Lydia Gittens is ’n stadsjapie van Pretoria wat gril vir spinnekoppe en krakerige insekte. Sy is dol oor reuse bome, die see en berge. Na ’n dag se geswoeg in die arbeidsmark as verpleegkundige by ʼn Rehabilitasie sentrum, is daar vir haar niks lekkerder as om binne ander se koppe te klim en hulle stories te vertel nie – veral as dit ʼn storie is wat haar baie diep raak. Inanna is haar eerste jeugverhaal.
Inanna
Maar dan vind hy die ring aan die duif se poot en sy lewe verander. Sy smart oor sy ma se dood word gedeelde smart met sy duif as swyende toehoorder en trooster. Nuwe vriende – en vyande – verseker dat hierdie ’n wenverhaal is wat gelees móét word.
Dit is vol intriges en spanning wat die jeug geniet. Die skryfstyl is gemaklik en die verhaal verloop glad met interessante karakters en wendings.
More info →