Die waarheid lê in niemandsland
Terwyl die oorlog voortwoed, stel die Britse offisiere Lords Roberts en Kitchener, die verskroeideaardebeleid en konsentrasiekampe in. Malie en haar familie beleef dié verskrikking persoonlik.
Boonop teister die Engelse offisier op sy swewende perd Malie en haar geliefdes soos die onafwendbare noodlot. Die kwelvraag is: het die vloek wat sy uitgespreek het, omgeswaai en volg dit haar en haar nageslag vergeldend? Waar lê die waarheid?
Die verhaal is gegrond op ware vertellings van Maria Magdalena Johanna Grobler wat in 1952 op haar verjaarsdag – vyftig jaar na die sluiting van die Vrede van Vereeniging op 31 Mei 1902 – op oudioband opgeneem is.
More info →Want klippe lieg
Want Klippe lieg is ’n prettige bundel kortverhale wat op ’n tong-in-die-kies manier die doen en late vertel van die Schoemans van Wilgerkloof. Die stories sal jou laat lag, jou laat huil en sal jou laat wonder of alles die waarheid is. Op die minste sal die stories vasgevang word vir eendag as niemand meer daar is om die stories te vertel nie. Maak maar tyd om Want klippe lieg te lees, want as jy eers begin, kan jy nie die boek neersit nie.
More info →Massamoord
“Ek verstaan,” fluister Irma. ʼn Warm gloed van woede stoot teen haar wange op. Sirkus! Sy draai om en stap na die eetsaal waar die span en Inus reeds sit en wag. Irma frons. As almal siek is, is dit dan net die span en syself, Inus en Mari wat nie simptome toon nie. Hoe kan dit wees?
Irma Mulder vind haarself steeds vasgevang na die reeksmoorde van die verlede. Die Bloedspore van haar verlede weerhou haar sosiale vryheid. Tog besluit sy om deel te neem aan die groot skryf uitdaging waarheen sy genooi is. Wat kan tog verkeerd gaan? Nes Irma dink dinge werk in haar guns val haar drome plat en staan sy te midde van ‘n massamoord. Weereens word sy as verdagte gesien deur Hugo. Gaan die saak vinnig opgelos word, en wat gaan oorbly van die reeds sukkelende vriendskap tussen haar en Hugo. Of gaan daar dalk die keer erkenning gegee word aan die liefde wat in haar hart brand?
More info →Bloedspoor
Nou woonagtig in ’n klein toeristedorp, Nelspruit, skryf sy vir die plaaslike koerant. Sy is onvergenoeg met die meer alledaagse nuusberigte waarheen haar redakteur haar stuur. Sy dreig dat sy sal bedank na ’n onderonsie met hom. Eensklaps word Irma by ʼn moord ingesleep. Die moordenaar betrek haar by elke daaropvolgende moord en speel ’n gevaarlike speletjie met haar en die polisie. Hoewel Irma alles in haar vermoë doen om die moordenaar te keer, is sy telkens te laat en raak dinge om haar vinnig donker. Terwyl die polisie haar onder beskerming sit, weet sy dat hulle haar wil blameer vir die moorde.
Ten einde haar eie onskuld te bewys, moet Irma nie net die polisie ontglip nie, maar ook die moordenaar wat haar fyn dophou. Hierdie keer weet sy dat sy nie net die sleutel tot alles is nie, maar ook dat sy die volgende slagoffer moet wees. Hoe lank sal dit neem voor sy besef wie die moordenaar is?
Gaan sy suksesvol wees om die volgende moord te stop?
Sal die polisie daarin slaag om die reeksmoordenaar vas te trek voordat dit te laat is?
BLOEDSPOOR voldoen aan alles wat ʼn mens verwag van ʼn moordverhaal; goeie spanningslyn, intriges wat die leser aan die raai hou en ʼn ontknoping wat heeltemal verras.
More info →Die duiwel is in die detail
Tydskrifte was tog te gewillig om haar destydse lewensverhaal op te slurp vir sensasie.
Sy is die joernalis, verlief op ’n reeksmoordenaar wat deel was van die Krugersdorp-moorde. Hoe is dit moontlik dat ’n pragtige, getroude jong vrou verlief raak op ’n man wat die gruwelikste moorde gepleeg het? Hoe is dit moontlik dat ’n reeksmoordenaar, met bloed aan sy hande, ’n vrou ’n roos kan gee en haar met trots op sy hande dra? Le Roux Steyn – wie is hy regtig en hoe het hierdie liefdesverhaal gebeur?
Wat is die waarheid en wat is onwaar? Was dit regtig liefde of was dit ’n geleentheid vir iets groter? Wat is die storie agter die storie; die verhouding, ondersoeke en die skuldiges?
Marizka Coetzer het by ’n doodloopstraat gekom. Dit was tyd om terug te draai en ’n nuwe pad te kies, maar nie sonder afsluiting nie en nie sonder om haar eie stem te laat hoor nie. Hiérdie is haar storie in haar eie stem.
DIE DUIWEL IS IN DIE DETAIL: ‘n Selfmoord poging laat mens groot skrik; wakker skrik ... en ontnugter. Dit is op daardie oomblik wat mens besef hoe kwesbaar en hoe kort die lewe is.
Maar al my dade – elke liewe daad – het ongelukkig die steenkool en stoker voorsien vir my eie persoonlike runaway train en hierdie een het nie remme nie.
Die verhouding met my gewese moordenaar-kêrel en die etiket as ’n moordenaar se meisie is een van die eerste labels wat moes weg. Hierdie etiket was in die verlede in ‘n negatiewe konteks op my geplak en so gelaat.
Maar ek is meer as dit en ek verdien ook meer as dit, en hy ook. Ek is meer as ‘n moordenaar se meisie. En hy is meer as ‘n moordenaar as ‘n lover. En as julle weet wat ek weet sou julle dadelik julle gordels vasmaak en vasklou, want hierdie storie is wilder as ‘n western film op sy beste.
More info →My Gebed vir ‘n Boer Twee
Hierdie is ’n saamgestelde bundel met bydraes deur digters, skrywers, bekendes en Jan Alleman.
Die boek bevat ’n skatkis van gedigte, uitmuntende kortverhale en ware lewensverhale uit die pen van slagoffers.
Deurgaans is daar gebruik gemak van die tema – brood – die simbool van ons stapelvoedsel, maar ook die gebreekte liggaam van die Seun van ons Skepper.
Daar is selfs interessante broodresepte en ander boerekosresepte om ons te herinner aan die waarde wat ons heg aan die boer – die een wat ons voorsien van voedsel op ons tafel.
Skrywer, Nico Schamrel, het ’n liefdadigheidsplatform geskep, naamlik Ns. Liefdesdiens | Ns. Act of Love. Hierdie platform word gebruik om, deur middel van verskeie projekte, fondse vir liefdadigheid in te samel en is ’n niewinsgewende platform.
MY GEBED VIR ’N BOER TWEE is die tweede projek waarmee geld ingesamel word om ons boere en hul werkers te ondersteun.
More info →
Onder die heilige koeie se stert
Hy het besluit om uit moedswilligheid hierdie boek, Onder die Heilige Koeie se stert, te skryf. Geen Heilige Koei word met rus gelaat nie en almal se geheime word uitgelap. Die leuens wat oor blomkool vertel word, hoekom bruidegomme nie hoef troue toe te gaan nie, wat mense wie te hard praat op hulle selfone met daai selfone moet doen, hoe om nie wyn te proe nie en suurstofdiewe, vorm deel van die geheime. Hy lap 'n paar geheime uit wat net mans mag lees ... nié dames nie! Hy laat glip ook 'n paar van sy eie skandalige geheime uit. Dan praat ons nie eers oor die gesprek met die kopdoek-antie nie.
As jy breed wil glimlag, wil vergeet van jou bekommernisse of beter wil voel terwyl jy wag dat die krag aankom, is hierdie boek vir jou.
More info →Splinterwoorde
Die Overberg is en was nog altyd sy skuilte waar hy heen kon reis om sy kragte te hernu. In die bundel probeer hy ’n venster skets waardeur die leser die Overberg kan verken. Van die verhale neem jou op ’n reis deur die pragtige omgewing met mooi herinneringe oor sy lewe.
Tussendeur wissel hy die bundel af met verhale oor die pandemie en die impak wat dit op veral die mense van die Kaapse Vlakte gelaat het. Enkele moderne probleme soos klimaatsverandering word ook in sekere verhale belig. Die skrywer skroom nie om sy misnoeë oor die staat se hantering van die pandemie uit te lig nie.
Met die bundel, Splinterwoorde, ondersoek hy die skryfproses. Saam met dit alles leer ons ook iets van die misterieuse wat in sy werk aangetref word. Willemse delf ongestoord in die wêreld van die mistieke.
Alhoewel die plekke en name bekend klink, is die verhale en karakters fiktief.
Die skrywer nooi die leser uit om saam om die kombuistafel te kom sit, voor die brandende swart houtstoof en om van doerietyd se dinge te lees.
SPLINTERWOORDE is n kortverhaalbundel met unieke storievertellings oor 'n wye verskeidenheid genres,. 'n Unieke Afrikaanse literêre werk.
More info →Die kerk krisis
Hoe lyk die Nuwe Testament se model van die kerk en het ons oor tyd weggedryf van die ware kerk af? Wie is ons as gelowiges en wat is ons taak binne die kerkverband?
Waarom is profesie belangrik vir ons as gelowiges? Wie is Melgisedek, en waarom moet ons let op sy verhaal?
Hierdie vrae word beantwoord terwyl skrywer ontleed hoe hedendaagse gelowiges in die groter prent pas, waar die mens van koers af gegaan het, en hoe ons kan terugkeer na die waarheid en wil van God.
DIE KERK KRISIS vra vrae waarop so baie Christene antwoorde op soek.
More info →‘n Blom uit Pole
Czeslawa. Die uitdrukking op die gesig van hierdie Poolse meisie op drie foto’s sê alles wat verkeerd is in ʼn wêreld waar wreedaards toegelaat is om te heers. Net soos blomknoppies, is baie kinders se ontluikende jeug koelbloedig in Auschwitz vertrap lank voordat hulle in hul menswees tot wasdom kon blom.
Czeslawa. Net veertien jaar oud, maar reeds vasgevang en wreed blootgestel aan die barbaarsheid van die oorlog en die sadisme in die Nazi konsentrasiekamp.
Czeslawa. Al wat oorgebly het, is drie foto’s wat in die doodskamp van haar geneem is.
Die verhaal van hierdie eens vrolike, vrye dogtertjie is met groot respek en uiterste eerbied geskryf om hulde te bring aan haar en die miljoene ander kinders wat aan die hand van die Duitsers gesterf het.
More info →Inanna
Maar dan vind hy die ring aan die duif se poot en sy lewe verander. Sy smart oor sy ma se dood word gedeelde smart met sy duif as swyende toehoorder en trooster. Nuwe vriende – en vyande – verseker dat hierdie ’n wenverhaal is wat gelees móét word.
Dit is vol intriges en spanning wat die jeug geniet. Die skryfstyl is gemaklik en die verhaal verloop glad met interessante karakters en wendings.
More info →