Babilon II

Babilon II

R220.00

Só ook vir elke volk wat kreun onder die juk van verdrukking of slawerny.

Elke mens in hierdie gebroke wêreld is ’n kind van God, die Vader, die Skepper van alles wat was, is en sal wees. Al draai die meerderheid hul rug op Hom, verander dit niks aan die waarheid nie. Wie hom tot God bekeer, bevind hulle in sy genadesfeer.

Daar is “moderne” natuurwetenskaplikes wat te koop loop met “die-God-is-dood-teorie”. Dis ʼn raak beskrywing, want dit is slegs “teorie”.

Deur die eeue het God Hom nog nooit van die geskiedenis van nasies en volke onttrek nie. Hy is geen stille Toeskouer wat afsydig vanuit die hemel neerkyk nie. Nee, Hy beweeg tussen konings, ryke en oorloë. Sy hand stuur die verloop van die geskiedenis.

In ʼn stadium van die Ryk van die Meders en die Perse het die dood waarskynlik nog nooit só hard aan die voordeur van ʼn volk soos dié van die Jode geklop nie.

In sy dronkenskap gelas die koning die totale uitwissing van die Jode. Man, vrou en kind.

Dog, al sou die besope die ondergang van die aarde beplan, is daar steeds hoop, want die Skepper is altyd nugter. God gebruik een van die sterkste mense wat Hy ooit geskape het om duiwelswerk ongedaan te maak. ’n Vrou, naamlik Ester, staan op soos ’n vlam van vuur en red haar volk.

Die verhaal van die opkoms en ondergang van die magtige Persiese Ryk, bevestig andermaal die Almag van God. God heers steeds oor die lot van konings, nasies en die mensekinders.

Hierdie boek bied jou ’n intense en wye blik van hierdie wonderbaarlike gebeure.

More info →