Konfytjie

KONFYTJIE vorm deel van 'n reeks kinderboeke - Verjaardagseuntjie, Dogtertjie en Konfytjie - wat nie net 'n vehaal is vir kleuters nie, maar ook aan die kleuter nuwe woorde leer. Die lesertjie kan ook die verskeie illustrasies self inkleur.

KONFYTJIE is kinderhumor teen 'n kinderhuis agtergrond.

Die verhaal:

Om agtuur soggens loop vrolike kleuters van die kinderhuis wat deur hul versorgers mooi aangetrek is, met hulle heerlike kospakkies in hulle rugsakkies in rye na die kleuterskool wat op die kinderhuis se perseel is. Hier ontvang die kleuters van agtuur tot twaalfuur soggens opvoedkundige onderrig

Die seuntjie waaroor konfytjies storie geskryf is, het soms in die dogtershuis se lang gang op ’n dogtertjie se pienk fietsie gery en ’n lekker grondboontjiebotter-en-konfytbroodjie geniet. Die versorger was aangespreek oor die seuntjie wat soms so in die dogtershuis kuier. Dit is nie toelaatbaar nie.

Die seuntjie het tog onthou wat sy ogies gesien het, en het toe kom aanklop by die dogtershuis se deur.

Besoek ons aanlyn winkel vir die additionele boekies in die reeks, by: https://nskrywershuis.co.za/jou-boekwinkel-jou-uitgewer/

FACEBOOK: https://www.facebook.com/groups/441747287047528

Order Now!
About the Book
Details
Author:
Genres: Geillustreerde boek, Kleuterboek, Leersaam
Tags: Illustrations, Kinderboek, Leersaam
Publisher: Ns. Skrywershuis
Publication Year: 2023
Format: Sagteband
ISBN: 9781990941030
List Price: R120.00
Order Now
About the Author
Charmaine Ingram

Die skrywer van die reeks boeke, Charmaine Ingram, was ook verantwoordelik vir die samestelling daarvan.
Charmaine was ’n baba, haar sus ses jaar oud en haar twee boeties onderskeidelik twee en vier jaar oud toe hulle in ’n kinderhuis geplaas is.
Charmaine is die ma van twee seuns en ’n dogter en het drie kleinkinders.
Na haar man se dood het sy as ’n versorger, in die kinderhuis waar sy grootgeword het gaan werk. Dit was hier waar sy die kinderhumor saam met die kinders beleef het.
Deur die boekies wil sy graag uitreik na kinderhuiskinders, en vir hulle ’n beter toekoms aanbied.