
MY GEBED VIR ’n BOER TWEE is ’n liefdadigheidsprojek om fondse in te samel vir slagoffers van plaasaanvalle, om traumaberading te bied, maar ook bewusmaking te kweek ten opsigte van plaasmoorde.
Hierdie is ’n saamgestelde bundel met bydraes deur digters, skrywers, bekendes en Jan Alleman.
Die boek bevat ’n skatkis van gedigte, uitmuntende kortverhale en ware lewensverhale uit die pen van slagoffers.
Deurgaans is daar gebruik gemak van die tema – brood – die simbool van ons stapelvoedsel, maar ook die gebreekte liggaam van die Seun van ons Skepper.
Daar is selfs interessante broodresepte en ander boerekosresepte om ons te herinner aan die waarde wat ons heg aan die boer – die een wat ons voorsien van voedsel op ons tafel.
Skrywer, Nico Schamrel, het ’n liefdadigheidsplatform geskep, naamlik Ns. Liefdesdiens | Ns. Act of Love. Hierdie platform word gebruik om, deur middel van verskeie projekte, fondse vir liefdadigheid in te samel en is ’n niewinsgewende platform.
MY GEBED VIR ’N BOER TWEE is die tweede projek waarmee geld ingesamel word om ons boere en hul werkers te ondersteun.
Verhale, gedigte, prosa, resepte – ‘n mengelmoes van besonderse literatuur deur bekende en minder bekende skrywers en digters – asook Jan Alleman.
Hierdie puik bundel is beslis ‘n moet besit. Deur jou aankope verleen jy hulp aan slagoffers van plaasaanvalle deur trauma-berading.
Jou ondersteuning is broodnodig!