Wraak se angel

Na ’n vlugtog oor land en see in Tulpe vir Talina (boek 1), is daar vrede op die plaas waar die tulpe blom.

Die vlugtog het egter ’n bloedspoor agtergelaat. ’n Man wat sy seun se dood wil wreek, is op Chris Rossouw se spoor. Maar Chris is skoonveld.

Hierdie novelle handel oor wraak aangevuur deur haat – geregverdig of nie.

Maar wraak kan soms ’n angel hê ...

Order Now!
About the Book

RESENSIE: Carlos Antonio is ‘n man met mag in Angola. Jy kan sê met mag oor lewe en dood. Maar hy kan nie sy seun terugbring uit die dood nie. Al wat oorbly is wraak.

En so word die toneel opgestel vir hierdie naelbyter van ’n boek, die opvolg op Bets Koen se vorige treffer, Tulpe vir Talina.

Antonio en sy handlangers jag vir Talina oor die lengte en breedte van die aarde om vir Jaco Rossouw in die hande te kry. Jaco is die seun van Chris Rossouw, die man wat sy seun vermoor het. ’n Seun vir ’n seun? Antonio is verblind deur sy haat – so verblind dat hy nie die angel van sy wraak sien kom nie …

Wat ’n lekker storie! Vinnige pas, kinkels en verrassings, alles wat jy van ’n aksieverhaal wil hê.

En moenie van Talina se hart vergeet nie.

Ek beveel Bets Koen se nuwe boek van harte aan.

GERHARD VENTER – Skrywer, Kanada

Details
Author:
Genres: Reeks, Roman, Spanningsverhaal
Tags: Hoog aanbeveel, Stergrdering: Prima Silwer
Publisher: Ns. Skrywershuis
Publication Year: 2020
List Price: R150.00
eBook Price: R45.00
Endorsements
"Carlos Antonio is ‘n man met mag in Angola. Jy kan sê met mag oor lewe en dood. Maar hy kan nie sy seun terugbring uit die dood nie. Al wat oorbly is wraak. En so word die toneel opgestel vir hierdie naelbyter van ’n boek, die opvolg op Bets Koen se vorige treffer, Tulpe vir Talina. Antonio en sy handlangers jag vir Talina oor die lengte en breedte van die aarde om vir Jaco Rossouw in die hande te kry. Jaco is die seun van Chris Rossouw, die man wat sy seun vermoor het. ’n Seun vir ’n seun? Antonio is verblind deur sy haat – so verblind dat hy nie die angel van sy wraak sien kom nie … Wat ’n lekker storie! Vinnige pas, kinkels en verrassings, alles wat jy van ’n aksieverhaal wil hê. En moenie van Talina se hart vergeet nie. Ek beveel Bets Koen se nuwe boek van harte aan.”
– Gerhard Venter
'n Opwindende opvolg op TULPE VIR TALINA - vol interessante en boeiende oomblikke en situasies wat jou aandag vasvang. Bets Koen slaag uitstekend daarin om die verhaal se balans te handhaaf tussen spanning tot by die klimaks.
– Monique de waal, NMMU
Weereens ʼn boek wat nie kortskiet aan aksie en intrige nie. Juis op die eerste bladsy speel die skrywer oop kaarte met die leser: “Ons het wel vir Talina opgespoor,” kom dit kordaat van die kort, mollige Pedro. “Sy is nog in Nederland.” “Nou vir wat staan julle nog hier? As ons haar het, sal ons daai laaitie van Rossouw kry en dan sommer vir hom ook. Loop, bespreek plek op die eerste vliegtuig en gaan kry haar!” Hierdeur vang sy die leser se aandag en mens raak dadelik bewus dat daar groot aksie op pad is. Bets maak gebruik van goeie dialoog om die verskeie karaktereienskappe en emosies na vore te bring. Wat ook bydra tot die egtheid van die verhaal, is die interessante name van die verskeie karakters wat inpas in die milieu van die verhaal. Haar beskrywing van gesiguitdrukkings en handelinge, help vorm aan die perfekte prent in die leser se geestesoog. Die verhaal verloop so vlot dat ʼn mens wil aanhou lees, geboei deur al die gebeure – tot jy jou aan die einde bevind met dié gedagte: jy hoop op ʼn volgende opvolg!
– Nico Schamrel
Book Club Resources
Order Now
About the Author
Bets Koen

As die skryfgogga eers gebyt het, raak 'n mens moeilik daarvan verlos.
Soveel skryfwerk lê geduldig en wag om gelees te word. Soveel gedagtes en idees broei om stories te word. Sommige idees het al in storievorm in tydskrifte verskyn, ander in altesaam 24 gesamentlike bundels. Eie bundels wat net eenvoudig gepubliseer moes word, is Oelie, die uiltjie (omnibus), Mosambiek belewenis en ander essays en Kepies op my kierie, 'n kortverhaalbundel. Ek werk tans ywerig aan die vierde bundel. Mag die stories voor die gryshare kom!

Bets Koen is ook 'n stigterslid van PEndit.za en het haarself bekwaam as 'n professionele teksversorger.

Sy het al verkseie benoemings ontvang vir haar skrywe.