Die duiwel is in die detail
Tydskrifte was tog te gewillig om haar destydse lewensverhaal op te slurp vir sensasie.
Sy is die joernalis, verlief op ’n reeksmoordenaar wat deel was van die Krugersdorp-moorde. Hoe is dit moontlik dat ’n pragtige, getroude jong vrou verlief raak op ’n man wat die gruwelikste moorde gepleeg het? Hoe is dit moontlik dat ’n reeksmoordenaar, met bloed aan sy hande, ’n vrou ’n roos kan gee en haar met trots op sy hande dra? Le Roux Steyn – wie is hy regtig en hoe het hierdie liefdesverhaal gebeur?
Wat is die waarheid en wat is onwaar? Was dit regtig liefde of was dit ’n geleentheid vir iets groter? Wat is die storie agter die storie; die verhouding, ondersoeke en die skuldiges?
Marizka Coetzer het by ’n doodloopstraat gekom. Dit was tyd om terug te draai en ’n nuwe pad te kies, maar nie sonder afsluiting nie en nie sonder om haar eie stem te laat hoor nie. Hiérdie is haar storie in haar eie stem.
DIE DUIWEL IS IN DIE DETAIL: ‘n Selfmoord poging laat mens groot skrik; wakker skrik ... en ontnugter. Dit is op daardie oomblik wat mens besef hoe kwesbaar en hoe kort die lewe is.
Maar al my dade – elke liewe daad – het ongelukkig die steenkool en stoker voorsien vir my eie persoonlike runaway train en hierdie een het nie remme nie.
Die verhouding met my gewese moordenaar-kêrel en die etiket as ’n moordenaar se meisie is een van die eerste labels wat moes weg. Hierdie etiket was in die verlede in ‘n negatiewe konteks op my geplak en so gelaat.
Maar ek is meer as dit en ek verdien ook meer as dit, en hy ook. Ek is meer as ‘n moordenaar se meisie. En hy is meer as ‘n moordenaar as ‘n lover. En as julle weet wat ek weet sou julle dadelik julle gordels vasmaak en vasklou, want hierdie storie is wilder as ‘n western film op sy beste.
More info →Reis in God se wil
Dit maak jou bestaan op aarde sinvol. Dit kleur jou lewe in volgens God se wil. Dit beteken nie dat jy volmaak is nie, maar dat jy op pad is na volmaaktheid en na heiligheid in Jesus Christus.
Hierdie biografie is die ongelooflike reis van Mary waarin so baie gebeure aan haar geopenbaar was. Dit is ’n aangrypende belydenis van die Skepper se bestaan en wonderwerke, oor ware geloof en ’n ontdekkingsreis vol intriges en uitdagings.
UITTREKSEL:
Terwyl ek ʼn tiener was, het my ma my vertel dat ek op eenjarige ouderdom baie sieklik was. Sy het glo een aand die dood op my gesien en geruik. Sy en my daddy het die hele nag deur vir my gebid. Die oggend vroeg toe dr. Doeke sy spreekkamer oopsluit, het sy met my ingehardloop.
Toe die dokter my wou ondersoek, het hy na my mammie gedraai. “You brought me a corpse! She’s dead!” My ma het baie gehuil en aanmekaar gebid. Sy het vir die Here gevra: “Here, U kan tog nie nou my kind vat nie, asseblief, Here, gee haar lewend vir my terug.” Sy het nog gebid en die Indiese dokter het reeds met die doodsertifikaat in sy hand gestaan, toe hoor sy my huil.
“What’s happening now?” het die dokter gevra.
“I serve a living God. He touched her, she’s alive!” het sy geantwoord.
More info →Geagte Mej. de Kock,
Hierdie is die oorspronklike geskrifte van Magdalena (de Kock) Steytler, wat verlore was en weer gevind is deur haar familie en oorhandig was aan die skrywer. Dit is waardevolle inligting wat as Africana Geskiedenis beskou kan word. Hierdie skrywe is tot op die woord oorspronklik met meer geskiedkundige inligting bygevoeg. Dit vat spanning, intrige en oomblikke wat jou diep sal raak. Dit openbaar ook die leefwyse en omstandighede tussen die tydperk 1983 – 1970, die leefwyse van sendelinge en bygelowe van inboorlinge – asook aangrypende oomblikke waarin die dood skielik kom soos ʼn dief in die nag.
Die samesteller en skrywer van hierdie boek bring graag welverdiende hulde aan Magdalena en George Steytler.
More info →