Splinterwoorde

Splinterwoorde

R150.00eBook: R80.00

Die Overberg is en was nog altyd sy skuilte waar hy heen kon reis om sy kragte te hernu. In die bundel probeer hy ’n venster skets waardeur die leser die Overberg kan verken. Van die verhale neem jou op ’n reis deur die pragtige omgewing met mooi herinneringe oor sy lewe.

Tussendeur wissel hy die bundel af met verhale oor die pandemie en die impak wat dit op veral die mense van die Kaapse Vlakte gelaat het. Enkele moderne probleme soos klimaatsverandering word ook in sekere verhale belig. Die skrywer skroom nie om sy misnoeë oor die staat se hantering van die pandemie uit te lig nie.

Met die bundel, Splinterwoorde, ondersoek hy die skryfproses. Saam met dit alles leer ons ook iets van die misterieuse wat in sy werk aangetref word. Willemse delf ongestoord in die wêreld van die mistieke.

Alhoewel die plekke en name bekend klink, is die verhale en karakters fiktief.

Die skrywer nooi die leser uit om saam om die kombuistafel te kom sit, voor die brandende swart houtstoof en om van doerietyd se dinge te lees.

SPLINTERWOORDE is n kortverhaalbundel met unieke storievertellings oor 'n wye verskeidenheid genres,. 'n Unieke Afrikaanse literêre werk.

More info →
Petronella, koningin van die Karoo

Petronella, koningin van die Karoo

R150.00eBook: R75.00

Maar duskant lê die berg voor Petronella, kind van Kietie, uitgestrek − ʼn spekvet lyf bedek met kriebos en die bitteraalwyn. Hier lê spore van verlange, hoop en geheime – heiligheid in sy binneste.

En tussenin is die grensdraad tussen haat en verbitterheid, die eenvoud van liefde en ʼn jongmeisie se fantasiebeelde.

Almal wonder wat Selma Loots bloots ry en of Braam deel is van haar beproewing. Almal gis wie se kind is Petronella, maar vir háár is Janneman se terugkoms die oplossing van alles.

More info →
Vaal ver pad

Vaal ver pad

R150.00eBook: R50.00

Om egter met ’n donkiekar deur die Tankwa-Karoo te reis, kan nogal ’n uitdagende ervaring wees.

Vir Jafet en Sarah is dit nie net ’n reis huis toe op die stowwerige, vaal pad deur die droë Karoo nie, maar ook ’n lewens- en sielereis na ’n onseker toekoms.

Die seer van die lewe het Groenvlei in hulle afwesigheid in oorvloed getref. Jafet en sy vrou Sarah is die uitkoms op gebede om vertrapte liefde te herstel. Maar Groenvlei? Sal die plaas ooit weer herstel?

More info →