Dit was so hittete
Willem Fransman Jr is ‘n boorling van Worcester in die Boland. Hy en sy gesin sou, toe hy ses jaar oud word, ‘n beter lewe in die stad gaan soek. Dit is die bruisende lewe op die Kaapse Vlaktes, wat hom in later jare gedryf het om ‘n ‘stem van die Vlaktes’, te word.
Fransman se eerste skrywerssukses kom met die aanwysing van hom en 10 ander kortverhaalskrywers om ‘n slypskool in Paternoster na afloop van die Swart Afrikaanse Skrywersimposium (1995), by te woon. In ‘n landswye kompetisie, word hy in 1997 as die eerste wenner van RSG en Sanlam radiodrama-skryfkompetisie, met Om te bedel is ’n kuns, aangewys. Daarna maak hy verdere inritte op die letterkundige landskap. ’n Kortverhaal, ’n Bok vir ’n gaping, (1999), word in ‘n kortverhaalbundel opgeneem wat vir Graad 12’s in skole voorgeskryf was.
Verskeie opdragwerke vanaf RSG (vir radiodramas) en verhoogdramas (vir kunstefeeste), volg. Hierdie veelsydige kreatiewe woelgees tree as amateur akteur, regisseur, storieverteller en voordragkunstenaar by verskeie kunste-feeste op.
Sy eerste gepubliseerde dinkstuk of artikel, ’n Storie, my koninkryk vir ‘n storie!, verskyn in 1995 vir die ATKV se Taal-genoot. Rubrieke in Die Burger en Kaap Rapport volg. Met die totstandkoming van die Son op Sondag, word hy een van hul eerste rubriekskrywers. Die rubrieke wat hy vanaf 2017 vir Netwerk24 se Stemme geskryf het, is in die boek saamgevat.
Dit was so hittete bevat verskeie artikels en stories uit die joernalistieke-wêreld van Willem Fransman jr., keurig saamgestel vir 'n ware lesersgenot.
More info →Die duiwel is in die detail
Tydskrifte was tog te gewillig om haar destydse lewensverhaal op te slurp vir sensasie.
Sy is die joernalis, verlief op ’n reeksmoordenaar wat deel was van die Krugersdorp-moorde. Hoe is dit moontlik dat ’n pragtige, getroude jong vrou verlief raak op ’n man wat die gruwelikste moorde gepleeg het? Hoe is dit moontlik dat ’n reeksmoordenaar, met bloed aan sy hande, ’n vrou ’n roos kan gee en haar met trots op sy hande dra? Le Roux Steyn – wie is hy regtig en hoe het hierdie liefdesverhaal gebeur?
Wat is die waarheid en wat is onwaar? Was dit regtig liefde of was dit ’n geleentheid vir iets groter? Wat is die storie agter die storie; die verhouding, ondersoeke en die skuldiges?
Marizka Coetzer het by ’n doodloopstraat gekom. Dit was tyd om terug te draai en ’n nuwe pad te kies, maar nie sonder afsluiting nie en nie sonder om haar eie stem te laat hoor nie. Hiérdie is haar storie in haar eie stem.
DIE DUIWEL IS IN DIE DETAIL: ‘n Selfmoord poging laat mens groot skrik; wakker skrik ... en ontnugter. Dit is op daardie oomblik wat mens besef hoe kwesbaar en hoe kort die lewe is.
Maar al my dade – elke liewe daad – het ongelukkig die steenkool en stoker voorsien vir my eie persoonlike runaway train en hierdie een het nie remme nie.
Die verhouding met my gewese moordenaar-kêrel en die etiket as ’n moordenaar se meisie is een van die eerste labels wat moes weg. Hierdie etiket was in die verlede in ‘n negatiewe konteks op my geplak en so gelaat.
Maar ek is meer as dit en ek verdien ook meer as dit, en hy ook. Ek is meer as ‘n moordenaar se meisie. En hy is meer as ‘n moordenaar as ‘n lover. En as julle weet wat ek weet sou julle dadelik julle gordels vasmaak en vasklou, want hierdie storie is wilder as ‘n western film op sy beste.
More info →
