ONDER DIE HEILIGE KOEIE SE STERT: Na die publikasie van Die Heilige Koeie se moe, het hoogsontstelde Frikkie’s, Magriet’e en Karen’s Riaan Palmer se huis met ketties begin skiet.
Hy het besluit om uit moedswilligheid hierdie boek, Onder die Heilige Koeie se stert, te skryf. Geen Heilige Koei word met rus gelaat nie en almal se geheime word uitgelap. Die leuens wat oor blomkool vertel word, hoekom bruidegomme nie hoef troue toe te gaan nie, wat mense wie te hard praat op hulle selfone met daai selfone moet doen, hoe om nie wyn te proe nie en suurstofdiewe, vorm deel van die geheime. Hy lap 'n paar geheime uit wat net mans mag lees ... nié dames nie! Hy laat glip ook 'n paar van sy eie skandalige geheime uit. Dan praat ons nie eers oor die gesprek met die kopdoek-antie nie.
As jy breed wil glimlag, wil vergeet van jou bekommernisse of beter wil voel terwyl jy wag dat die krag aankom, is hierdie boek vir jou.
Genres: Hoog aanbeveling, Komedie, Kortverhaalbundel, Ster-gradering: PRIMA GOUD, Storievertelling, Volwasse lieratuur
Tags: Hoog aanbeveel, Komedie, Kortverhaalbundel, Stergradering: Prima Goud, Storievertelling, Volwasse literatuur
Publisher: Ns. Skrywershuis
Publication Year: 2023
Format: Sagteband | eBoek | Mobi
Length: 313 bladsye
ISBN: 9780639780702
Rating:
List Price: R260.00
eBook Price: R200.00
Riaan Palmer het jare gelede as ʼn baba in Potchefstroom te voorskyn gekom, en na ʼn paar onverklaarbare en vreemde gebeure, in Pretoria beland. Hier maak hy voltyds asof hy iets weet van die inligtingstegnologiebedryf. Agter toe deure is hy egter ʼn skrywer wat berugtheid verwerf het as blogger op Facebook, wat gal braak oor, onder andere, tannies in Fortuners, ooms wat lelik sit en mense wat te vroeg opstaan. Ondanks sy totale minagting van alle taal- en spelreëls, wen hy verskeie literêre pryse, maar of dit nou weens administratiewe foute was, sal mens nooit weet nie.
MAAR - hier is sy eintlike biografie:
Riaan Palmer is in 1446 gebore en grootgeword in Holbrandfontein. Net na skool het hy in Queenstown gaan werk as 'n model vir naakte studies. Sewe jaar later vlug hy na wat bekend staan as Die mielieblaar-en-tonteldoos-skande. Hy het in 2019 'n Nobelprys vir letterkunde van die hand gewys omdat hy eerder een vir chemie wou hê. Hy is 'n ywerige Flamingo-danser, rampokker, netbalkaptein en het Barbie se klerekas ontwerp. So nou en dan skryf hy per ongeluk iets. Hy is ook betrokke by liefdadigheidswerk en kleur graag tannies se hare pers. Riaan het onder andere in Brakpan gewoon, maar daaroor praat hy nie graag nie. Hy doen steeds naaldwerk, brei sonder om 'n steek te mis en is volgens berugte in die getuiebeskermingsprogram (in Pretoria, Moreleta Park, Rita straat).