eenvoudige gids om God se Woord in ons lewens toe te pas.
X – die Kain simbool
Wie is Apollo, en wat is sy verbintenis met gebeure in die laaste dae?
Indien ons uit 'n geloofsperspektief die eindtyd beter wil verstaan, maak dit sin om oorspronklike rebellie te bestudeer en 'n patroon vas te stel, soos die bose agenda van die vyand ontbloot word.
Deur ondersoek in te stel en die leidrade te volg, word dit duidelik waarom moderne simboliek en doelwitte die antieke weg van verwoesting volg; van dieselfde monumente tot 'n spesifieke fokus op die Nuwe Orde van die mensdom, en selfs die planeet Mars.
So word die gelowige gewaarsku teen spesifieke kenmerke, en kan ons die misleidende taktiek van die vyand herken.
More info →Die kerk krisis
Hoe lyk die Nuwe Testament se model van die kerk en het ons oor tyd weggedryf van die ware kerk af? Wie is ons as gelowiges en wat is ons taak binne die kerkverband?
Waarom is profesie belangrik vir ons as gelowiges? Wie is Melgisedek, en waarom moet ons let op sy verhaal?
Hierdie vrae word beantwoord terwyl skrywer ontleed hoe hedendaagse gelowiges in die groter prent pas, waar die mens van koers af gegaan het, en hoe ons kan terugkeer na die waarheid en wil van God.
DIE KERK KRISIS vra vrae waarop so baie Christene antwoorde op soek.
More info →Gids vir die gelowige
Bybelse waarhede word ondersoek, en belangrike vrae word beantwoord, soos bv. Waarom is ons hier en wat is ons taak op aarde?
Geestelike oorlogvoering is 'n belangrike onderwerp waarvan meeste gelowiges hopeloos te min weet. Die boek bevat kennis en strategie wat die gelowige bedags kan toepas in sy daaglikse soeke na lig in die donker.
More info →