SPLINTERWOORDE: Die klompie lekkerlees kortverhale is gebaseer op skrywer se grootwordjare op sy geboortedorp, Napier.
Die Overberg is en was nog altyd sy skuilte waar hy heen kon reis om sy kragte te hernu. In die bundel probeer hy ’n venster skets waardeur die leser die Overberg kan verken. Van die verhale neem jou op ’n reis deur die pragtige omgewing met mooi herinneringe oor sy lewe.
Tussendeur wissel hy die bundel af met verhale oor die pandemie en die impak wat dit op veral die mense van die Kaapse Vlakte gelaat het. Enkele moderne probleme soos klimaatsverandering word ook in sekere verhale belig. Die skrywer skroom nie om sy misnoeë oor die staat se hantering van die pandemie uit te lig nie.
Met die bundel, Splinterwoorde, ondersoek hy die skryfproses. Saam met dit alles leer ons ook iets van die misterieuse wat in sy werk aangetref word. Willemse delf ongestoord in die wêreld van die mistieke.
Alhoewel die plekke en name bekend klink, is die verhale en karakters fiktief.
Die skrywer nooi die leser uit om saam om die kombuistafel te kom sit, voor die brandende swart houtstoof en om van doerietyd se dinge te lees.
SPLINTERWOORDE is n kortverhaalbundel met unieke storievertellings oor 'n wye verskeidenheid genres,. 'n Unieke Afrikaanse literêre werk.
Dit is min dat mens ‘n kortverhaalbundel raakloop met soveel verskeidenheid in storievertellings, maar ook die erns en nostalgie.
Die boek is puik geskryf wat erkenning gee aan Karel WIllemse se ondervinding in die joernalistiek en as afgetrede onderwyser.
Van die staanspoor af vind die leser hom/haarself in ‘n semi-fantasieverhaal wat mens kan glo is die tipe vertelling wat ‘n kind se verbeelding kan aangryp om ‘n kombuistafel voor ‘n ou Dover stoof. Dit is juis wat hierdie boek so unieke maak – die afwisseling in verhale en lekkerlees daarvan. WIllemse gebruik ook kontreitaal of daardie unieke woorde van sy mense en kultuur wat juis self die mense so uniek maak.
Moenie skroom nie – hierdie is ‘n uitstekende leesstof en baie goed versorg.
SPLINTERWOORDE is n kortverhaalbundel met unieke storievertellings oor ‘n wye verskeidenheid genres,. ‘n Unieke Afrikaanse literêre werk.
Genres: Essays, Fiksie, Hoog aanbeveling, Kortverhaalbundel, Lewensketse, Novelle, Resensie, Ster-gradering: PRIMA GOUD, Storievertelling
Tags: Gebasseer op ware verhale, Hoog aanbeveel, Resensie, Stergradering: Prima Goud
Publisher: Ns. Skrywershuis
Publication Year: 2023
Format: Sagteband | eBoek | Mobi
Length: 209 bladsye
ISBN: 9780639769981
Rating:
List Price: R150.00
eBook Price: R80.00
Karel Willemse is ’n afgetrede onderwyser en joernalis. Die skryf van stories kom uit sy grootwordjare op sy geboortedorp Napier in die Overberg. Sy ma het voor die swart Dover in die kombuis van hulle huis vir hulle stories vertel. Later jare as onderwyser en koshuisvader by die Athlone Skool vir Blindes, moes hy inwonende leerders oor naweke besig hou. Hy neem kortverhale en voeg dialoog by. Die kort “drama” is later in braille omgesit sodat die blinde leerders ook kon deel neem aan die voorlees. So het hy ’n liefde vir lees en die verhoog onder sy leerders gekweek. Later het hulle ’n dramagroep en ’n skoolkoerant begin. Dit het weer gelei tot skoolopvoerings soos “Die beertjie met die gelapte broekie”, “Die prins van Sin” en “Joseph and his amazing technicolor dreamcoat”. Splinterwoorde is sy eerste bundel wat die lig sien.