Bloedspoor

Irma Mulder is ’n erkende oorlogjoernalis. Sy verhuis terug na Suid-Afrika ná ’n bomaanval wat die lewe van een van haar kameramanne geëis het.

Nou woonagtig in ’n klein toeristedorp, Nelspruit, skryf sy vir die plaaslike koerant. Sy is onvergenoeg met die meer alledaagse nuusberigte waarheen haar redakteur haar stuur. Sy dreig dat sy sal bedank na ’n onderonsie met hom. Eensklaps word Irma by ʼn moord ingesleep. Die moordenaar betrek haar by elke daaropvolgende moord en speel ’n gevaarlike speletjie met haar en die polisie. Hoewel Irma alles in haar vermoë doen om die moordenaar te keer, is sy telkens te laat en raak dinge om haar vinnig donker. Terwyl die polisie haar onder beskerming sit, weet sy dat hulle haar wil blameer vir die moorde.

Ten einde haar eie onskuld te bewys, moet Irma nie net die polisie ontglip nie, maar ook die moordenaar wat haar fyn dophou. Hierdie keer weet sy dat sy nie net die sleutel tot alles is nie, maar ook dat sy die volgende slagoffer moet wees. Hoe lank sal dit neem voor sy besef wie die moordenaar is?

Gaan sy suksesvol wees om die volgende moord te stop?

Sal die polisie daarin slaag om die reeksmoordenaar vas te trek voordat dit te laat is?

BLOEDSPOOR voldoen aan alles wat ʼn mens verwag van ʼn moordverhaal; goeie spanningslyn, intriges wat die leser aan die raai hou en ʼn ontknoping wat heeltemal verras.

Order Now!
About the Book
Details
Author:
Genres: Fiksie, Hoog aanbeveling, Intrige, Moord- en speurwerk, Resensie, Roman, Spanningsverhaal, Speur- en moordverhaal, Speurverhaal, Ster-gradering: PRIMA GOUD, Top aanbeveling
Tags: Drama en intriges, Fiksie, Hoog aanbeveel, Moord en speurwerk, Resensie, Spanningsverhaal, Speurverhaal, Stergradering: Prima Goud
Publisher: Ns. Skrywershuis
Publication Year: 2023
Format: Sagteband | eBoek | Mobi
Length: 134 bladsye
ISBN: 9780639780658
Rating:

List Price: R185.00
eBook Price: R185.00
Endorsements
Spanning en intriges, raaisel op raaisel - boeiende leesstof. Prinsloo slaag uitstekend daarin om die spanningslyn perfek te hou tot die verrassende einde - en wat 'n einde!
– Linda Marais
Book Club Resources
Order Now
About the Author
Maria Prinsloo

Maria ES Prinsloo is iemand met passie vir woorde en skryf. Sy is gebore en getoë in Pretoria, is geskei en het gaan nesskop in die Laeveld. Sy het twee kinders en vyf kleinkinders. Haar kinderboek, Storieland, is as oudioboek gepubliseer en is gevul met vier lekkerluister kinderverhale. Sy het eers verskeie boeke as skimskrywer geskryf vir bekende internasionale skrywers.

Dis ná hierdie manuskripte dat sy besluit het om weer op haar eie skryfwerk te fokus en so het Bloed en Modder ontstaan. Sy is tans besig om nog twee manuskripte te finaliseer. Alhoewel sy baie lief is vir positiewe selfhelpboeke, is geweld- en moordstories haar eerste keuse.

Maria ES Prinsloo, the writer of this book, is passionate about words and writing. She was born and raised in Pretoria, divorced and settled in the Lowveld. She has a N3 in Business studies, a diploma in Paralegal Studies, and a diploma in English Literature and creative writing and successfully finished numerous writing courses. As ghostwriter she wrote on topics about mental health, meditation, stress management and the power of a positive mindset for international authors. On completing these works, she started to focus on publishing her own work. Maria spends her free time assisting women in abusive relationships, being a survivor herself, she finds joy in making life a little easier for others.