As die skryfgogga eers gebyt het, raak ‘n mens moeilik daarvan verlos.
Soveel skryfwerk lê geduldig en wag om gelees te word. Soveel gedagtes en idees broei om stories te word. Sommige idees het al in storievorm in tydskrifte verskyn, ander in altesaam 24 gesamentlike bundels. Eie bundels wat net eenvoudig gepubliseer moes word, is Oelie, die uiltjie (omnibus), Mosambiek belewenis en ander essays en Kepies op my kierie, ‘n kortverhaalbundel. Ek werk tans ywerig aan die vierde bundel. Mag die stories voor die gryshare kom!
Bets Koen is ook ‘n stigterslid van PEndit.za en het haarself bekwaam as ‘n professionele teksversorger.
Sy het al verkseie benoemings ontvang vir haar skrywe.
Rona die vuilvoete heks
Maar pasop dat die vuilvoete heks jou nie in haar huis kry nie. Daar waar dit na vuil voete stink. Die twee trolle Kaboen en Kalol het so amper nie weer ontsnap nie, was dit nie vir vuil voete nie!
More info →Die toorboom
En sy ma is nie meer daar om hom te troos nie. Buitendien is hy net so bang vir die toorboom soos sy maats. Maar wat hulle nie weet nie en wat Armand sommer gou sal uitvind, is dat bome nie altyd sommer net bome is nie ...
More info →Girlie
Drienie mis haar mamma. Sy moet ’n item by die skoolkonsert lewer, maar sy is tog so skaam en word by die skool gespot.
Maar Drienie het ’n lappop, ’n troospop. Saam leer hulle die spottende skoolmaats 'n goeie les.
More info →Mosambiek avontuur
Die essays in die tweede helfte van die bundel het met elke dag se asemteug lewe gekry. Meeste daarvan is vanuit eie belewenis geskryf.
Met hierdie bundel deel ek ’n stukkie van my menswees, met die hoop dat iets wat ek geskryf het, iewers vir iemand betekenis sal hê.
More info →Mossievlug
Wanneer ken ʼn mens iemand werklik en hoe ver sal jy gaan om jou liefde te beskerm?
Soms het selfs ʼn mossie geen ander uitweg nie as om te vlug.
'n Onverwagse en verrassende ontknoping is beslis gewaarborg.
More info →Verlore verlede
'n Jong meisie en 'n soldaat word in 'n oorlogsituasie saamgegooi.
Die onsinnigheid van standverskille wat families uitmekaar ruk.
En iewers tussen-in, 'n klein dogtertjie met bolwangetjies:
“Mamma, waar is my pappa dan?”
Tulpe vir Talina
In sy geestesoog gee sy hand die teken. Sy verkenningspan neem vinnig en geruisloos, net betyds, dekking. Die naderende voetstappe en luidrugtige stemme in die bosstilte, breek ook nou deur sy gedagtes. Dit was ongeveer dertig man. Hulle wapens was sigbaar deur die bosse. Die luidrugtige gelag en gesels het verklap dat hulle beslis nie ’n aanval, nog minder ’n verkenningspan, verwag nie.
More info →Woordslag
van ’n vreemde wese in die woestyn tot ’n man met ’n valskerm wat gesien word, maar nie gehoor nie; van ’n towerlegkaart wat ’n nuwe toekoms wys, tot by ’n romanse wat in Shakespeare se teater tot wasdom kom. Hierdie bundel belowe 'n warrelwindtoer een keer om die aarde en twee keer deur ’n stel alternatiewe realiteite wat jou woordeliks sal ráák slaat.
More info →Die nag toe die maan geval het
Katryntjie kyk en kyk
Sy weet mos hoe die maan moet lyk.
Maar nou is die maan propvol
Sal hy uit die hemel rol?
Die venster oop, sterre skyn
Elkeen, tot die fynste fyn,
die skoonheid wat die hemel bied.
En Katryn? Sy sing haar lied!
Martjie se Ingelsman
'n Stryd ontstaan tussen Boer en Ingelsman. Wie sal dan die fraaie Martjie se hand en liefde wen?
Soms moet 'n mens 'n drastiese stap neem om te kry wat jou hart na smag.
Die verhaal van Martjie en haar Ingelsman is 'n verhaal vol intrige.
Wraak se angel
Die vlugtog het egter ’n bloedspoor agtergelaat. ’n Man wat sy seun se dood wil wreek, is op Chris Rossouw se spoor. Maar Chris is skoonveld.
Hierdie novelle handel oor wraak aangevuur deur haat – geregverdig of nie.
Maar wraak kan soms ’n angel hê ...
More info →Susanini
Uiteindelike verlossing bevry haar van die seer in haar lyf en siel.
’n Dogtertjie se intieme omgewing word uitmekaargeskeur deur die dood. ’n Monster neem sy intrek in die stil, donker nag. ’n Verhaal vol pyn, maar ook hoop.
’n Dogtertjie se intieme omgewing word uitmekaargeskeur deur die dood. ’n Monster neem sy intrek in die nag.
Daar is die seer in haar lyf en siel.
’n verhaal vol pyn; ook hoop, maar die verlossing kom op ʼn vreemde manier.
More info →Vrykoop diamant
Die uiteinde is ʼn blygeestige dag toe die verlede finaal begrawe word met hoop op ʼn nuwe lewe.
More info →