Babilon II

Babilon II

R220.00

Só ook vir elke volk wat kreun onder die juk van verdrukking of slawerny.

Elke mens in hierdie gebroke wêreld is ’n kind van God, die Vader, die Skepper van alles wat was, is en sal wees. Al draai die meerderheid hul rug op Hom, verander dit niks aan die waarheid nie. Wie hom tot God bekeer, bevind hulle in sy genadesfeer.

Daar is “moderne” natuurwetenskaplikes wat te koop loop met “die-God-is-dood-teorie”. Dis ʼn raak beskrywing, want dit is slegs “teorie”.

Deur die eeue het God Hom nog nooit van die geskiedenis van nasies en volke onttrek nie. Hy is geen stille Toeskouer wat afsydig vanuit die hemel neerkyk nie. Nee, Hy beweeg tussen konings, ryke en oorloë. Sy hand stuur die verloop van die geskiedenis.

In ʼn stadium van die Ryk van die Meders en die Perse het die dood waarskynlik nog nooit só hard aan die voordeur van ʼn volk soos dié van die Jode geklop nie.

In sy dronkenskap gelas die koning die totale uitwissing van die Jode. Man, vrou en kind.

Dog, al sou die besope die ondergang van die aarde beplan, is daar steeds hoop, want die Skepper is altyd nugter. God gebruik een van die sterkste mense wat Hy ooit geskape het om duiwelswerk ongedaan te maak. ’n Vrou, naamlik Ester, staan op soos ’n vlam van vuur en red haar volk.

Die verhaal van die opkoms en ondergang van die magtige Persiese Ryk, bevestig andermaal die Almag van God. God heers steeds oor die lot van konings, nasies en die mensekinders.

Hierdie boek bied jou ’n intense en wye blik van hierdie wonderbaarlike gebeure.

More info →
Verlore verlede

Verlore verlede

R130.00eBook: R80.00

'n Jong meisie en 'n soldaat word in 'n oorlogsituasie saamgegooi.
Die onsinnigheid van standverskille wat families uitmekaar ruk.
En iewers tussen-in, 'n klein dogtertjie met bolwangetjies:
“Mamma, waar is my pappa dan?”

More info →
Tulpe vir Talina

Tulpe vir Talina

R130.00eBook: R80.00

In sy geestesoog gee sy hand die teken. Sy verkenningspan neem vinnig en geruisloos, net betyds, dekking. Die naderende voetstappe en luidrugtige stemme in die bosstilte, breek ook nou deur sy gedagtes. Dit was ongeveer dertig man. Hulle wapens was sigbaar deur die bosse. Die luidrugtige gelag en gesels het verklap dat hulle beslis nie ’n aanval, nog minder ’n verkenningspan, verwag nie.

More info →
Die Griesels van Poespasvlei (Deel 2)

Die Griesels van Poespasvlei (Deel 2)

R140.00eBook: R65.00

'n Cherry met berry red lippe laat 'n hart baby tjoklits klop. Die nuwe intrekker moet kies tussen tradisie en op sy knieë gaan. Die Griesels van Poespasvlei laat hulle nie onder kry nie – danksy tonne aksie; hartseer, seëninge en dankbaarheid.Frik oorleef alles – van ’n skokstok tot ’n prostraat ondersoek!En Tillie bid in haar eie tuin van Getsémané ...

More info →
Die Griesels van Poespasvlei (Deel 1)

Die Griesels van Poespasvlei (Deel 1)

R140.00eBook: R65.00

Die tweeling sukkel met die eenmaaltafel, Fanny is vreemd omdat sy van die begraafplaas kom en Kees kom van onder die pienk lakens, die dat hy skeeftrek. Neef Fanie Flopgekom dra ook by as car guard. Al wat hy nog kort is ’n cherry, maar hy het darem ’n video. Doorsie het ’n geheime tatoe waarmee sy almal op hul tone hou en haar lewensmaat, Letitia, ken van WWE stoei. Ma-Popsie tel die sterre en stop onderbroeke, al het sy ’n slap nek. Daar is net een hond soos Blackie, die enigste swarte in Poespasvlei.
Tillie wil uit die stof opstaan. Sy kort net ’n naaimasjien en ’n showstopper. Haar baai-en-sel verkoop die beste smoke chickens.
Daar is ook die erns; die baksteen wat binne jou lê, gebreekte mense met hulle eie pyn.
Hoe kom jy weer bo-uit as jy net stof om jou sien?

More info →
Wraak se angel

Wraak se angel

R150.00eBook: R45.00

Die vlugtog het egter ’n bloedspoor agtergelaat. ’n Man wat sy seun se dood wil wreek, is op Chris Rossouw se spoor. Maar Chris is skoonveld.

Hierdie novelle handel oor wraak aangevuur deur haat – geregverdig of nie.

Maar wraak kan soms ’n angel hê ...

More info →