
Die aangrypende biografie van ʼn sendeling – neergepen deur ʼn bejaarde vrou wat haar jongmenslewe opgeoffer het om ander te help.
Hierdie is die oorspronklike geskrifte van Magdalena (de Kock) Steytler, wat verlore was en weer gevind is deur haar familie en oorhandig was aan die skrywer. Dit is waardevolle inligting wat as Africana Geskiedenis beskou kan word. Hierdie skrywe is tot op die woord oorspronklik met meer geskiedkundige inligting bygevoeg. Dit vat spanning, intrige en oomblikke wat jou diep sal raak. Dit openbaar ook die leefwyse en omstandighede tussen die tydperk 1983 – 1970, die leefwyse van sendelinge en bygelowe van inboorlinge – asook aangrypende oomblikke waarin die dood skielik kom soos ʼn dief in die nag.
Die samesteller en skrywer van hierdie boek bring graag welverdiende hulde aan Magdalena en George Steytler.
Hierdie skrywe is tot op die woord oorspronklik met meer geskiedkundige inligting bygevoeg. Dit vat spanning, intrige en oomblikke wat jou diep sal raak. Dit openbaar ook die leefwyse en omstandighede tussen die tydperk 1983 – 1970, die leefwyse van sendelinge en bygelowe van inboorlinge – asook aangrypende oomblikke waarin die dood skielik kom soos ʼn dief in die nag.
Genres: Biografie, Geskiedkundig, Ware gebeure en navorsing, Ware lewensverhaal
Tags: Aanbeveling, Nico Schamrel, Stergradering
Publisher: Ns. Skrywershuis
List Price: R130.00
eBook Price: R35.00

Nico Schamrel is gebore en getoë op Uitenhage. Van sy kortverhale verskyn in verskeie keurbundels. Nico ontvang ook 'n benoeming van Croyez Literêre Toekennings vir sy kortverhaal – By Mooirivier se brug – wat in sy debut bundel, Engela, opgeneem is. In 2020 ontvang hy die Chris Barnard Prys benoeming vir sy kortverhaal – Kaggen – wat opgeneem is in sy bundel Prente in my kop.
In 2021 ontvang hy twee benoemings van INK-skryf in Afrikaans vir twee van sy gedigte wat gepubliseer is in 'n gesamentlike digbundel.
Nico Schamrel is ook die stigters lid van PENdit.za - 'n platform wat geskep is om talentvolle skrywers te help en ter ontwikkeling van die Afrikaanse verhaalkuns.
Ns. Skrywershuis is ook deur Nico Schamrel gestig om talentvolle skrywers te help om hul skrywes te publiseer.
Van Nico se skrywe word voorgelees oor Kaapstad Radio en in leesbeeld uitgesaai op Net Afrikaans (TV).
Hy is nie net 'n uitgewer en skrywer nie, maar soms ook beoordelaar, grafiese ontwerper, digter en resensent.